Ons het dit altyd die broederbondkampus genoem, in die dae toe die
broeders nog sterk gestaan het, tydens hulle heyday in die vroee tagtigs.
Die Randse Afrikaanse Universiteit is nou 'n paradoksale titel, 'n
instelling wat grootoog die werklikhede om hom vanagter die agt voet
elektriese heining en gewapende wagte met hul groen berets dophou.
Gelukkig werk my ou studentekaart nog toe ek dit vir die wag by die hek
wys.
Die kampus het gerek vandat ek laas daar was, saam is ons besig om
middeljarig ronder te raak. Dit tref my dat die nuwe geboue nie een die
kenmerkende strak, grys beton-argitektuur van die broeder-era dra nie.
In die geboue is dit duidelik: dis nie meer die Randse, _Afrikaanse_
Universiteit hierdie nie.
Dis bont hier.
Al wat nog oorgebly het van die homogene, mono-talige studentemenigte van
destyds is blou jeans en t-hemde. Ek dink terug aan die rumoerige
massavergaderings oor die voorgestelde 15% kwota bruin studente. Bruin,
want swart was verbode, soos die Mandela posters wat Carl Niehaus probeer
opsit het. Deesdae is RAU die voorkeurkampus van die refugees van
apartheid se bosuniversiteite.
Dis anders hier.
Daar's 'n Vodacom winkel hier.
Die kaf is weg, vervang deur 'n labirint van sitkamers vir die massas
dagstudente.
Ek loop vas in 'n nuwe aanbouing wat lyk soos 'n mini shopping mall,
kompleet met Steers, Wimpy, en 'n Spar. Wat 'n verbetering, nou kan die
koshuisstudente hul koffievoorraad op die kampus koop.
Mooimeisiesfontein is nog hier, in die middel van die grys laer. Om hom
sit die paartjies nog steeds mekaar en vrylesse gee.
Vakke is nie meer net biblioteekkunde of biologie nie. Promosie-plakkate,
daar om die nuwejaar se aanwins eerstejaars te canvas, praat van
"Informatika en inligtingstudies -- leer van push tegnologie en web
bladsye" en "Ontwikkelingsfisiologie -- Aids, basiese
gemeenskapsgesondheid en kliniekbestuur."
Ek stap by 'n gesig wat ek herken verby -- 'n wysbegeertedosent, nog
steeds op sy pos. Sy hare is dunner, sy oe strakker, en sy pak klere hang
sakkerig aan hom.
Ek kry my duplikaatstel uitslae waarvoor ek gekom het by
studenteregistrasies, A-ring vlak drie. Dis als net in Afrikaans geskryf.
Party dinge, soos jeans, neem langer om te verander.
Want dit is mos, after all, die randse, afrikaanse, universiteit.
-------------------==== Posted via Deja News ====----------------------- http://www.dejanews.com/ Search, Read, Post to Usenet
Net 'n woord van advies ... jou gekose naam is nie normaal op die Net nie.
Ek probeer nie snaaks wees nie, ek stel voor jy verander dit. Dis die tipe
naam wat 'n opgeskote dogtertjie sou gebruik.
Nee Juffrou. Ek stem hy spel swak, maar "donder" sou meer gepas gewees het
... omdat die woord nooit anders as "donner" uitgespreek behoort te word
nie. Assimilasie, jy weet >:-)
André wrote in message ...
> Tipiese antwoord van 'n onderwyser!
>
> @igs.net wrote in message ...
>> "Spy" writes: > ek lees "mine Kampf"......van HITLER
>>>
>>> wat de doner het dit met jou uit te waai oor wat ek lees....
>>
>>
>> Spy ken ook nie Duits nie! Dis "Mein Kampf", Spy.
>> Enige Afrikaner sal weet hoe om "mein" te spel.
>> Hoekom lees jy Mein Kampf. Spy? Wil jy bietjie
>> by Hitler gaan leer? Ken jy die geskiedenis, Spy?
>> Weet jy hoe Hitler aan sy einde gekom het? Arme
>> ou Spy, jy is aan die verkeerde kant van die
>> geskiedenis. Soos alle neo-nazis is.
