ERNEST HOFMEYR, 'n leerling van die Noorderlig Gekombineerde Skool op Petit is
uit die skool geskors omdat hy verlede jaar geweier het om die
Geskiedenisvraestel te skryf. Die vraestel was vol volksvreemde vrae wat
daarop gemik was om die Afrikaner te benadeel en van sy erfenis te vervreem.
Die hoof het aan Ernest die keuse gestel om óf die vraestel te skryf, óf
geskors te word. Hy het geweier om die vraestel te skryf, en is vanjaar
toegang tot die skool geweier.
Die hoof van die skool, mnr. Swart, het geweier om met Die Afrikaner te praat,
en die koerant is verwys na mnr. Arrie Hattingh, die voorsitter van die
Beheerliggaam. Hy het dit benadruk dat Ernest nie geskors is nie, maar dat hy
vyf dae lank weerhou word van skool. Binne hierdie vyf dae moet die skool 'n
verslag aan die Onderwysdepartement voorlê, waarna hulle 'n beslissing sal gee
oor wat met hom moet gebeur. Hy het dit ook beklemtoon dat die besluit om so
op te tree, eenparig deur 'n volle vergadering van die Beheerliggaam geneem
is. Hy het gesê dit gaan oor die toepassing van dissipline.
Toe mnr. Hattingh daarop gewys is dat die beswaar oor die vak Geskiedenis
gaan, en die leerling laat weet het dat hy nie die vraestel kan beantwoord
nie, omdat dit indruis teen sy beginsels en sy Afrikanerwees, was die antwoord
dat die kurrikulum deur die Departement neergelê is, en dat die skool verplig
was om dit na te volg.
Hierop is mnr. Hattingh gevra of die Beheerliggaam nagegaan het of die
betrokke leerstof wel in stryd is met Afrikanerbeginsels aldan nie, het hy
erken dat sekere leerlinge beswaar kon hê teen bepaalde gedeeltes in die
leerplan. Hy het egter daarop gewys dat Ernest gedurende die jaar daarteen
beswaar moes aanteken, en nie eers tydens die eksamen nie. Dit was ook nie
sinvol om teen die onderwysstelsel te baklei nie, aangesien die Afrikaner nie
saamgestaan het nie.
Toe mnr. Hattingh is gevra waarom daar so drasties opgetree is teen 'n kind
wat by sy beginsels staan, het hy laat weet dat die Beheerliggaam vir Ernest
die geleentheid gegee het om verskoning aan te teken. Hy is daarop gewys dat
Ernest wel skriftelik verskoning aangeteken het. Sy reaksie hierop was dat die
verskoning nie in ooreenstemming met hulle eise was nie.
Vervolgens is mnr. Hattingh gevra of die kind in stryd opgetree het met die
etos en lewensbeskoulike van die skool. Mnr. Hattingh het benadruk dat die
skool staan vir Afrikanerwaardes, en dat die Beheerliggaam bestaan uit
Afrikaners wat sterk voel oor hulle identiteit. Op 'n vraag of hulle dan nie
uit hulle pad moes gegaan het om 'n kind wat by sy beginsels staan, te
akkommodeer nie, in plaas van om hom uit te lewer aan 'n onsimpatieke
Onderwysdepartement onder leiding van Mary Metcalfe wat saam met haar
amptenary bestaande uit volksvreemdes, wat geen aanvoeling vir hierdie kind se
probleem sou hê nie, het mnr. Hattingh geantwoord dat hulle billike optrede
van die Departement verwag. Nogtans het hy saamgestem dat die leerling nie in
stryd met die etos en Afrikanerbeskouings van die skool opgetree het nie.
Toe hy daarop gewys is dat die leerling aan die skool en die Beheerliggaam die
voorbeeld gestel het van hoe hulle eintlik moes opgetree het, dat 'n
onvolwasse kind aan sy meerderes die voorbeeld gestel het hoe om by jou volk
se beginsels te staan, was sy antwoord dat hulle alles probeer het om die saak
te skik, maar dat die skool nie kan bekostig dat sy dissipline ondermyn word
nie. Die gevaar het bestaan dat ander leerlinge sy voorbeeld kon volg.
Die aard van angs is dat dit tydelik kwel.
Verdriet, volgens 'n ou ballade, duur
twaalf maande en 'n dag, tot op die uur.
Die ritueel van rou is vasgestel.
Vreemd, van berou word nie soveel vertel.
