Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaner Jeug

So., 18 Januarie 1998 00:00

Die Bekendstelling

Die Voortrekkers het besluit om polities korrek te word. Dit het tot gevolg
gehad dat daar 'n reeks veranderinge binne die Voortrekkers plaasgevind het
wat die hele wese en karakter van die Voortekkers oor die afgelope 4 jaar
ingrypend verander het.

Die mees duidelike verandering is dat daar nou lede van ander
bevolkingsgroepe by die Voortrekkers ingelyf word. In die lig van die feit
dat die Voortrekkers aanvanklik gestig is as 'n organisasie vir die Blanke
Afrikaner, wonder ek nou hoe hierdie "buitestaander lede" die organisasie
gaan beinvloed.
Hulle het to immers nie dieselfde ervaring van die geskiedenis as die
Afrikaner nie. Verder is daar ook nog duidelike geloofsverskille wat hulle
verder van die Afrikaner onderskei. Kom ons kyk na 'n paar van hierdie
sake.

Die duidelikste verskil wat na vore kom is die van geloof. Meeste van die
"buitestaander lede" kom van 'n kultuuragtergrond wat, alhoewel hulle
Christene mag wees, gladnie die geloofsgeskrifte van die susterskerke
onderskryf nie. As 'n mens in ag neem dat die regimente van die
Voortrekkerbeweging duidelik uitstip dat hulle 'n Calvinistiese
uitgangspunt soos gesien van die oogpunt van die susterskerke onderskryf,
wonder 'n mens hoe ernstig die Voortrekkers deesdae hul eie reels opneem.

Hierdie feit, tesame met die skrapping van die besware klousille, kan tot
gevolg hê, dat die ware Christen-Voortrekker nou 'n funksie sal moet
eerbiedig waar 'n leeraar van 'n ander geloofsleer optree. Dit is uiteraard
onaanvaarbaar, maar die Voortrekker lid het homself die reg om te onttrek
onsê.

Gedurende die argument wat tot die opbreek van die Voortrekkers gelei het,
is enigeen wat hierdie feit na vore wou bring doodeenvoudig net doodgepraat
en hy is afgemaak as iemand wat doodeenvoudig net nie die nuwe vlag van die
land wou eerbiedig nie. Oor die vlag later meer.

Die inlywing van die "buitestaander lede" van die Voortrekkers het daar
natuurlik 'n nuwe delema na vore getree. Al die handleidings wat binne die
Voortrekkers  tot op hede gebruik is, is geskryf met die geskiedenis vanuit
die oogpunt van die Afrikaner. In hierdie handleidings is daar baie
stellings wat nie vir ander bevolkingsgroepe aanvaarbaar is nie, en wat in
die nuwe uitgawes so afgewater is, dat die geskiedenis soos nou deur die
Voortrekkers voorgehou is inderdaad niksseggend is, kyk maar na die
beskrywing van die landing van Jan van Riebeeck in die nuwe handleiding.
Alhoewel dit histories korrek is sover die fisiese gebeure betref, verdraai
die handleiding die gevoelens rondom die gebeure om by die huidige
politieke situasie in te pas. Die plaaslike bevolking van daardie jare het
die vestiging van die kolonie beslis nie as diefstal van hul grond beskou
nie. Daardie gevoel mag vandag dalk heers, maar dit is duidelik die gevolg
van 'n doelgerigte poging om die Afrikaner en alles wat hy tot dusver
bereik het tot niet te maak, en hom sodoende sy erfenis te ontsê. Die
probleem is egter dat die proses so deur die leierskap verbloem en
geregverdig word dat die deursnee Afrikaner dit nie eers besef nie. Ek wil
met hierdie stelling nie die gruweldade wat in die verlede plaasgevind het
regverdig nie, maar die leser slegs daarop wys dat daar baie in sy
geskiedenis is waaroor hy werklik trots kan voel.

