Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Geloof & kerksake » 'n Kerk in Kanada ?
'n Kerk in Kanada ? [boodskap #12938] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 na volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek was nou nie eintlik sarkasties nie Gloudina. Net nuuskierig.
Ek behoort aan die United Methodist Kerk, ou tante, en nee, hulle sê nie om
verskoning vir hul aksies nie. Hulle vra voor hulle aksies dat God hulle
sal lei en dan glo hulle dat Hy dit doen.

Ek was kleintyd in die NG Kerk, en toe het ek niks verkeerd gesien nie -
soos almal het ek met die gewone Afrikaner oogklappe aan grootgeword en dit
terdee geniet. Ek gaan beslis nie om verskoning vra vir iets waarvan ek
nie eers bewus was nie.
--
| Nou sê vir my, ou Nico, aan watter
| kerk jy behoort. Het jou kerk al soos
| al die godvresende kerke in SA hulle
| sondes belei en om verskoning gevra
| vir die gruwel van apartheid. Hier in
| Kanada en ook in Australi"e vra die
| kerke nou om verskoning vir die onregte
| wat die wit veroweraars aan die Eerste
| Nasies gedoen het.

Lieg en veralgemeen jy nou al weer soos toe jy oor die
bevolkingsamestelling vertel het?

Het jy al op jou
| knie"e gegaan en jou hart oopgemaak
| voor Hom wat gesê het dat ons ons
| naaste moet liefh^e soos onsself, en
| onsself vir ons naaste moet opoffer,
| selfs deur onsself te kruisig as dit
| nodig word. ....en jy het toe maar net weggehardloop!

My gewete is skoon, Gloudina, ek slaap rustig en gee nie om wanneer ek my
laaste asem uitblaas nie - my saak is reg.

Nico
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #12939 is 'n antwoord op boodskap #12938] Vr, 27 Februarie 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes:
>
> Ek was kleintyd in die NG Kerk, en toe het ek niks verkeerd gesien nie -
> soos almal het ek met die gewone Afrikaner oogklappe aan grootgeword en dit
> terdee geniet. Ek gaan beslis nie om verskoning vra vir iets waarvan ek
> nie eers bewus was nie.

Ek opper beswaar teen die feit dat jy
van die "gewone Afrikaner oogklappe"
praat. Nou begin jy jou gal braak op
die "Afrikaner." Daar was duisende en
duisende Afrikaners wat nie met
oogklappe rondgeloop het nie, wat gesien
het dat 'n sekere soort Afrikaner begin
heul het met riff-raff en 'n reign of
terror in Suid-Afrika bewerkstellig het.
Sommige, soos Bram Fischer, het hulle
lewe afgel^e in diens van die waarheid.
Sommige soos Beyers Naude het met geloof
dat die reg en die waarheid altyd sal
se"evier sy dae onder huisarres deurge-
bring. Sommige van ons het SA verlaat.
Goddank, jou tipe "Afrikaner" sal nooit
weer in kontrole wees nie.

Gloudina
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #12981 is 'n antwoord op boodskap #12938] So, 01 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Nico" writes:
>>
>> Ek was kleintyd in die NG Kerk, en toe het ek niks verkeerd gesien nie -
>> soos almal het ek met die gewone Afrikaner oogklappe aan grootgeword en dit
>> terdee geniet. Ek gaan beslis nie om verskoning vra vir iets waarvan ek
>> nie eers bewus was nie.