>>
>> Gloudina
>>
>> PS: 'n mens skryf dit as "donner" en nie "doner"
>> nie. Het jou Afrikaanse juffrou nie vir jou geleer
>> dat jy twee konsonante moet skryf as jy die vokaal
>> kort wil hou nie? As jy dit "doner" skryf, dan
>> sal mens dit "do-oner" uitspreek, Spy, jou ou donner.
>>
>
die polisie met haelgewere
die man wat die R1-koeël in sy heup gekry het
en die bergies wat aande
met hul dronk gatte bergop trek
as die aandster in die hemel hang
gebreekte mense Jesus
jy was gebreek
en toe jy aan die kruis gepraat het
was dit om te sê hoe die skerwe jou sny in die kop
en toe het jy heel geword die derde dag
en gesê dat almal wat gebreek is
in jou heel sal word
Jesus van die polisie
en die bergies
en hulle wat bitter en brandend is
is jy toe uiteindelik
bybel toe verban
waar jy in die woestyn van Judea
bladsye en bladsye afstap
en in slothoofstukke opvaar
na kaarte agter in die bybel toe?
"Vroedvrouw & Zwangerschap" (vvzs) is een rondzendlijst waar alle aspekten
m.b.t. zwangerschap en geboorte aan bod kunnen komen.
Vroedvrouwen en andere professionals, evenals eenieder met een interesse
voor verloskunde, is welkom. De discussies zijn in het Nederlands of in het
Afrikaans.
Trefwoorden: Verloskunde, fertiliteit, pre- en postnatale zorg,
maatschappelijke positie van vroedvrouwen, opleiding van vrvr.,
tewerkstellingskansen voor vrvr, abortus, geboorte, kraamhulp, verloskunde
Abonneren: mailto:list...@jarasoft.xs4all.nl [subscribe vvzs in het
bericht]
"Vroedvrouw & Zwangerschap" is a mailinglist in Dutch or Afrikaans
where all aspects regarding pregnancy and birth can be discussed.
*** The discussions are in Dutch or Afrikaans ***
Midwives and other professionals, next to others with an interest in
midwifery, are welcome to join if they can participate in Dutch or in
Afrikaans.
Keywords: Midwifery, fertility, ante- and post-natal care, position and
training of midwives, birth, abortion, opportunities for midwives,
midwives, birth attendants, obstetrics
To subscribe: mailto:list...@jarasoft.xs4all.nl [subscribe vvzs in the
body]
*** The discussions are in Dutch or Afrikaans ***
Information: mailto:phu...@innet.be (P. Hublou)
ooooo000ooooo
---------------------------------------------
mailto:phu...@innet.be (Patrick Hublou)
Flanders, 51¡4'N 3¡42'E GMT+1 January 1998
Sci.med.midwifery: midwives on Usenet
---------------------------------------------
En Wiesa met haar hare wit soos brak,
kyk na die vuurtjie binne alle dinge;
sy laat die rook van vlam en kole sak
tot voorbodes en ou herinneringe;
en sy vertel hom mymerend van 'n volk
in windoop ruimtes van 'n land gevorm
wat opstyg uit die see tot in die wolk
waar God praat in die weerlig en die storm;
sy noem hul opstand teen die vreemde ras;
roep ou gesigte voor haar uit die vlam,
van vegters, vryburgers soos Adam Tas,
dorpies soos Graaff-Reinet en Swellendam.
En sy vertel hom van die heuninggat
waarin Frederik Bezuidenhout
met sy geweer aanlê en weier dat
vier Hottentotte en 'n Kakieskout
en nog 'n hele boel daarby hom vang.
"En soos jy weet, my seun, die tou was vrot
waaraan die vier opstandiges moes hang;
party sê dis toeval, maar ons sê dis God."
Vertel hom van die vlam en donker mens
wat in die ooste om die huise saans
ou liedere van impi's sing, die grens
van kinders en 'n volk se lang stoet waens.
"Hy het ons van verdrukking afgesonder
.... kwyldrade van die osse blink oor gras....
dat ons in stiltes weer opnuut die wonder
van Hom sou ken, soos Hy hier eenmaal was."
En sy vertel hom van die leed en angs,
verraad en moorde soos op Piet Retief,
van nagte soos by Weenen en Bloukrans,
en liggame met assegaai deurklief.
"Hy was met ons die nag by Bloedrivier
toe lang sweepstokke met lanterns swaai,
Hy was ons eerste lig oor die visier
toe die kruitdamp oor Amajuba waai.
