Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Dankie Mnr Barnard

Vr., 06 Februarie 1998 00:00

Dankie vir jou e-mail - ek neem graag deel aan die gesprek. Ek hoop net
daar is meer positiewe mense wat deelneem! Soos die dame met die gedigte -
sy klink so eensaam, maar sy sal meer ondersteuning kry as sy meer positief
deelneem. "Ferdi" ook - ek wonder of dit sy regte naam is?

Positiewe bydraes is lekker om te lees.

Daar's ongelukkig nou 'n bietjie negatiewe binnegevegte!
Is net vloek en spoeg waar jy kyk. Sies! Julle mense maak die Afrikaner
se naam tottie! Vloek is maar nie mooi nie. Nie eers Oom FW, wat nou ook
sy gulp laat oophang het, vloek so nie!

Is daar van julle wat in die Kaap bly? Ek hoor dis nie meer die wit
paradys van weleer nie. Ek had daar sulke liberale vriende, en toe ek nou
so drie jaar terug daar was, hoor ek hulle is besig om ander deuntjies te
sing. Mense uit Xhosaland is sklielik nie meer so welkom om Kaap toe te
trek nie! En al die uitlanders wat daar eiendom koop? Is hulle welkom?
--
Nico
(Moenie die lewe so ernstig opneem nie!)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dankie Mnr Barnard

Vr., 06 Februarie 1998 00:00

Luister jou doos, moenie kom kak praat nie.

As jy niks het om te se, dan bly jy net stil.

VOK JOU

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Die verlede tyd van die lydende vorm in die Afrikaans

Vr., 06 Februarie 1998 00:00

Ek het 'n vraag betreffende die lydende vorm in die Afrikaans;
naamlik, hoe word die verlede tyd van 'n sin in die lydende vorm
gemaak?

Byvoorbeeld die sin: "Die verhaal word vertel"

Het die werkwoord "word" in die Afrikaans 'n vorm vir die verlede tyd
soos in die Nederlands, of moet 'n mens die werkwoord "he^" gebruik
(Die verhaal het vertel geword)? Of is daar miskien nog 'n ander
manier?

Gerard van Wilgen

------------------------------------------------------------ ---
Ergane, 'n veeltalige woordeboekprogram vir Windows (vanaf
versie 3.1).

Die meest uitgebreide en geavanseerde taalprogram wat gratis
verkrygbaar is (woordelyste vir meer as 50 tale beskikbaar).

http://travlang.com/Ergane/
------------------------------------------------------------ ---

Afrikaans, ons taal | 31 kommentare

Re: Virus Warning

Do., 05 Februarie 1998 00:00

Peter Knop wrote in article
...
> Warning! There is a virus on the loose in South
> Africa by the name of Jani Allan on mweb - check it
> out www.mweb.co.za or go direct to Jani's page at
> www.mweb.co.za/forum/jani/

Kan nie agterkom of Peter ernstig is met die "waarskuwing" en of hy dit
gebruik om vir Jani lesers te werf nie.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Afrikanerjeug

Di., 03 Februarie 1998 00:00

Die Plig van die Boere-Afrikanerjeug

Ai, die jeug van vanddag.......
Moet 'n mens nou huil of moet jy lag?
Die aanloklikhede van die wêreld is soos 'n slang,
Wat elke jongmens met sy gif wil vasvang;
Daarom is alles in die hede,
Tog so besoedel met korrupthede!
Dit maak 'n mens so verdrietig,
As jy sien hoe hul, hul siele vernietig.
Alles in die wêreld is sleg,
En dit is my en jou taak om daarteen te veg!
Want ek is 'n Boere Afrikaner in murg en been;
My taal, godsdiens, kultuur en geskiedenis kan
niemand van my wegneem.
Afrikanerbloed vloei in my are;
My kultuur versorg ek soos my hare;
Afrikaans wil ek inasem,
Sonder 'n ander taal wat dit toewasem.
�Dat die erwe van ons vaders,
vir ons kinders erwe bly�
Dit kón ons doen, met God aan ons sy!
Dit is my leuse,
Vertroetel in my diepste wese;
Dit is ons roeping en ons taak,
Ons moet net God die fondament maak!
Deur Christus wat my die krag gee,
Is ek tot alles in staat!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gesoek: selibate, dapper mans

Ma., 02 Februarie 1998 00:00

Haai almal

Die redakteur het gevra ek moet 'n artikel doen oor mans wat uit eie,
vrye wil selibaat is (vir De Kat).

Die probleem is dat die soort ouens klaarblyklik nie vreeslik volop is
nie - en die wat wel die leefstyl uitleef, nie noodwendig daaroor praat
nie (amper soos 'n broer in die tronk?).

Behalwe as hulle dapper is.

Skryf tog (aan: d...@iafrica.com) en vertel jou selibate storie. Ek belowe
jy kan anoniem ook bly as jy wil. Sou jy selibaat wees, maar nie omdat jy
wil wees nie, kan jy ook skryf.

Groete

Deon Meyer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bankrowe

Ma., 02 Februarie 1998 00:00

Die vlaag onlangse bankrowe word gevoer met ammunisie wat SLEGS tot
beskikking van die weermag in ons land is, nl "armour piercing bullets" -
bevestig deur baie hoe offisiere; Die styl is Umkontu Isizwe, die skuldiges
word deur minister Mofamadi in die tronk besoek; 'n ontsnapte rower word by
Pieter Mokaba se huis onthaal. In Kaapstad verklaar die ANC onlangs dat
daar ernstige finansiele probleme in die party bestaan............

Skielik is die koeelvaste baadjies van die polisie net so koeel-afwerend
soos 'n sy-onderbroek. -totaal onbestand teen hulle eie regering se weermag
ammunisie. 'n Bevestigde feit.

Klap die nasie wakker indien hierdie 'n nagmerriedroom blyk te wees. Die
volgende verkiesing vind op 5 Mei 1999 plaas.

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

"Bisho" deur FERDI GREYLING

So., 01 Februarie 1998 00:00

BISHO

In die argument van 'n skare mense
wat by Bisho bult uit marsjeer
agter vet Pancho aan.
Sy vlag slaan
bloedrooi
teen die stofblou lug
met die massa wat agter hom
soos water tussen die huise
en oor die pad vloei. In die argument
van harde mense in ysterkarre op die bult.
Hul uniforms glimlag om koue gesigte.

Konklusies breek die lug met knalle
boosheid slaan soos reën in die stof
want metaal ruk lywe oop
en bloed en grond sit skielik vuil aan 'n wit hemp vas
by die stadion in Bisho.

In die arms van die rede dan
val die gebreekte mense
van die stadion by Bisho.
En elders.
Hulle sal dwaal in die kamers van die geskiedenis.
Hulle sal die onwaardigheid beërwe
om die sluwe argumente van leiers te illustreer.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaner Weerstands Beweging AWB

So., 01 Februarie 1998 00:00

U is welkom om die webblad van die Afrikaner Weersands Beweging AWB Suid
Afrika te besoek by:

http://home.global.co.za/~pottie

Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Afrikaner Weerstands Beweging AWB Webblad

So., 01 Februarie 1998 00:00

U kan gerus die Webblad van die Afrikaner Weerstands beweging AWB besoek
by:

http://home.global.co.za/~pottie

Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1450  1451  1452  1453  1454  1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465    »]
Tyd nou: So. Mei 17 02:50:00 UTC 2026