Reg so! Vergeet maar die "oogklappe". Dit is net in 'n klein onbelangrike
minderheid se koppe dat ons "oogklappe" gehad het.
>
(snip)
Daar was duisende en
> duisende Afrikaners wat nie met
> oogklappe rondgeloop het nie
Ja, die uitsonderlike klein groepie wat gedurende die NP tydperk toe die
land sy grootste ekonomiese opbloei in die geskiedenis ervaar het, sal met
jou saamstem.
Indien daar sulke duisende was waarvan jy nou praat, hoe het die NP dit
reggekry om so lank aan bewind te bly? Jy vertel dus 'n leuen! Jy is
waarskynlik die tipe wat in die geheim NP gestem het en nou vir jou slimjan
hou om te keer dat jou nuwe landgenote jou nie uitskop nie. Jy het nie 'n
tuiste in 'n Afrikaanse gesprek nie. Jy is 'n hensopper en 'n hanskakie,
die vyand en die grootste gevaar waarteen ons Afrikaners in hierdie
tye moet waak. Nie eens die regime hou soveel gevaar vir ons in as juis jy
en jou tipe nie.
(Snip die twak)
> Sommige van ons het SA verlaat. Weer 'n leuen. Die meeste van jou tipe is Goddank reeds weg.
> Goddank, jou tipe "Afrikaner" sal nooit
> weer in kontrole wees nie.
> Gloudina
Moenie te gou voorspellings waag nie. Hoe is dit dan dat hierdie tipe
"Afrikaner" van jou juis die enigste Suid-Afrikaner wat 'n bewese "track
record" het dat hy SA onder enige omstandighede KAN regeer? Ek wag nog vir
die ekonomiese opbloei deur die nuwe regime teweeggebring sonder die
meulsteen van wêreldwye sanksies.
CH
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #12997 is 'n antwoord op boodskap #12938] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Nico" writes: > Ag nee sies Gloudina, dis mos nou nie die soort ding waaruit 'n mens genot
> kry nie! Jou moer, as jy dink jy kan op jou mishoop sit en daar vanuit die
> hoogte op jou eie die "Afrikaner se naam skoon kry."
>
> Ek sê weer - kyk bietjie om jou, die Afrikaner se naam is nie vuil nie!
> Probeer effe die mooi om jou raaksien - ook in die ou wat jou so as die
> vyand beskou het. Die Afrikaner sit ook nie in 'n bos nie, man. Hy sit op
> 'n berg - het al hoë hoogtes bereik en staan daar oop en bloot waar almal
> hom kan sien. Hef net jou aangesig op, Gloudina, op boontoe, waar dinge
> mooi is - dan sal jy sien. Hou op om op die modder om jou voete te
> konsentreer!
> --
> Nico

So wanneer hou jy op om slegte taal
te gebruik en jou neus in ander se
sake te steek? Wanneer begin jy van
al die mooi dinge om jou praat? Jy
was so hooghartig aan die begin oor
hoe sleg SA nou is en hoe goed dit
in Amerika is, dat ek gedink het jy
bly hier in Noord-Amerika. Nou sien
ek jy is net 'n wysneus. En ek hou
vol - totdat die Afrikaner homself
distansieer van beterwetende wysneuse
soos jy, sal ons altyd 'n las dra.

Gloudina
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #12998 is 'n antwoord op boodskap #12938] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "chohne" writes: >
>
> Jy is
>> die vyand en die grootste gevaar waarteen ons Afrikaners in hierdie
>> tye moet waak. Nie eens die regime hou soveel gevaar vir ons in as juis jy
>> en jou tipe nie.
>
> Met watter genot vervul jy my
> wanneer jy dit sê. So ek het
> tog 'n funksie om te vervul
> - om die Afrikaner se naam
> weer skoon te kry deur mense
> soos jy uit die bos te rook
> en aan die kaak te stel.
>
My ou tannie, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie. Met
hierdie mistasting in jul koppe het jy en die teelepel vol siele in jou
geselskap julle nat geskrik vir die swart gevaar wat julle bedreig en toe
julle voete laat raas na 'n ander land. Ons regte Afrikaners wat hier bly,
se naam en gewete is skoon. Ons skrik ooknie vir 'n swart gevaar soos julle
nie. Ons het ooknie 'n behoefte om pad te gee soos julle nie. Ons is egter
'n groot faktor om mee rekening te hou. Hoekom dan nou skielik die ANC se
toenaderingswals? Ek sal jou sê, hulle is bang vir 'n wit gevaar wat net
op die regte oomblik wag om toe te slaan. 'n Verdere geheimpie, die ANC is
meer bang vir julle klein splintergroepie as ons omdat hulle nie weet waar
hulle met julle staan nie. Julle verkoop jul eie mense uit sonder om 'n oog
te knip, destemeer sal julle dit met hulle doen, ne.

CH
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #12999 is 'n antwoord op boodskap #12938] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ag nee sies Gloudina, dis mos nou nie die soort ding waaruit 'n mens genot
kry nie! Jou moer, as jy dink jy kan op jou mishoop sit en daar vanuit die
hoogte op jou eie die "Afrikaner se naam skoon kry."

