Kan iemand vir my laat weet waar die artikels geplaas word wat hier op
hierdie NG bespreek word. Ek sien al die kommentare, maar vind nie die
oorspronkikle bespreking nie. Koos was in die Oos Kaap, blykbaar, en
Gloudina het baie behendig die Hongersnood artikel gekaap om van haar seun
se besoek aan die Waterfront en die res van die land te vertel.Was ek nou
haar eksaminator het sy beslis die toetsie gedop weens die afdwaling van
die onderwerp, maar nou ja.
Die twee Engelse artikels wat hier geplaas is, is ontstellend. Dit laat 'n
mens diepdink oor die grense van vryheid van spraak. Ook wonder ek waar 'n
mens jouself op die ou einde moet plaas in die al hoe groterwordende Global
Village. Watter denkrigtings sal eventueel gedwing word om te verdwyn. En
is dit regverdig om te verwag dat alle mense gedwing moet word om een
ideologie aan te hang om aanvaarbaar te wees.
Die wereld is beslis 'n stadige ontwikkelende tropiese orgie. Van die
Grieke tot nou, het daar darem heelwat nuwe denkrigtings ontstaan.
Kom ons gesels oor die norme wat ons dink geldend vir die wereld moet wees,
en kyk of die kortsluitings in die brein oor die kakafonie van denkrigtings
verhoed kan word. Al wat my nog soort van op die regte pad hou, is 'n
glasie goeie Kaapse wyn, 'n spul kerse rondom die bad en Enya in die ore.
Met die televisie baie beslis afgeskakel tydens hierdie sessie.'Seblief.
Laat ons mekaar nou 'n slag positief inspireer. Gloudina, probeer tog nou
om nie weer van die onderwerp af te dwaal om oor jou familie en verlede te
jubel nie.
Die spreekworrd sê mos: " A man without a future, always turns back to his
past."
Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën
druppels wat die see dof vee
deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde
Gavin sê dis sy drome
wat waar word
ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel
maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word
as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders
Te oordeel aan die onlangse arrestasies van ex-MK soldate n.a.v. hul
betrokkenheid by misdade kan mens dalk wil beweer dat MK die sg. derde mag in SA
is??
Ek vind dit hoogs interessant dat sekere gesprekke en boodskappe op
hierdie nuusgroepe, veral as die inhoud daarvan krities teenoor die
Afrikaner of die nuusgroep self staan, binne 'n dag of twee verdwyn,
terwyl ander vir 'n week of langer daar bly.
Erens ruik iets nie lekker nie, of is dit maar net weer ou Afrikaner
onverdraagsaamheid wat weer kop uitsteek?
ek stem saam......dit is sekerlik deel van die nuwe deursigtigheid.
selfde soos Sarafina,Trevor Tutu, BMW's van Mpumalanga ens,ens.........
ek dink ons is die eerste land wat 'n tronk voël vir 'n presedent het.....
sag gestel......daar het 'n klomp mense gevrek by nelson se bom.....maar hy
word GOD gemaak..
ek stem saam......dit is sekerlik deel van die nuwe deursigtigheid.
selfde soos Sarafina,Trevor Tutu, BMW's van Mpumalanga ens,ens.........
ek dink ons is die eerste land wat 'n tronk voël vir 'n presedent het.....
sag gestel......daar het 'n klomp mense gevrek by nelson se bom.....maar hy
word GOD gemaak..