Waar vind mens 'n betroubare gedig
om jou oor die vervaldag in te lig
van daardie individueler hel?
........of bespeur ek hier 'n soort neerslagtigheid wat ek nog nie
vantevore in hierdie nuusgroep raakgeloop het nie? Vurig was dit
vantevore; venynig soms, of gesellig - maar nog nooit die verslaentheid
wat ek vandag hier aanvoel nie.
Of is dit dalk Gloudina se bleek en dooie yslandskap wat hier
gereflekteer word?
...dit is die gevolgtrekking waartoe enigiemand sal kom wat hierdie ng
lees. dis net 'n geskinder, 'n gewarmbak van mekaar en oppervlakkige
nonsens. is daar nie intellektuele onder afrikaanses nie?
ek het probeer om 'n gesprek aan die gang te sit oor watter boek julle
laaste gelees het, maar na drie dae het nog net een persoon, alwyn,
daarop gereageer. hoewel sy antwoord maar net my vermoede oor die vlak
van gekultiveerdheid van gebruikers van hierdie ng bevestig het.
ek skaam my.
Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
1. My Sarie Marais is so ver van my hart
maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.
Refrein : O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daaronder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais - (bis).
2. Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur ;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand,
daaronder langs die Grootrivier.
3. Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip",
Die josie weet waarnatoe.
4. Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
Terug na die ou Transvaal ;
My liewelingspersoon wal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon.
Die Oos-Kaap se bevryding se eerste openbare baba is toe gebore, met 800
000 mense wat die rekening daarvoor moet betaal. Op grondvlak is dit 'n
aandoenlike gesig.
Verslaentheid, skok, duisende gesinne wat verdwaas omdraai by betaalpunte
en dreigemente aan winkeliers dat die winkels oopgebreek en geplunder sal
word, indien die winkeliers nie die mense wil help nie.
Internasionale organisasies betreur die tragedie, maar weens 'n
tussen-lande ooreenkoms, kan geen verantwoordelikheid aanvaar word vir 'n
regering van 'n land se foute nie. Slegs natuurrampe kwalifiseer vir
voedsel hulp.
Die tragedie kring ver en wyd uit. Totale Oos-Kaap dorpe se ekonomiese
lewe is besig om in duie te stort; ouetehuise moet sluit; Gestremdes, wat
versorging van familie ontvang het, weens die ongeskiktheidspensioen wat
hulle ontvang het, word verwerp met geen heenkome nie; Kinders wat
aangeneem was omdat 'n kindertoelaag vir so 'n kind betaal is, word
uitgeskop; Nee, moenie intellektueel probeer om die menslike tragedie wat
hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.
Winkeliers in dorpe word gedreig met inbrake en plundering deur ANC
optoggangers met luidsprekers, indien die mense nie gehelp word nie. Die
regering word nie blameer nie en die sakemanne word met die dood gedreig
omdat die blaps van die regering nie deur die winkeliers oorgeneem word
nie. Kan enige iemand op hierdie nuusgroep hulp aanbied, of gaan almal
hierdie skrywe ignoreer, omdat die verleentheid te groot is, en ellende nie
intellektueel verskoon kan word nie?
Waar is die slimmes op die nuusgroep, asseblief.
Sover dit my aanbetref is die hele vorige regering skuldig aan verraad. PW
maak vir oulaas verskoning aan ons afrikaners vir sy deelname aan die
verblinding en utverkoping van ons volk. hulle het almal geweet dat ons 'n
nodelose oorlog gevoer het waarin duisende van ons jong mans gely het.
hulle het ook geweet wat die uitende sou wees. dit is in die aard van die
politikus om vals en verleidelik te wees.
Afrikaners moet politiek los! Dit was juis die Brit se strategie om ons te
verdeel. Ons geloof in God het ons voorsate gedra in die tem van hierdie
wildernis en die stryd was vir die afgelope 30 jaar teen ons christelike
geloof. die anti-chris kon nie aan bewid kom in 'n land waar die volk
Christus in waarheid en Gees dien nie. Ons stryd is 'n geestelike een. God
was onttroon in hierdie land deur die sogenaamde demokrasie en nou word
apartheid die rookskerm terwyl die ware aanslag teen Christus en sy
volgelinge is.
As miere moet ons voortgaan om miere te wees. Ek het as jong laatjie baie
keer die miere gesien hoe hulle 'n sprinkhaan oorweldig, doodby en in hulle
gat afsleep om hom op te vreet. Viva die miere.