Ek sê weer - kyk bietjie om jou, die Afrikaner se naam is nie vuil nie!
Probeer effe die mooi om jou raaksien - ook in die ou wat jou so as die
vyand beskou het. Die Afrikaner sit ook nie in 'n bos nie, man. Hy sit op
'n berg - het al hoë hoogtes bereik en staan daar oop en bloot waar almal
hom kan sien. Hef net jou aangesig op, Gloudina, op boontoe, waar dinge
mooi is - dan sal jy sien. Hou op om op die modder om jou voete te
konsentreer!
--
Nico
("Relax! ... my ou .... !" - Wie het dit gesê?)

@igs.net wrote in article ...
|
| Met watter genot vervul jy my
| wanneer jy dit sê. So ek het
| tog 'n funksie om te vervul
| - om die Afrikaner se naam
| weer skoon te kry deur mense
| soos jy uit die bos te rook
| en aan die kaak te stel.
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13000 is 'n antwoord op boodskap #12938] Ma, 02 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"chohne" writes: >

Jy is
> die vyand en die grootste gevaar waarteen ons Afrikaners in hierdie
> tye moet waak. Nie eens die regime hou soveel gevaar vir ons in as juis jy
> en jou tipe nie.

Met watter genot vervul jy my
wanneer jy dit sê. So ek het
tog 'n funksie om te vervul
- om die Afrikaner se naam
weer skoon te kry deur mense
soos jy uit die bos te rook
en aan die kaak te stel.
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13009 is 'n antwoord op boodskap #12938] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
tu...  is tans af-lyn  tu...
Boodskappe: 2
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
>> Goddank, jou tipe "Afrikaner" sal nooit
>> weer in kontrole wees nie.
>> Gloudina
>

Ha, Ha, Ha - kyk maar orals in die wereld, ook daar in Kanada waar jy
nou sit en kerm soos 'n klein jakkalsie oor sus en so - die 'tipe'
Afrikaner, jy uitgesluit, is weer in beheer (weet nie waar jy aan
kontrole kom nie). Die 'tipe' Afrikaner is weereens suksesvol in ander
dele van die wereld en selfs nou in ander dele van Afrika. As jy die
Afrikaner in die UK, Kanada en Aus en verseker Afrika uit die
vergelyking haal - wat bly oor?Die Wereldbank het woes gekeer toe Mugabe
die 'white trash' van hulle grond wou ontneem. In Zambie boer daar 'n
handjievol 'white trash' op nie eers 1.5% van die grond nie, maar
produseer 65% van die voedsel in die land. In SA betaal die 'white
trash' wat by verre die minderheid is, 80% van die belasting - geen
wonder hulle was in beheer nie en is steeds in beheer nie. Die ape in
die parlement het net verander.
Word tog wakker jou misrabele makadel en erken dat jy nie een van die
'tipe' Afrikaners is nie en nooit sal wees nie. Jy is een van die
'tipe' Afrikaners wat dink jy is vreeslik taalkundig maar wat ongelukkig
al die shit gene in jou sisteem het. 'n Afrikaner het Suidelike Afrika
gebou en met 'n lang lat die bietjie dissipline en geletterdheid wat
daar nou is in 'n sekere deel van die bevolking ingemoker - die
Afrikaner het egter 'n fout gemaak en nie hard genoeg gemoker nie -
daarom sit SA nou waar dit sit.
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13011 is 'n antwoord op boodskap #12938] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
tu...@icr.com.na writes:
>

'n Afrikaner het Suidelike Afrika
> gebou en met 'n lang lat die bietjie dissipline en geletterdheid wat
> daar nou is in 'n sekere deel van die bevolking ingemoker - die
> Afrikaner het egter 'n fout gemaak en nie hard genoeg gemoker nie -
> daarom sit SA nou waar dit sit.

Hier, Afrikaners, is die vrot sweer
wat Afrikaners van alle oortuigings
moet uitsny - eers dan sal daar weer
respek wees vir Afrikaners. Terwyl
hierdie grootbekke sulke dinge rond-
praat, sal mense van ander groepe
altyd vir die Afrikaner verfoei en
nie ernstig opneem nie.
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13012 is 'n antwoord op boodskap #12938] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"chohne" writes: >

Ek sal jou sê, hulle is bang vir 'n wit gevaar wat net
> op die regte oomblik wag om toe te slaan.

