Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrika is nie bedoel vir wittes nie ...

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Iemand sê nou die dag vir my Afrika is nie vir die witman bedoel nie. Ons
is nie tuis in Afrika nie. Die kultuur is net bloot eenvoudig nie ons s'n
nie. Hy sê Afrika moet die blyplek word vir die swart volke en die wittes
moet op hulle eie kontinente gaan bly.

Wat sê julle?

Ek kan ook nie eintlik sien hoekom witmense met 'n oorwegend ander kultuur
hulself moet onderwerp aan lewensomstandighede wat so onaangenaam is nie.
Luister maar deesdae na die besprekings om braaivleisvure. Min gelag -
meeste gekla en gemoan! "Fool" ons nie onsself as ons dink "Afrika is in
ons bloed" nie?
--
Nico
(Bedagsaamheid sal help om besprekings hier vars te hou)

| jaar. Dit is hoekom mense wat iets tussen hulle ore het, Afrika los vir
| mense wat maer honde, beeste en kinders wil he (soos die vorige 1000
| jaar) en na plekke toe gaan waar mense wil vooruit gaan en met die
| internasionale gemeenskap meeding en nie die hand uithou soos die hele
| Afrika nie.
|
|

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Swak redenasie Ferdi

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Ferdi,

Sarkasme wen nooit 'n argument nie - het jy nie feite nie?
Ek is seker dat selfs die mees geletterde trekkers nie baie tyd gehad het
vir stories skryf nie. Maar as jy kyk na die handskrifte voor in die
familie Bybels, moet jy erken dat dit nie ongeletterde mense is wat so
geskryf het nie.
--
Nico
(Bedagsaamheid sal help om besprekings hier vars te hou)

| Dis dan seker die redes waarom daar sulke talle en goeie eerstehandse
| verslae is oor die groot trek en so aan is.
|
|
|

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bevolk die aarde ten alle koste?

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Die tegnologie was tog seker al lankal beskikbaar. Hoekom is dit
> so moeilik om iets aan hierdie skreiende onreg (teenoor die kinders)
> te doen nie?

Wat van China dan? Dit lyk vir my dit het gehelp. Daar was seker
probleme, maar dit het gehelp. En ek is bly vir al die kinders wat
nie in armoede en honger moes opgroei nie!

Dis geen taboe vie my om menselike aanwas in ons tyd te probeer beheer
nie, en ek dink nie 'n mens moet afgesit word nie deur "namecalling".

Kyk net bietjie rondom jou, en kyk watter lyding is daar. Die tyd is
tog seker lankal verby vir onbuigsame houdings wat betref
onverantwoordelike aanwas, en dit nie net in Afrika nie, maar ons
gesels hier nou meer oor die situatie in Afrka.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jy geniet dit?

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Jy voel seker goed oor jou baie sterk oortuigings, maar help dit
iemand?

Moet jou tog nie opwen oor wat ek dink nie. Dit sal jou geensins raak
nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kappies, deeltekens, ens.

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Jis ouens,

Ek sluip nou so 'n rukkie hier rond, en let op op dat die meeste ouens nie
weet hoe om kappies, deeltekens en ander strepies en krulletjies op letters
te kry nie. Miskien pla dit nie, maar ek is seker party ouens word
gefrustreer. Wat 'n ou nodig het is 'n 'IBM character set' wat in 'n
wordperfect handleiding voorkom.

Telkens moet 'n mens 'Alt' op die sleutelbord inhou, en dan 'n syferkode
regs op die sleutelbord intik. 'n Paar voorbeelde:

ê = Alt(136)
ë = Alt(137)
è = Alt(138)
ô = Alt(147), ens.

'n Ou kan wonderlike goed op die manier maak, speel 'n bietjie rond.

Ek hoop hierdie ongevraagde raad is vir iemand van hulp.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

iets wat ek nooit kon verstaan nie

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Dankie vir jou antwoord op "sinnelose moord".

Iets wat ek nooit kon verstaan nie, is dat die slimmes nie die kennis
(o f "guts"?) gehad het om te sorg dat daar minder (geen!) kinders
gebore word in za aan mense wat geen kat se kans het om die kinders
iets meer as n hongerbestaan ,en alles wat daamee gepaard gaan, te gee
nie. Die tegnologie was tog seker al lankal beskikbaar. Hoekom is dit
so moeilik om iets aan hierdie skreiende onreg (teenoor die kinders)
te doen nie?