Die huidige politieke toestand in die land neig om die Afrianer se aandag
op al die negatiewe punte van sy geskiedenis te wil fokus om hom sodoende
tot die punt te kry waar hyself alles wat hy vermag het sal ontken. 'n
Sprekende voorbeeld hiervan is byvoorbeeld die kommentaar van die
Mosambiekse President wat, toe die eerste Afrikaner Boere hulle n sy land
gaan vestig het na die laaste verkiesing. Ek haal aan: "Hierdie gebeurtenis
sal die Boerevolk leer om met ander saam te werk.". Dat my ou volk nou maar
eenmaal 'n volk van hardekoppe is, is ek eerste om te erken, maar as ons
terugkyk in die geskiedenis, sal 'n mens sien dat die Boerevolk inderdaad
'n goeie verhouding met die inheemse volkere gehad het, totdat die deur die
Engelse agente versuur is. Die gevoelens wat so deur Rhodes en sy agente
geskep is, was inderdaad een van die faktore wat tot die Sekoekoenie,
Mapoch en ander soortgelyke oorloë gely het. Dit het immers die basis gelê
vir die rassehaat wat vandag nog 'n probleem in ons land is.

Om na die vlag terug te keer. Waarom die polimiek oor die erkenning van die
nuwe landsvlag? Het dieselfde gevoel nie geheers in 1928 toe die vorige
vlag in gebruik geneem is nie? Trouens, daar is vandag nog 'n deel van die
bevolking wat ten sterkste beswaar maak oor die Union Jack wat in die vlag
vervat is en gevolglik nie die vlag wil eerbiedig nie. Hierdie is immers
veronderstel om 'n land te wees waar almal hulself kan uitleef. Waarom word
hierdie groep van ons bevolking dan hul reg ontsê?

Maar kom ons bepaal ons by die Voortrekkers. Ons wens hulle alle sukses toe
in hul taak voerentoe. Hulle het 'n baie moeilike pad gekies, een wat
sekerlik gaan lei tot die stigting van 'n Afrikaanse Boy Scout beweging.
Indien hulle aangaan op die pad wat hulle gekies het, sal alle verwysing na
die geskiedenis en kultuur uit hulle organisasie verdwyn. Ons hoop dat hulle
dit sal besef voordat dit t laat is.

Nou 'n bietjie oor die Afrikaner Volkskultuurbeweging. Dat daar
oorvleueling met die Voortrekkers gaan plaasvind is 'n uitgemaakte saak. 'n
Mens moet egter nie daarin vaskyk nie, aangesien die Voortrekkers tog ook
'n oorvleueling met die Bouy-Scouts het. Die verskil is in die uitgangspunt
van die bewegings. Die Voortrekkers het hulself tot 'n platoniese beweging
omskep met geen kulturele standpunt nie, terwyl die AVKB homself sien as 'n
beweging met 'n sterk kulturele standpunt. Dit kan tot gevolg hê dat hy
somtyds 'n ongewilde standpunt moet inneem, maar daar moet vooraf besef
word dat dit baie duidelik en onomwonde gestel is vanaf die begin.

Die negatiewe beeld wat deur somigge persone geskep is, gaan moelik wees om
af te breek, maar as ons op ons Skepper vertrou en volhard, salons
suksesvol wees.

Ek wens u alle voorspoed en welvaart toe.

Posduif.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

DIE WET EN ORDE

So., 18 Januarie 1998 00:00

Nee Wat, maar daardie plek is heelteman opgevok.

Sien wat gebeur as jy bobbejane die bus laat bestuur !!!

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans

So., 18 Januarie 1998 00:00

Beste Afrikaners,

Hoe zit het nu in Suid-Afrika?
Hoeveel procent spreekt daar nu Afrikaans, en hoeveel Engels?
Is het waar dat Afrikaans wordt beschouwd als de taal van het racisme?
Is het waar dat Afrikaans aan het uitsterven is?
Hier horen wij zo weinig daarover...