Ha,ha,ha, Soos in Bop.
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13013 is 'n antwoord op boodskap #12938] Di, 03 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"F. Stef Roux" writes:

>>> Goddank, jou tipe "Afrikaner" sal nooit
>
>>> weer in kontrole wees nie.
>
>>> Gloudina
>
>
> Jy bedoel seker "weer in beheer wees nie". Vir iemand wat
>
> so aanmekaar ander se taalgebruik kritiseer is jou eie taalgebruik
>
> glad nie te waffers nie.
>
>
> Stef


Wel Stef Fisika daar in Toronto,
ons Bosman en Van der Merwe het
kontrole
kontroleer
kontroleur
as Afrikaanse woorde. Het jy 'n
Afrikaanse woordeboek waarin jy
dit kan naslaan? Of verklaar jy
jou nou 'n taal-guru sonder om
eers jou verklaring aan die waarheid
te toets, soos elke respektabele
fisikus behoort te doen?

Gloudina
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13035 is 'n antwoord op boodskap #12938] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Hallo,

In "my" woordeboek is die vertaling van "to be in control of" : "die beheer
voer oor". In die Hat sê hulle by "beheer" : "Die beheer oor iets voer" -
en by "kontrole" : "kontrole uitoefen".

Vriendelike groete uit België.

Hilda.
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13036 is 'n antwoord op boodskap #12938] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "F. Stef Roux" writes:

>>>> Goddank, jou tipe "Afrikaner" sal nooit
>>
>>>> weer in kontrole wees nie.
>>
>>>> Gloudina

>> Jy bedoel seker "weer in beheer wees nie". Vir iemand wat

>> so aanmekaar ander se taalgebruik kritiseer is jou eie taalgebruik

>> glad nie te waffers nie.

>> Stef
>
>
> Wel Stef Fisika daar in Toronto,
> ons Bosman en Van der Merwe het
> kontrole
> kontroleer
> kontroleur
> as Afrikaanse woorde. Het jy 'n
> Afrikaanse woordeboek waarin jy
> dit kan naslaan? Of verklaar jy
> jou nou 'n taal-guru sonder om
> eers jou verklaring aan die waarheid
> te toets, soos elke respektabele
> fisikus behoort te doen?

Gloudina, hierdie antwoord is oneerlik of onkundig. Gegee dat jy 'n taalguru
is met 'n PhD in Afrikaans, wat voorgee dat "in kontrole wees" idiomatiese
Afrikaans, of enigiets anders as 'n anglisisme is, moet ons die moontlikheid
van onkunde verwerp en die alternatief aanvaar.

Vriendelike groete, Leendert
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13039 is 'n antwoord op boodskap #12938] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die's nou net bloot swak smaak, Gloudina. Gee nie om wie betrokke was nie.
--
Net Nico ...

@igs.net wrote in article ...
| "chohne" writes: >
|
| Ek sal jou sê, hulle is bang vir 'n wit gevaar wat net
| > op die regte oomblik wag om toe te slaan.
|
|
|
| Ha,ha,ha, Soos in Bop.
|
|
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13041 is 'n antwoord op boodskap #12938] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Ag ou tannie, ongelukkig is jy reeds te lank uit die land weg om tred met
die werklikheid hier te behou. Hoe _kon_ jy dan nou ook weet wie by Bop
betrokke was en wie is wie in ons pragtige land?
Toemaar, moenie sleg voel nie. Die reaksie was te wagte. Dit sou uiters
vreemd opval indien jy anders sou reageer. Ook is dit nie vreemd dat jy so
selektief reageer nie. Die res kon jy nie verdraai om jou te pas nie ne.
Jou standpunte hoe ongeldig ookal, sal jy natuurlik huldig totdat die ANC
ophou om apartheid vir alles
wat hulle verkeerd doen te blameer. Dit sal _nie_ in my leeftyd gebeur nie.
Net jammer dat 'n blykbaar eens fyn opgevoede dame so 'n banale krater van
haarself in die openbaar kan maak. Wat sou jou gerespekteerde ouers daarvan
gesê het? O, ja, hulle was seker ook deel van jou "apartheidsvarke".

