Politiek het verander na konsultasie politiek. Die beginsel van Pres.
J.F. Kennedy geld hier - Dit is nie wat die land vir ‘n mens kan doen
nie, maar wat ‘n mens vir die land kan doen. M.a.w. dit is nie wat die
ANC vir ‘n mens kan doen nie, maar wat 'n mens vir die ANC kan doen. Om
klagskrifte te skryf, is goed. Maar dit is beter om oplossings te soek,
bestudeer, en evalueer. Wys swak en sterkere aspekte van elke oplossing
uit. Daarvoor is groep bespreking nodig. Bespreek die onderwerp veral
met ander rasse en godsdienste, om hulle opinies te verkry. Heg ten
minste drie oplossings aan, asook evaluasie op skrif van elkeen, en
beveel een aan, met skriftelike redes.
Gebruik Dr. Edward De Bono se Lateral Thinking tegnieke, veral die Six
Thinking Hats metode. Hy het o.a. Singapoer gehelp. Dit is hoe
resultate gelewer word, vir al die mense in SA. D.m.v. betrokkenheid.
Sterkte. Mag God u lei, onderskraag en seen op hierdie heilige taak wat
u voortaan lewer, vir al die mense van SA. 'n Mens sal moet leer om te
gee en gee en gee. Baie pragtige Kerk. Het baie van hulle geleer. Van
nou af sal 'n mens moet leer om nie die man of groep, maar die bal te
speel.
Wat baie belangrik is, is die ANC se standpunt dat daar nie geld is
nie. Daarom moet goedkoop oplossings gevind, evalueer en aangeheg word.
Indien Christus weer kom, wat gaan ons Hom antwoord, op die vraag - Wat
het jy met jou talente gedoen? Indien ons Hom kan wys, kan Hy ons
uitnooi - Kom saam met my Paradys toe. Probleme bestaan nie, net
geleendhede. Wanneer een eers raakgesien en hanteer is, kan daarop
verbeter en verbeter word. Om ‘n beter land vir almal te verseker. U
kan in die media verduidelik van hoe u oplossings in SA in werking
gestel is, om ‘n beter lewe vir almal te verseker. Die publiek kan
uitgenooi word om deel te neem aan hierdie proses, en met goedkoop
oplossings vorendag kom. Vergeet van uself - dink aan u land en al die
mense - die hele SA en Sadec.
Die ANC kan Dr de Bono se tegnieke gebruik om oplossings te evalueer.
Skielik raak die Hollanders erg bedrywig op die nuusgroep as hulle gewaande
morele meerderwaardigheid 'n bietjie in die spervuur kom, hmmmm?
Lyk my 'Ollanners hou van "openheid en eerlikheid" so lank dit net _hulle_
is wat dit beoefen? (Of terwyl die minderwaardige spesies van die mensdom
"oop en eerlik" slegs hul eie sondes bely!)
Lyk my die Hollandse huid is so dun as wat die Hollandse tong skerp is!
Jy skryf:
Charlie De Vos wrote in message ...
> Leendert wat zit jij nou altijd uit je nek te kletsen, alsof je het grootste
> verstand van Afrika bent.
van Afrika _en_ Europa, Charlie -
as mens sou oordeel aan die intellektuele vlak (met die lofwaardige
uitsondering hier en daar) van Europese bydraes tot hierdie nuusgroep :-)
Arthur ik ben het met je eens dat "Ollanners" neerbuigd klinkt, het was mij
ook al opgevallen. Maar aan de andere kant kan ik ook wel begrijpen dat er
soms irritatie is bij de Afrikaners, sommige Hollanders doen ook neerbuigend
over hun.
Ik stel voor dat wij (Hollanders) en Afrikaners elkaar met wederzijds
respect behandelen.
groetjes, jurgen
Arthur Hagen heeft geschreven in bericht
...
> Leendert van Oostrum schreef...
>> Hmmmm.......Myrte, Arthur, Charlie.......
>> Lyk my 'Ollanners hou van "openheid en eerlikheid" so lank dit net _hulle_
>> is wat dit beoefen?
>
> Leendert, je noemt hierboven twee Nederlanders (waarvan in ieder geval één
> 'n Hollander) en 'n Belg en direct daar achter aan maak je deze opmerking
> over Hollanders. Het lijkt me dat je nu toch de weg een beetje kwijt bent.
