Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Hoekom is Gloudina altyd so bitter?

Vr., 24 September 1999 00:00

Nog 'n sarkastiese antwoord?????

skryf in boodskap news:37EBD44A.3A681C35@sympatico.ca...
> Byter wrote:
>
>> Sonder om dan enigsins aanstoot te gee aan Gloudina, of in 'n
>> geveg met haar betrokke te raak, wil ek graag van Gloudina weet waar haar
>> bitterheid teenoor alles en almal in hierdie ng vandaan kom. Jy kan my gerus
>> reg help Gloudina, maar ek het nog nooit gesien dat jy enige iets goed oor enige
>> onderwerp of teenoor enige iemand kwyt geraak het nie. Haat jy dan Afrikaans en
>> Afrikaners?
>>
>
> Byter, lees weer wat jy hierbo geskryf het. Stem jy saam met jouself :datek bitter
> is oor almal op hierdie nuusgroep? Dat ek nog nooit iets goeds
> oor enige onderwerp kwytgeraak het nie? Stem jy met jouself saam?
>
> Gloudina
>

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Diaspora - SANSA

Do., 23 September 1999 00:00

Interesante web blaai vir die ouens aan die 'buite' kant - 'The South
African Network of Skills Abroad'. So as julle nog terugverlang en 'n
verskil wil maak ...

http://www.uct.ac.za/org/sansa/

Dievolgende vanaf hulle beskrywing:

>>>> >>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>
What is SANSA?
The South African Network of Skills Abroad links skilled people living
abroad who wish to make a contribution to South Africa's economic and
social development and connects them with local experts and projects.
Why this initiative?
The lack of highly skilled people in South Africa is a major constraint
to the country's development. However, there are large numbers of highly
skilled South Africans now living abroad. The human resources of this
"diaspora" could contribute significantly to the achievement of South
Africa's cultural, social and economic goals.
Who can be a member of the network?
Anyone, in any field, who has skills and is interested in contributing
to the new democratic South Africa. The network is not restricted to
former South Africans now living abroad, but it is principally directed
at them.

Cheers
Lou

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ongeveer 6 poste later...die persoonlike aanval

Do., 23 September 1999 00:00

Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
probleem.

Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.

Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Ek verag dit.

En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie Leendert.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Ongeveer 6 poste later....die persoonlike aanval

Do., 23 September 1999 00:00

Ek neem ons nuusgroep al so 'n rukkie waar. Volgens my
waarnemings, neem dit ongeveer 4 tot 6 poste voordat die eerste
persoonlike aanval geloods word, ongeag die onderwerp. (Sommige
gedigte, advertensies, ens. uitgesluit.)

Hier is 'n voorbeeld: So 'n wyle terug het ek en Leendert 'n
woordewisseling gehad oor Verwoerd en sy bydrae tot swart
onderwys. Leendert reken Verwoerd het eintlik die antwoorde gehad
vir die probleem, en ek glo Verwoerd was grotendeels die
probleem.

Toe Leendert niks meer kon opdis wat min of meer slim klink nie,
wend hy hom tot die ou staatmaker... die persoonlike aanval.

Hy sê toe van my: "Waar dit jou aangaan, het ek die indruk gekry
van 'n tipiese Foreign Service Brat wat in Engelse Grammar
Schools of in 'n American School in een of ander hoofstad
skoolgegaan het - met 'n paar jaar op koshuis in Affies of Paul
Roos om die agtergrond bietjie in te kleur."

Hier word iemand ge-stereotipeer net omdat hy die vermetelheid
het om nie met 'n self-aangestelde kuber-guru saam te stem nie.

Ek verag dit.

En jy het geen idee hoe verkeerd en arrogant jy is nie Leendert.

Bees.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Lekker lang naweek vir almal !

Do., 23 September 1999 00:00

Hoop julle is almal nog volgende week hier !

Geniet julle "Heritage Day" , het vandag eers uitgevind van sy
bestaan......waaroor dit gaan weet ek nie.......ons sal maar mo^re 'n
braaivleis, boerewors en bier dag moet hou aangesien dit nou te laat is om
iets te reel.

Drink by die huis en ry veilig met jou " layzee boy"

Francois

Reis & vakansie | 3 kommentare

Gedigte....

Do., 23 September 1999 00:00

Gloudina (en andere)..... wat het van die gedigte geword?

Jan van Perth.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hulp oor oud presidente

Wo., 22 September 1999 00:00

Kan iemand my dalk help met inligting oor ons oud eerste ministers en gewese
staatspresidente.Die inligting wat ek soek is soos hulle geboorte datums,hoe
hulle grootgeword het,hoe hulle in politiek begin belangstel het,en laastens
wanneer hulle oorlede is en hoe.

Baie dankie
mail my asb by
hit...@internext.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tweede Wereld Oorlog vlieeniers

Wo., 22 September 1999 00:00

Kan iemand my dalk uit help met inligting oor Suid Afrikaanse vlieeniers in
die Tweede Wereld Oorlog.As iemand my bv die lugmag musuem se website adres
kan gee sal dit help.As daar iemand is wat oupas gehad het wat in die oorlog
gevlieg of geveg het ek sal graag met julle in aanraking wil kom.

Baie dankie vir die hulp
Mail my asb by
hit...@internext.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kultuur moet keer: Nuus Groep Droog op

Wo., 22 September 1999 00:00

|Wil iemand nie asb. iets interessant plaas nie.
|
| Iets wat mens eiwerig kan bespreek.
|
|Dalk iets wat die lewe sal verbeter.
|
Francois, ek loop nou al 'n rukkie met 'n idee in my kop rond - 'n
baie dro�-klinkende onderwerp, maar ek hoop dit kan bespreking tot
gevolg hê waaruit ons almal dalk iets kan leer.

Wat is my KULTUUR?

Lekker sat, né! Maar ek is ernstig en ek dink dit kan baie
interesant wees. Dit kan byvoorbeeld wees dat ons besluit dat jou
kultuur deur jou omgewing beinvloed word, en dan vra ons almal, om
soos Pat hier vra, om van hulle omgewing te vertel.

Ek sal begin met 'n paar vrae en ek is nuuskierig om almal se reaksie
daarop te lees.

1) Wat is jou kultuur?

2) Deel jy jou kultuur met 'n groep mense?

3) Kan jou kultuur verander?

4) Wat beinvloed jou kultuur?

5) Kan jy aan meer as een kultuur behoort?

6) Kan jy 'n ander kultuur aanneem?

7) Het almal wat Afrikaans praat dieselfde kultuur?

Kan iermand aan nog vrae dink wat interesante bespreking kan uitlok?

Ons sit almal hier op 'n nuusgroep wat oor kultuur gaan, maar vir my
byvoorbeeld, is dit nog net 'n vae begrip.
Nogal interesant om die woord kultuur op 'n searchengine in te sit en
te kyk wat jy kry - lyk of heelwat russiese tale ook die woord netso
bevat.

Ek sal wegval en my mening in 'n antwoord hierop gee....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Mirage vegvliegtuie

Wo., 22 September 1999 00:00

Het iemand dalk vir my inligting oor die mirage vegvliegtuie van die suid
afrikaanse lugmag.bv die mirage f1,mirage111 ens.

Baie dankie
Mail my asb by
hit...@internext.co.za

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1159  1160  1161  1162  1163  1164  1165  1166  1167  1168  1169  1170  1171  1172  1173  1174    »]
Tyd nou: Wo. Mei 13 17:49:34 UTC 2026