Ek was nou nie eintlik sarkasties nie Gloudina. Net nuuskierig.
Ek behoort aan die United Methodist Kerk, ou tante, en nee, hulle sê nie om
verskoning vir hul aksies nie. Hulle vra voor hulle aksies dat God hulle
sal lei en dan glo hulle dat Hy dit doen.
Ek was kleintyd in die NG Kerk, en toe het ek niks verkeerd gesien nie -
soos almal het ek met die gewone Afrikaner oogklappe aan grootgeword en dit
terdee geniet. Ek gaan beslis nie om verskoning vra vir iets waarvan ek
nie eers bewus was nie.
--
| Nou sê vir my, ou Nico, aan watter
| kerk jy behoort. Het jou kerk al soos
| al die godvresende kerke in SA hulle
| sondes belei en om verskoning gevra
| vir die gruwel van apartheid. Hier in
| Kanada en ook in Australi"e vra die
| kerke nou om verskoning vir die onregte
| wat die wit veroweraars aan die Eerste
| Nasies gedoen het.
Lieg en veralgemeen jy nou al weer soos toe jy oor die
bevolkingsamestelling vertel het?
Het jy al op jou
| knie"e gegaan en jou hart oopgemaak
| voor Hom wat gesê het dat ons ons
| naaste moet liefh^e soos onsself, en
| onsself vir ons naaste moet opoffer,
| selfs deur onsself te kruisig as dit
| nodig word. ....en jy het toe maar net weggehardloop!
My gewete is skoon, Gloudina, ek slaap rustig en gee nie om wanneer ek my
laaste asem uitblaas nie - my saak is reg.
Soos Gloudina sal ek nou ook maar hier 'n stukkie letterkunde aanhaal wat
ek op die net teegekom het. Ek is nie so fliks soos sy om dit oor te tik
nie - cut en paste is vinniger!
Nou die ander dag verwys iemand na my as 'n klapperkop. Agterna wonder ek toe
oor die oorsprong van hierdie woord en sy betekenisse. Ek het altyd aangeneem
dat jy dit gebruik om na iemand te verwys wat "dig", stupid, en ignorant is en
net nie dinge bymekaar kan sit nie. Amper onmiddellik herroep ek toe daardie
ou aanklagvorms in polisiekantore van ouds waar die tekstuur van 'n persoon se
hare aangedui moes word as rasklassifikasie (peperkorrel, krullerig, glad, en
so meer). Nou wonder ek - het klapperkop miskien 'n oorsprong in sodanige
rassisme waar daar aangeneem was dat diegene met hare soos klapper uiteraard
dom en dig is? Hier in die vreemde het ek nie toegang tot bronne waarmee ek
hierdie vraag kan beantwoord nie. Enigiemand met idees? En terwyl ek hier
tik, wonder ek sommer ook oor die oorsprong van "korrelkop" en "borselkop".
Jis Gloudina, mooi woorde daar uit die "frozen north"!
Sê my, het julle kontak met ander Suid Afrikaners in Kanada? En Afrikaanse
mense? Ken jy mense in die VSA?
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)
Indien die laaste,
| nooi ek hom uit om, sonder die
| vieslike taal, by ons te kom
| uitspan. Ons skryf, vanuit alle
| dele van die wereld, en skep so
| 'n volledige prent van die
| Afrikaanse kultuur.
|
| Gloudina Bouwer
|
onsigbare god,
bly te kenne.
laat u naam teen wil en dank geskied,
want ons leef ten dele.
teken die vorm hier,
u is nou aangestel
in die natuur,
ook in die deurmekaar stad.
behandel my dink,
volgens die wette van die hemel
want wie kan 'n hof vertrou?
sluit die arsenale toe,
en gooi die sleutel weg.
maak my sondag wakker
om die kerkklokke te hoor.
vergewe die politici hul sondes
hulle is ook maar mense.
trek 'n streep deur my woorde
want stilte verdien volpunte.
Can anybody suggest any good Afrikaans books for an Adult. I have been
out of the country for a while and would like to try to get back into
the language.
I would prefer something related to SA but not heavy just light
reading. Humor would be good as well.