Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » stootkrag
stootkrag [boodskap #151855] Vr., 12 Junie 2026 17:26 na volgende boodskap
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25478
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
stootkrag
Afbreking: stoot•krag
Samestelling: stoot + krag


Selfstandige naamwoord: stootkrag
Meervoud: stootkragte

Betekenis:
• Die krag wat 'n voorwerp in die rigting van beweging verplaas (of probeer verplaas).

Gebruik:
• As die stootkrag groter is as die wrywing, sal die voorwerp begin beweeg.

Sinoniem:
• drukkrag
• dryfkrag
• stukrag
• voortstuwing

Antoniem:
• trekkrag

Afgelei:
• stootkragrigting

Vertaling:
Engels: pushing force, thrust
Nederlands: stuwkracht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Sa., 13 Junie 2026 11:14]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Re: stootkrag [boodskap #151874 is 'n antwoord op boodskap #151855] Sa., 13 Junie 2026 10:46 Na vorige boodskap
Gudimurin  is tans af-lyn  Gudimurin
Boodskappe: 1
Geregistreer: Junie 2026
Karma: 0
Junior Lid
Dag sê

Ek het op hierdie forum afgekom dank sê dat dit opgekom het toe ek 'n afrikaanse term opsoek en ek nie 'n nederlandse antwoord kry nie maar daadwerklik 'n afrikaanse antwoord. Dat Afrikaans redelik swak op die internet vasgavang word is 'n frustrasie en ou 'Google translate' het ook kort kort die kat aan die stert beet. Nie temin so het ek toe op jou inskrywings gekom aangaande kragte. Ek kom uit 'n tegniese agtergrond waat ek aanlegte ontwerp en werk grootliks in engels. Alhoewel ons nog baie Afrikaans in die kantoor praat om onder andere tegeniese probleme te bespreek in die ontwerp kantoor word die engelse tegniese terme kort kort op gesteun want die Afrikaans is nie meer so byderhand tot die alledaagse geheue nie en die internet is steeds nie van veel hulp nie. So in 'n poging om dit iewers te kan vasvang hier is my 2c tot die onderwerp van kragte:

Tussen alledaagse spraak en tegniese/wetenspaklike teminologie is die woord krag en -krag as agtervoegsel redelik wyd in sy gebruik.

As kort voorbeeld:
Gee my krag. (Meer verwysend na een se gemoed)
Die krag is af (Verwysend na tegnies eintlik elektriese dryfkrag)
Lewenskrag wat in Engels is as 'Vigour'. Die lus om te lewe en die lewe aan te pak.
Ons vertaal kort kort 'power' en 'force' as krag.

Maar wanneer dit kom by die werklike tegniese terme is ek soveel meer lief vir die Afrikaans as die Engels in hoe beskrywend hy is in die woord self, maar mens moet ook weet na watter verskynsel in die fisika die terme na verwys om akkurate onderskeid tussen hulle te tref want nie alle '-krag' is dieselfde nie. 

Die begin punt is krag self wat in die fisika die eenheid Newton (N) is. Dit is wat materie tot beweging bring.
As jy 'n krag op 'n voorwerp laat inwerk dat die voorwerp beweeg dan word arbeid op die voorwerp ingeoefen en die se eenheid is Joule (J) wat energie is. As jy die tyd meet waarin jy die arbeid uitoefen (J/s) dan kry jy dryfkrag wat gemeet word in Watt (W). Die engelse terme vir hierdie drie konsepte respektiewelik is 'force', 'work' en 'power'. So alhoewel krag en dryfkrag taal gesproke '-krag' in gemeen het punt dit na twee drastiese anderse verskynsels in die fisika. So wat ek net hier wil plaas is wat van die '-kragte' is wat in die tegniese sfeer te vinde is:

Wringkrag, die roterende krag in 'n draaiende as wat om 'n spilpunt wentel. Engels: Torque. Eenheid Newton-meter (Nm)
Stootkrag/drukkrag/samepersing - 'n Gewone krag (N) wat op 'n starre liggaam inwerk op so manier dat dit die materiaal in mekaar in pers.
Trekkrag/spanning - 'n Gewone krag (N) wat op 'n starre liggaam inwerk op so manier dat dit die materiaal uit mekaar uit trek.
Skeurrkrag - 'n Krag wat ontwikkel in 'n materiaal a.g.v. 'n trekkrag wat die materiaal wil laat skeur.
(Stoot en trek is belangrik want sekere materiaale kan stootkragte baie beter weerstaan as trekkragte (soos beton) en anders om (soos staal en tou) en skeurkragte is baie meer sensitief vir trekkrag as vir stootkrag)
Stukrag - Hierdie is 'n intresante een. Hierdie is baie spesifiek die krag (N) wat ontstaan deur 'n vloeistof/gas teen 'n sekere massa tempo teen 'n sekere spoed by 'n uitlaat te laat gaan. Dis die digtheid van die 'propellent' (tipiese voorbeeld waar my eie geheue vinniger na die engels toe gryp) wat 'n faktor hier speel. kg/s * m/s = kg m /s^2 = N (kilogram per sekond wat digtheid afhangklik is maal met meter per sekond gee kilgram meter per sekonde kwadraat wat Newton is). Dit is stukrag en is spesifiek van toepassing op turbines en vuurpyl enjins wat op die uitlaat van aangejaagde gas staat maak om beweging te induseer.

Dan is daar wat Afrikaans so mooi beskrywend maak. Middelpuntvliedendekrag en middelpuntsoekendekrag (centrifugal and centripital forces)
As 'n liggaam geroteer word of om 'n spilpunt gedraai word is hierdie kragte van toepassing. Soos as jy uit die kar uit wil val as jy vinnig om 'n draai gaan aan die kant anders as waarna die kar draai is middelpuntvliedent. 'n Sateliet wat deur swaartekrag getrek word om in wentel te bly hier is die swaartekrag die middelpuntsoekendekrag in die raamwerk van die sateliet se wentel.

Dan natuurlik swaartekrag. Die krag wat swaarheid gee aan massa ook in (N).

Baie Groete
Vorige onderwerp: bergruimte
Volgende onderwerp: bewerkbaar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jun. 13 12:44:05 UTC 2026