Bart Van Mol
Vlaanderen

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dis altyd groen aan die anderkant van die draad

Sa., 17 Januarie 1998 00:00

"André" writes:
> Word wakker. Moet nie aan die anderkant van die wêreld sit en ons wat hier
> bly probeer inlig oor jou fantasieë nie. Kom bly hier en sê my na 'n jaar of
> veilig voel as jy die oggend werk toe ry.
>
> Andre
>

Jy dink seker daar is net geweld in SA,
En jy dink die geweld begin nou eers in
SA. Jy het maar net eertyds in die ou
beskermde wit laertjie gesit. Nou sien jy
die wêreld soos hy is. Kom kuier maar hier
in Kanada en sien hoe hulle ook hier roof
en steel. En moor.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 39 kommentare

DIE WET EN ORDE

Sa., 17 Januarie 1998 00:00

Die wet en orde wan weleer is nou niks werd nie.....moet nie verbaas wees
nie .....

Op maandag 12 januarie 1998 het 'n sekerlike sersant hier opgedaag om 'n
werknemer te vra om in 'n diefstal saak van R98.00 te getuig........
die saak was in november 1996 aanhandig gemaak.....

kan iemand my se wat is nog efektief....behalwe die Dansers van mandela wat
orals toer en aapstreke uithaal in die beste hotele

Veiligheid & wapens | 1 kommentaar

Re: DIE WET EN ORDE

Sa., 17 Januarie 1998 00:00

"Spy" writes: > Die wet en orde wan weleer is nou niks werd nie.....moet nie verbaas wees
> nie .....
>
> Op maandag 12 januarie 1998 het 'n sekerlike sersant hier opgedaag om 'n
> werknemer te vra om in 'n diefstal saak van R98.00 te getuig........
> die saak was in november 1996 aanhandig gemaak.....

Ha,ha, SPY. Wat speel jy, onnosele white trash
Engelsman hier op die Afrikaanse nuusgroep? Hoe
weet ek jy is Engelssprekend? (Of anders kan jy
nog Engels, nog Afrikaans korrek praat.) Dis omdat
jy praat van 'n " sekerlike sersant." Ek het vir
teveel Engelse Afrikaans geleer om nie hierdie
lompe onkundige Afrikaans te herken nie.

Die korrekte Afrikaans is " 'n sekere sersant."
"Sekerlik" beteken "definitely, surely."

Dit moet ook wees: " Die saak is... aanhangig gemaak."

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: GLOUDINA get a LIFE

Sa., 17 Januarie 1998 00:00

"Spy" writes: > TAKE THIS

> Dear Brett,
> It saddens me to hear this story about what's happening to White
> South Africans. What's even worst is the fact that "my government"
> (the USA) , used it's economic muscle to force this devastation upon
> the White South Africans. Didn't my government do the same thing to
> Rodesia?
> Here in the USA we have the same problems, and the same limp-wristed
> white leaders leading us to the chopping block. Here are some facts
> about the USA:

> It is time to stand up and be counted.... It's time to fight for our
> right to exist in this world....

It is clear to me that neo-nazis both in
the USA and SA cannot spell. Is this the
common denominator?

This post appeared on the Afrikaans newsgroup,
unfortunately with my name attached to it. If
this is a cross-posting, I apologise to the
English newsgroup. Please disregard it. Please
do not create a thread, otherwise you will stare
at my name ad nauseam. I can assure you that the
content and tone of the Afrikaans newsgroup is
a lot more cultured and enlightened than this
reactionary and inflammatory crap.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Woltemade se perd - Die gedig van Leipolt

Sa., 17 Januarie 1998 00:00

Teunis vanRee wrote:
>
> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
> Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
> Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
> maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
> die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
>
> Groetnis
>
> http://www.nis.za/~vanreet/index.html
Die gedig oor Wolraadt van Leipolt

Hoera vir Wolraadt Wolraadt Te Made
Hoera vir Wolraadt, hys vasberade

Hy gaan na die beech om die surf uit te kyk
Sien daar n skippie lelik in die knyp

Hy wou toe gaan om die mense te red
maar sy perdjie was te vet

Hoera vir Wolraadt Wolraad te made
Hoera vir Wolraadt hys vasberade.