Ek hoor nou die dag in n berig oor Afrika dat selfs verwagtende vroue
die of daardie ongerief moes ly.....en toe se ek ook vir iemand hier
"Maar onthou, hulle is so-te-se altyd in verwagting!" Dis iets wat
mense hier nie besef nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: iets wat ek nooit kon verstaan nie

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

ing...@nospam.rembrandt.gen.nz (Pofadder) writes: >

> Iets wat ek nooit kon verstaan nie, is dat die slimmes nie die kennis
> (o f "guts"?) gehad het om te sorg dat daar minder (geen!) kinders
> gebore word in za aan mense wat geen kat se kans het om die kinders
> iets meer as n hongerbestaan ,en alles wat daamee gepaard gaan, te gee
> nie. Die tegnologie was tog seker al lankal beskikbaar. Hoekom is dit
> so moeilik om iets aan hierdie skreiende onreg (teenoor die kinders)
> te doen nie?
>
> Ek hoor nou die dag in n berig oor Afrika dat selfs verwagtende vroue
> die of daardie ongerief moes ly.....en toe se ek ook vir iemand hier
> "Maar onthou, hulle is so-te-se altyd in verwagting!" Dis iets wat
> mense hier nie besef nie.

Hier praat 'n persoon wat heeltemal
tuis sou gewees het in Nazi Duitsland.
Hier praat 'n persoon wat nie besef
dat haar eie voorvaders groot getalle
kinders in dieselfde huisgesin gehad
het en daarop trots was nie. Dit is 'n
sosio-ekonomiese feit dat die getal
kinders in 'n gesin afneem soos die
lewensverwagting en inkomste van die
huisgesin styg. Die beste ding wat die
wittes in SA kon gedoen het, is om vir
hulle swart broeders (wat hulle oorheers
het) te help om 'n bestendige bestaan
in 'n rustige maatskappy te bekom, dan
sou die geboortesyfers gedaal het. Maar
nee, hier kom die apartheidsvarke en
doen hulle werk. Toe moes hulle swart
broeders nou maar die "ultimate weapon"
gebruik om hulle te oorwin - groter
getalle-aanwas. Wie die laaste lag,
lag die lekkerste. Ha! Ha!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Swak redenasie, Nico

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

"Die Lang Pad" deur ANNE MARIE CONRADIE

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

DIE LANG PAD
Anne Maria Conradie

Om te onthou
vra stilte
vol afwagting
en peinsing
oor die dinge van die verlede
'n sekelmaan
wat bloed braak
oor die pyn van die hede

Om by die verlede te kom:
tonnel in die dinge van halfpad onthou
slinger blindelings kaalvoet
op die kronkelpaaie van die vergete
die môrester
sal oorwinning behaal
oor die hel van die gewete

(Concept - Januarie 1998)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Willem en my ma

Sa., 21 Februarie 1998 00:00

Dis omtrent wat ek ook gedink het, en so was dit al lankal.

Nog iets: toe ek sewe jaar gelede in za was, het ek in n winkeltjie
gewerk. Een dag sien ek dat die kind (10 jaar?) wat die vloere na
skool kom was het, lelike merke op haar bene het. Dit blyk toe dat sy
op skool deur juffrou geslaan is omdat sy nie n som op die
swartbord(of is dit deesdae die witbord?) kon doen nie. En juffrou
het sommer gereeld die sambok gebruik.

Dit is beslis teen die wet, Dit was in ellk geval n liewe kind.

Maar toe ek na die polisie gegaan het (eers n doktor) wou hulle niks
doen nie, want die kind se ma moes die klag le, en die kind se ma het
my toe vertel dat sy dit nie kon doen nie want hulle was nie eintlik
in daardie skoolwyk nie, en die kind was net as n guns by daardie
skool.
(Hoekom sy nie by haar eie wykskool was nie, is n ander onsmakelike
storie.)
Die punt is, nie dat die polisie sg niks kon doen nie, maar dat die
kinders gereeld geslaan is by daardie skool, en dat juffrou nooit
toegelaat sou wees om wit kinders so te behandel nie.

Nee wat, as ek dink aan die stories wat die huilhulpe kan vertel oor
hulle ervarings, dan is ek bly ek hoef nie swart te wees nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1443  1444  1445  1446  1447  1448  1449  1450  1451  1452  1453  1454  1455  1456  1457  1458    »]
Tyd nou: Ma. Mei 18 05:49:56 UTC 2026