>
> Ik mengde me overigens eerder eigenlijk alleen maar in de discussie omdat ik
> me al een tijdje erger aan je ongenuanceerde uitspraken over Nederlanders
> (of Hollanders) in het algemeen ....... en om de één of andere reden ergert
> het me ook als je 'Ollanners schrijft. Ik kan niet helemaal verklaren
> waarom, maar het klinkt nogal neerbuigend.
>
> Arthur
>
We have a large stock of high-quality cassette courses in Afrikaans
available. The album consists of 6 cassetes and 5 accompanying books.
Ons beskik oor 'n groot voorraad van selfstudie kassettetaalkursusse van hoë
gehalte. Die album bestaan uit 6 kassette en 5 begeleidende boeke.
Contact:
Kontak:
World of Learning
pi...@icon.co.za
tel: (27 11) 880-3702 (in Johannesburg)
Ek het `n poslys oopgemaak waar ons lekker oor die huidige
omstandighede in SA kan gesels en saampraat.
Daan gaan nie kerke ens. gepraat word nie, maar lekker oor idees en
wat vorentoe voorlê.
Indien iemand belang sou stel om op die lys te kom, stuur my net `n
e-pos na rsa...@intekom.co.za en ek stuur vir jou `n uitnodiging om
gratis aan te sluit.
Dink nie julle maak mooi nie, mense. Julle praat nou politiek en ander ....
terwyl die opskrif bo na ABSA verwys. Kom terug tot die punt. as julle oor
ander kwessies in die land wil praat, maak dan 'n ander opskrif...
---kondor---
Frikkie Potgieter wrote in message ...
> Ek weet werklik nie hoekom almal so kla oor Afrikaans, petrolpryse ,
> alles, alles en nog meer alles nie.....
> Is dit dan nie wat almal wou gehad het nie....Nee, daar is van ons wat
> dit nie so wou hê nie, selfs swartes wat nou kla.....
> Wat gaan ons nou doen is die vraag.... Nee wat ons ploeter maar saam,
> ek het darem nog `n werk en `n huis.
>>
> en wat hierop volg vanuit vorige boodskappe......
"Wat weet jy van Kanada se probleme? Weet jy dat daar mense iswat
op mekaar skiet
in die Maritimes op die oomblik?"
Wat is jou punt? Dat Kanada ook probleme het? Alle plekke het
probleme, en almal weet dit.
Om die voorbeeld hierbo aan te vat: Hoeveel mense is dood in die
skietery? (Jy weet ook dat binne 'n dag of twee die FN
vistermanne 'n onderhandelde moratorium aangekondig het.)
Mens kry die idee jy probeer om SA se issues afmaak as niks deur
te sê: "daar is ook (soortgelyke) probleme in ander lande." En
daar is - maar die OMVANG van die probleme is die eintlike saak.
En daar sit jy die pot mis, Gloudina. Jy is of aspris, of jy het
tred verloor met SA en die omvang van sy probleme.
Om jou stelling in konteks te plaas: Kanada is 'n plek is met 1%
inflasie, omtrent 7% werkloosheid, met 'n per kapita inkomste van
C$30,000 per jaar (R125,000). Elke jaar in die laaste vyf jaar is
Kanada aangewys deur die VN as die beste land op aarde, op balans
van baie faktore, om in te woon. Belastingkoerse is relatief hoog
(die marginale koers in Alberta is 46%) maar dit is tree ook eers
in werking by C$62,000 (omtrent R250,000) en mens kry baie
daarvoor - soos mediese dienste en hoogs gesubisideerde onderwys,
tot op universiteitsvlak. Toe ek weg is uit SA was die marginale
koers baie soortgelyk, en het al by omtrent R70,000 in werking
getree. (Wat is dit nou?)
Die "native issues" in Kanada is minimaal in werklikheid. Ek sê
nie daar is nie belangrike dinge om reg te stel nie, maar nie
getalle is aan die regering se kant. (Daar bly meer mense in, sê
maar, Brandfort in die Vrystaat as in die hele Nunuvut wat so
fisies so groot soos SA is.) En daar is baie welaf, ekonomies
aktiewe mense in plekke soos Ontario en Alberta om daarvoor te
betaal.