CH

@igs.net wrote in message ...
> "chohne" writes: >
>
> Ek sal jou sê, hulle is bang vir 'n wit gevaar wat net
>> op die regte oomblik wag om toe te slaan.
>
>
>
> Ha,ha,ha, Soos in Bop.
>
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13042 is 'n antwoord op boodskap #12938] Wo, 04 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
chohne wrote:
>
> Indien daar sulke duisende was waarvan jy nou praat, hoe het die NP dit
> reggekry om so lank aan bewind te bly? Jy vertel dus 'n leuen! Jy is
> waarskynlik die tipe wat in die geheim NP gestem het en nou vir jou slimjan
> hou om te keer dat jou nuwe landgenote jou nie uitskop nie. Jy het nie 'n
> tuiste in 'n Afrikaanse gesprek nie. Jy is 'n hensopper en 'n hanskakie,

Ek het eerlik waar nie geweet daar is nog sulke oningeligte mense nie !
Die NP het doodeenvoudig so lank aan bewind gebly met geweld en
onderdrukking
van die media en die opposisie. Is jy donners onnosel dat jy dit nie
besef nie ?

Ek is een van daai Afrikaners wat besef het dat Apartheid nie gaan werk
nie,
Is ek daarom 'n heldersiende, of was jy onnosel om dit nie te sien nie ?

Om almal wat oorsee is onder die ou hanskakie/chicken kaartjie te sit is
ook
so onnosel en afgesaag. Regte laertrek mentaliteit.

Eet boontjiesop en druk dan jou kop tussen jou bene.
Jy is 'n dinosorus man !
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13059 is 'n antwoord op boodskap #12938] Do, 05 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"chohne" writes: > Ag ou tannie, ongelukkig is jy reeds te lank uit die land weg om tred met
> die werklikheid hier te behou. Hoe _kon_ jy dan nou ook weet wie by Bop
> betrokke was en wie is wie in ons pragtige land?

Wat weet jy van my. Miskien weet ek
meer as jy van wat vandag in SA aangaan.
Jy weet, ek het kontak met daardie
tagtig persent van die bevolking wat
jy net wil wegwens. Dis miskien jy
wat in 'n dwase waas lewe.

> Net jammer dat 'n blykbaar eens fyn opgevoede dame so 'n banale krater van
> haarself in die openbaar kan maak. Wat sou jou gerespekteerde ouers daarvan
> gesê het?

My ouers was diep Christene. Niks wat
ek doen of sê weerspreek hulle waardes
nie. Wat van jou?
Re: 'n Kerk in Kanada ? [boodskap #13139 is 'n antwoord op boodskap #12938] Ma, 09 Maart 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...

> My ouers was diep Christene. Niks wat
> ek doen of sê weerspreek hulle waardes
> nie. Wat van jou?

Wat was jou diep Christelike ouers se standpunt oor die volgende, Gloudina?

"Seën julle vervolgers, ja, seën hulle, moet hulle nie vervloek nie...Moenie
hooghartig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie eiewys wees
nie. Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle
mense...Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die
oordeel van God...As jou vyand honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors
is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi
van skaamte." (uit: Rom 12:14-20)

Daar is natuurlik ook ander aspekte waaroor jou diep Christelike ouers
miskien waardes kon voorhou, soos:

"Moenie 'n man sommer aankla as hy jou nie kwaad aangedoen het nie." (Spr
3:30)

"Moenie 'n man wat sy mag misbruik beny nie en moenie self soos hy maak
nie." (Spr 3:31)

"Dwaasheid is soos 'n vrou wat luidrugtig bly klets, stadig van begrip en
sonder kennis van sake. Sy sit by haar voordeur, haar stoel staan op die
hoogste plek in die stad..." (Spr 9:13-14)

"In sy eie oë is alles wat 'n mens doen, reg, maar die Here ondersoek die
gesindheid". (Spr 16:2)

"'n Kwaadwillige mens bring net teenspoed; wat hy sê is soos 'n verterende
vuur". (Spr 16:27).

"'n Dwaas praat hom in 'n rusie in, hy soek slae met wat hy sê. 'n Dwaas se
mond is sy ondergang, sy eie woorde is 'n dodelike strik". (Spr 18:6-7).

"'n Ligsinnige mens is hovaardig en aanmatigend, sy hovaardige optrede ken
geen perke nie." (Spr 21:24)

"Liewer bo-op 'n dak woon as saam met 'n twisgiere vrou onder een dak." (Spr
21:9)

"Moenie jou verheug oor jou vyand se val nie, moenie juig wanneer hy
ondergaan nie. Die Here sal sien wat jy doen, en dit sal verkeerd wees in Sy
oë, en Hy sal jou vyand nie verder straf nie."

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Uit die Perspektief van God (vir Tim Fan)
Volgende onderwerp: "Psalm 8" deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 08:33:26 MGT 2024