En volke het om hierdie land van ouds
gevaar en in gruisgate rond gesoek
soos erdvarke; maar die Stad van Goud
moes óns klein volkie later vind... tot vloek!
En hulle het ons huise afgebrand.
Hóé kon die rykes van 'n ryk ooit weet
dat ons sou veg vir ruimtes van ons land
al moes ons in die veld rysmiere eet?
En soos mens snags in dieptes van die Baai
se waters sien hoe skommel ster en lampe,
sê in 'n donker kol van hierdie volk, swaai
beelde nog van Konsentrasiekampe.
Ek stap een oggend uit die Kamp en sê:
'Kyk, sien ek vanoggend 'n duisend skaap
wat op die vlaktes so in hopies lê?
Maar nee!' sê ek. 'Dis mos waar dooies slaap.'
En nou waar miershoopkamers en rotstuine
staan, en skepsels koekepanne laai,
lê hulle stil: ou vegters in die bruin
komberse van die aarde toegedraai."
Piet, Piet.... Wag nou kêrel. Uhmm... ek hoop jy neem kennis van die feit
dat ek darem jou naam met 'n hoofletter spel. En ook dat ek 'n sin met 'n
hoofletter begin, al het Mnr. Wolmarans my in die Afrikaanse klas geleer
dat jy nooit 'n sin met "en" begin nie.
Die onderwerp wat jy aangeroer het, kon inderdaad 'n interrisante een
gewees het. Net jammer vir die laaste sin wat 'n ondertoon van sarkasme
ingehou het. Dus het ek maar in 'n tipiese "tit for tat" formaat gereageer.
Om een of ander rede is die Afrikaanse taal en kultuur 'n ideale teiken vir
bitterbekke. Ons is nou al so sensitief vir hierdie tipe van geslepe
uitlokking dat ons terug aanval nog voor die eerste skoot behoorlik geklap
het. Jeremy Mansfield op Hoeveld Stereo is waarskynlik die beste voorbeeld
waarop ek nou my vinger kan lê. Snaaks genoeg vloek hy so lekker in
Afrikaans. Hy is veral geheg aan die woord "kak". Ek wonder hoekom?
Kan ek jou herhinder aan die sensuur wette wat die Afrikaanse skrywers aan
bande gelê het? Onthou jy Kennis Van Die Aand? Die lesers het saam met die
skrywers handoek ingegooi. Hoera vir 'n nuwe regering met visie. Miskien
sal die Afrikaanse letterkunde uit die modder opstaan, voor ons meer Kringe
In 'n Bos hardloop.
OK dit is die teorie daaragter. Ek persoonlik het 'n probleem met fiksie.
Bladsy nommer een is nie 'n probleem nie. Bladsy twee vervaag gou-gou,
bladsy drie volg ek getrou en teen die einde van die eerste hoofstuk kan ek
min of meer vir jou vertel wat op bladsy een gestaan het...Miskien.
Terloops, ek het in my vorige skrywe vergeet om te sê dat ek darem ook
Geknelde Land in standerd nege gelees het...
Ek soek die oorspronklike Afrikaanse gedigte van
Ingrid Jonker, waarvan die onderstaande vertalings
is.
Gloudina
LOST CITY
Ingrid Jonker
In the rain that has passed by
faraway day and lost city
of acorns and doves full of daybreak
my hands were the one small squirrel
quick to be shy but prepared
faraway day and lost city
through all the people you have come
with a simple smile
as if from a long journey
and the rain that has passed by
has warmed itself against my body
the rain of smoke and ochre
that smells of your clean-washed hands
of warm doves and the open
orange poppy of the sky
(Translated by Jack Cope and Ruth Miller)
(I do not have the original Afrikaans with me.)
THE FACE OF LOVE
Ingrid Jonker
Your face is the face of all the others
before you and after you and your eyes calm as a blue
dawn breaking time on time
herdsman of the clouds
sentinel of the white iridescent beauty
the landscape of your confessed mouth that I have explored
keeps the secret of a smile
like small white villages beyond the mountains
and your heartbeats the measure of their ecstasy
There is no question of beginning
there is no question of possession
there is no question of death
face of my beloved
the face of love
(Translated by Jack Cope.)
From the Penguin Book of South African Verse (1968)