Nee Doudie, laat mense hulle sê sê. Dit is net eenvoudig nie
geloofwaardig om voor te gee dat SA se probleme nie wesentlik is
net omdat dieselfde probleme (op 'n totaal ander skaal) ook in
plekke soos Kanada voorkom nie. Skaal en omvang is wat sosiale
probleme defenieer, nie die absolute voorkoms al dan nie.
Ek het die stukkie uit die volksblad uitgehaal van 2/10/99.
Ek wil nou net weet is dit nie rassisties of het ek dit verkeerd waar
kom Lekotta daaraan dat dit nie is nie.
Tempe-man 'moes 200 geskiet het'
UMTATA. - "Hy moes nie net agt wittes doodgemaak het nie, hy moes 200
doodgemaak het; dit sou nog beter gewees het," sê mev. Angelina
Tshise, tante van lt. Sibusisu Madubela, die Tempe-skieter.
Haar harde woorde word telkens beaam deur Madubela (28) se ma, tantes,
neefs, niggies en susters in die armoedige eenvertrek-huisie in
Mazizini, net buite dié stad.
Hulle meen hy het sy lewe opgeoffer in die stryd teen die verdrukking
van swart soldate van 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon in
Bloemfontein.
"Ons begrawe 'n soldaat, 'n held. Sy dood was 'n oorwinning vir die
struggle. Hy het sy lewe gegee om sy makkers te red," sê Tshise.
Nog 'n vrou maak haar stem hard in die vertrek waar drie kerse vir
Madubela se nagwaak brand. "Sibusisu het altyd gesê die struggle is
nie verby nie, dit moet voortgaan. Ek bedoel die gewapende stryd.
"Ons voel niks vir die mense wat hy doodgeskiet het nie. Hoekom moet
ons iets voel vir die wittes? Swartes word nog verdruk en die regering
vir wie ons gestem het, help hulle."
Madubela se ma, Tiny (59), sit kiertsregop en met 'n strak gesig teen
die muur. Van tyd tot tyd maak sy die kwaai stemme met 'n tongklap
stil. Sy en haar familie is stoere PAC-ondersteuners en hulle is trots
op haar "skaam, briljante seun".
Van kleins af wou hy net soldaat wees. In 1990 het hy stilweg verdwyn
om na Tanzanié te gaan vir militêre opleiding. Vir vier jaar het hulle
nie geweet of hy lewend of dood is nie. Met sy terugkeer in 1994 het
hy hom soos duisende ander by die "nuwe" weermag aangesluit.
"Maar die wittes wou hom en sy makkers nooit aanvaar nie. Hulle het
hom en sy vorige opleiding as minderwaardig beskou en sy wit juniors
het sy rang geminag."
Die naweek voor die menseslagting van 12 September, toe hy tuis was
vir sy pa se begrafnis, het hy "buite homself" geraak toe sy eenheid
hom gebel het om te sê hulle gaan sy salaris nie betaal nie omdat hy
afwesig was sonder verlof.
"Skaam seun wat hy was, het hy my as sy ma dadelik van sy frustrasie
kom vertel."
Sy gesin het die Saterdag voor die skietery die laaste keer van hom
gehoor. "Hy is die enigste broodwinner in 'n familie van 15 en ons het
gebel om te hoor wanneer hy die maand se geld stuur. Hy het gesê hy
onderhandel nog met sy seniors," sê sy ma.
Die familie is woedend omdat nóg die weermag, nóg die regering met
hulle in verbinding was sedert Madubela se dood. Niemand het aan hulle
gesê hoe hy gesterf het nie. Hulle het onder meer gehoor dat hy
homself geskiet het. Hulle is trots dat hy deur die PAC begrawe gaan
word. "Ons wil nie wit soldate op sy begrafnis hê nie," sê Tshise.
Mnr. Gilbert Seneke, adjunk-sekretaris-generaal van die PAC in
Oos-Kaap, het gister gesê die PAC sal Madubela met volle militêre
eerbewys begrawe. "Ons sal die uniform van die struggle dra en beplan
om 'n saluut af te vuur. Baie soldate van basisse benewens Tempe sal
in burgerlike drag vandag se begrafnis bywoon."
Die polisie sal 'n wakende oog oor die begrafnis hou. Hulle sal egter
na gelang van omstandighede besluit of dit wenslik is om
begrafnisgangers te ontwapen al dan nie.
"Ons wil nie onnodig konfrontasie veroorsaak nie," het sr.supt.
Marinda Mills, woordvoerder van die polisie in Oos-Kaap, gesê.