Leipolt se spelling was maar treurig omdat hy in die taalstryd groot
geword het toe die mense nog nie mooi Afrikaans kon praat nie. Hy het
egter in sy eenvoud baie gediggies geskryf terwyl hy zol gerook het. n
Ander mooi Afrikaanse gediggie wat my te binne skiet oor Racheltjie de
Beer wat haar broertjie gered het en mens aan die hart gryp was soos
volg:

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel sy sit my neer

Sy stop haar broertjie in n ertvark gat
Dit was so koud en dit was so nat

Haar broertjie se "ek is honger en dors"
Sy se "ag shut-up, dis n bleddie gemors"

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel, sy sit my neer.

Dan het Leipolt nog vele meer gediggies gedig wat te veel is vir mens om
vandag op mens se keybord met een vingertjie te sit en uit-tik maar
nogtans in die mond van die volk vir ewig sal bly en verheerlik word en
in die hart van die Afrikaner gedra en gekoester sal word. Leipolt het
nooit die helde onder die kindertjies van die Afrikaner vergeet nie en
ook bv gedig oor Dirkie Ys en andere terwyl hy "stoned" agter op die
kakebeenwa gele het. As mens maar dink aan die soet woorde van - Hoera
vir Dirkie, Dirkie Ys, Hoera vir Dirkie hyt hom ooreis. Vir die Zoeloes
was Dirkie nie bang, Hy skiet hulle met sy sanna, katang katang - DAN
KAN MENS NET SE, DANKIE VIR MENSE SOOS LEIPOLT.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Viljoen se amnestie

Vr., 16 Januarie 1998 00:00

Ferdi wrote in message ...

> aansoek nie.
> En my common sense se vir my as die ANC-lede s'n skipbreuk lei, dan
> strand syne ook.
> Weet jy dalk anders oor sy aansoek?
> Se tog asb. waar jy dit hoor en gee bietjie details.

Die Burger 28/4/97 Blasy 2 (Laaste uitgawe)

>

Die Burger 14/01/98:

Want ek is so bevrees dat ek wel reg is[/color]

Wees nie bevrees nie. Voorsien liewer die gronde vir jou vrees (soos in die
vorm van bronne, byvoorbeeld). Dan kan ons dit mooi oop en deursigtig
verwerk.

> en dan moet mens vra of jy
> aspris verkeerde inligting versprei on "TRC-bashing" te doen (wat
> natuurlik na verdere vrae lei) en of jy werklik nie weet nie, maar dat
> dit jou nie afsit om modder te gooi nie. Wat natuurlik ook na verdere
> vrae lei.

En indien dit sou blyk dat jy _nie_ reg is nie, sou mens jou moet afvra
waarom Ferdi so gou is om ander van moddergooiery te beskuldig. Dit lyk dan
self so baie na moddergooiery.

> Wat my betref in die bree is die WVK n baie suksesvolle instelling.
> Dit het talle vrae vir my beantwoord wat my lank reeds pla en waarop
> en geen antwoorde sou gekry het as die WVK nie daar was nie.

Ag, ek is bly dat jy die antwoorde bevredigend vind.

Een van die nalatenskappe van "Christelik Nasionale Onderwys" (Nog
Christelik nog onderwys) was natuurlik 'n geneigdheid om gesag onkrities te
aanvaar - veral die gesag van mense wat jou eie vooroordele deel.

> Dit het vir my ook die voordeel dat baie inligting op formele wyse
> uitkom anders as oor jare in n moddergooiery en in gerugte wat loop.
> En vir my werk die WVK uitstekend as n versoeningsinstansie.

Ek is bly dit werk vir jou.

Dalk kan jy ook eendag sê: "Ek het nie geweet nie".

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Skoolseun geskors oor geskiedenis

Vr., 16 Januarie 1998 00:00

http://www.hnp.org.za./afrikaner/janua2/skors.htm

16 Januarie 1998

Skoolseun geskors oor geskiedenis

ERNEST HOFMEYR, 'n leerling van die Noorderlig Gekombineerde Skool op Petit is
uit die skool geskors omdat hy verlede jaar geweier het om die
Geskiedenisvraestel te skryf. Die vraestel was vol volksvreemde vrae wat
daarop gemik was om die Afrikaner te benadeel en van sy erfenis te vervreem.

Die hoof het aan Ernest die keuse gestel om óf die vraestel te skryf, óf
geskors te word. Hy het geweier om die vraestel te skryf, en is vanjaar
toegang tot die skool geweier.

Die hoof van die skool, mnr. Swart, het geweier om met Die Afrikaner te praat,
en die koerant is verwys na mnr. Arrie Hattingh, die voorsitter van die
Beheerliggaam. Hy het dit benadruk dat Ernest nie geskors is nie, maar dat hy
vyf dae lank weerhou word van skool. Binne hierdie vyf dae moet die skool 'n
verslag aan die Onderwysdepartement voorlê, waarna hulle 'n beslissing sal gee
oor wat met hom moet gebeur. Hy het dit ook beklemtoon dat die besluit om so
op te tree, eenparig deur 'n volle vergadering van die Beheerliggaam geneem
is. Hy het gesê dit gaan oor die toepassing van dissipline.

Toe mnr. Hattingh daarop gewys is dat die beswaar oor die vak Geskiedenis
gaan, en die leerling laat weet het dat hy nie die vraestel kan beantwoord
nie, omdat dit indruis teen sy beginsels en sy Afrikanerwees, was die antwoord
dat die kurrikulum deur die Departement neergelê is, en dat die skool verplig
was om dit na te volg.

Hierop is mnr. Hattingh gevra of die Beheerliggaam nagegaan het of die
betrokke leerstof wel in stryd is met Afrikanerbeginsels aldan nie, het hy
erken dat sekere leerlinge beswaar kon hê teen bepaalde gedeeltes in die
leerplan. Hy het egter daarop gewys dat Ernest gedurende die jaar daarteen
beswaar moes aanteken, en nie eers tydens die eksamen nie. Dit was ook nie
sinvol om teen die onderwysstelsel te baklei nie, aangesien die Afrikaner nie
saamgestaan het nie.

Toe mnr. Hattingh is gevra waarom daar so drasties opgetree is teen 'n kind
wat by sy beginsels staan, het hy laat weet dat die Beheerliggaam vir Ernest
die geleentheid gegee het om verskoning aan te teken. Hy is daarop gewys dat
Ernest wel skriftelik verskoning aangeteken het. Sy reaksie hierop was dat die
verskoning nie in ooreenstemming met hulle eise was nie.

Vervolgens is mnr. Hattingh gevra of die kind in stryd opgetree het met die
etos en lewensbeskoulike van die skool. Mnr. Hattingh het benadruk dat die
skool staan vir Afrikanerwaardes, en dat die Beheerliggaam bestaan uit
Afrikaners wat sterk voel oor hulle identiteit. Op 'n vraag of hulle dan nie
uit hulle pad moes gegaan het om 'n kind wat by sy beginsels staan, te
akkommodeer nie, in plaas van om hom uit te lewer aan 'n onsimpatieke
Onderwysdepartement onder leiding van Mary Metcalfe wat saam met haar
amptenary bestaande uit volksvreemdes, wat geen aanvoeling vir hierdie kind se
probleem sou hê nie, het mnr. Hattingh geantwoord dat hulle billike optrede
van die Departement verwag. Nogtans het hy saamgestem dat die leerling nie in
stryd met die etos en Afrikanerbeskouings van die skool opgetree het nie.

Toe hy daarop gewys is dat die leerling aan die skool en die Beheerliggaam die
voorbeeld gestel het van hoe hulle eintlik moes opgetree het, dat 'n
onvolwasse kind aan sy meerderes die voorbeeld gestel het hoe om by jou volk
se beginsels te staan, was sy antwoord dat hulle alles probeer het om die saak
te skik, maar dat die skool nie kan bekostig dat sy dissipline ondermyn word
nie. Die gevaar het bestaan dat ander leerlinge sy voorbeeld kon volg.

Onderwys & opvoeding | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470    »]
Tyd nou: So. Mei 17 03:40:01 UTC 2026