In antwoord op Leendert en Gloudina se "gesprek" van 12 deser die volgende:
(Ek wens ek het geweet waar op die aarbol julle tans verkeer. Kommunikasie
word aansienlik vergemaklik as jy weet aan watter kant van die teleskoop die
ander ou staan en wat sy gesigshoek aangaande dinge is.)
Gloudina verwys na die pot-heuning wat sy in sg. swart-onderwys kon verdien.
In antwoord hier op kan ek net reageer met : "Dream on, old girl!" Niemand
in die onderwys - wit of swart -
het ooit daardie pot goud gesien nie! Ek weet, want ek was daar! Daar was
verskille in wit en swart salarisse. Dit gee ek toe. Maar die stelsel het
hom grootliks daartoe geleen in die sin dat meeste wit onderwysers
sogenaamde "gesekondeerde" amptenare was wat deur die RSA regering betaal
is. Die "tuislande" het 'n mate van onafhanklikheid gehad en kon grootliks
hulle eie kurrikula en diensvoorwaardes saamstel. By swart kollegas het
byvoordele dikwels ontbreek - pensioen, medies, ens. Daarmee het ek empatie.
Wat die leerplanne betref, kan ek vermeld dat in die meeste gevalle
(Bophutatswana, ens), leerplanne noukeurig saamgestel was deur 'n instituut
vir onderwys wat aan 'n universiteit gesetel het. In sommige gevalle was
hierdie institute grootliks deur veral Britse dosente beman. 'n Redelike
mens moet toegee dat die "uitlander-probleem" (daar is niks nuut nie, né!)
dikwels sake bemoeilik het.
Ons moes bv. voorgeskrewe boeke deur Tolstoy behandel! Insgelyks was daar in
daardie jare
'n "book embargo" teen S.A. Ons moes dikwels 6 maande wag vir die boeke om
via
Botswana ingesmokkel te word. Daar was ook ander wesentlike didaktiese
probleme.
Beurse is aan studente toegeken om hulle in die onderwys te bekwaam. Baie
van hulle wat geen belang by die onderwys gehad het nie, het dié geleentheid
aangegryp in 'n poging om 'n kwalifikasie te bekom. Sodra die kursus
afgehandel was, het hulle beter opsies in die privaatsektor aanvaar.
Sodoende het die onderwys as geheel onsettend skade gely.
Vir my het die jare in swart onderwys net mooi herinneringe. As beroep leen
die
onderwys hom tot verhoudinge tussen mense. Ek was aan 'n onderwyskollege
verbonde en beskik oor die nodige kwalifikasies. Ek weet van min "pasella
jobs" in hierdie betrokke sektor.
Voorts : In hierdie sektor is ek soos 'n "witman" behandel ( dit staan u vry
om die metaforiek
disjunk, ajunk of konjunk te interpreteer!). Ek het ook by groot wit skole
(glaspaleise)
skoolgehou en daar het ek my dikwels vir die megalomaniese, diktatoriale,
kleingeestige en voorskriftelike "verhoudingstruktuur" vervies. Dit is die
eufemisme van die eeu! DAAR was 'n meneer 'n meneer en voor 'n doktor moes
jy kniel. Vra maar enige kollega wat dit beteken
om "ingeroep" te word. Die doodsteek van blanke onderwys lê daar in dat
hulle net die
B.Sc. ouens bevorder het. Ek het 'n getuigskrif in my besit wat so vol
spelfoute is dat ek te skaam was om dit ooit te gebruik! As jy in blanke
onderwys nie 'n sportonderwyser was
en die skoolbus kon bestuur nie, was jy niks!
Aangaande die kwalifikasies van swart kollegas: Aanvanklik het hulle 'n PTC
(Primary
Teachers Cert.) ontvang. Hiervoor was die toelatingsvereistes eers St.6
gevolg deur die twee jaar PTC. Later was St. 8 die toelatingsvereiste. Toe
Matriek. Toe word die PTC 'n PTD.
Cert. word vervang deur Diploma. Toe volg die STD (Secondary Teachers
Diploma).
Baie universiteite het dit goed gedink om hulle B-grade vierjarige kursusse
te maak. Hierdie oënskynlike ambivalensie in kwalifikasies is egter nie net
in Suid-Afrika ondervind nie.
Gaan kyk maar op die Net hoe gaan dit op ander plekke.
Baie van ons wat hierdie paadjie geloop het, sal die volgende dinge goed
onthou:
Rybeurte ( in ons geval 180 km per dag) om geld te spaar.
Warm vriendskappe met die "ander" deel van ons bevolking
Die besef dat jy "iets" bygedra het tot vooruitgang.
Die aangename "herontmoetings" as jy 'n oud-leerling iewers raakloop -
baie van hulle
vandag Prinsipale van hulle eie skole.
Die "lekker" werk. Ek wonder wie van die ou garde "wit" onderwyser sou
bereid
wees om "onder" 'n swart Rektor of prinsipaal te werk. Wat ons gedoen
het, was nie net
om den brode nie.
Ten slotte : onderwysposte bestaan nie meer in Suid-Afrika nie. Dit is nou
as jy nie bereid is om in 'n "Beheerraadspossie" vir R1,500.00 per maand te
gaan slawe-arbeid verrig nie.
sjoe ek lees al 'n hele rukkie met onbeskryflike belangstelling die doen en
late en sieninge van mede-Afrikaners/landgenote...maar alle standpunte (ek
respekteer geniune elkeen van die baie verskillende standpunte)is
eensydig..elkeen hetsy die van ANC of van Afrikaner,Boer of Brit, Reg of
Verkeerd of wat ook al verteenwoordig dit wat daardie individu voel of dink
....met ander woorde dit is net nog 'n standpunt/denke nie noodwendig DIE
STANDPUNT nie
ek het dringende behoefte aan die BALANSSTAAT van alle denke, (dit wat vir
EN teen) betreffende elkeen van elke vraagstuk/e in ons komplekse maar
DIERBARE land. dit wat ek vra is die onmoontlike...die rede weet ek
nie...almal soek DIE ANTWOORD op alle probleme...wat ek glo nie moontlik is
nie........rede: ons is te metropolitiaans/kosmpolitiaans.....of wat ook
al....dalk is daar te veel base vir die probleme/ashope..dalk wil te veel
mense base(hane) wees en daarom is daar dan te min ashope.....hoe sal ek
weet........
dalk is ons besig om ons mission op die aarde te mis...hoekom is ons hier
...om Afrikaans/ons land te red of ons siele...wens ek het DIE antwoord
geweet......
al wat ek vanaand weet ...dit is nadat ek deur 'n helse smeltkroes in my
lewe is ...en in hierdie proses het ek besef dat almal in hierdie FANTASIESE
land die veldblommetjies (dit wat eintlik saak maak) onder ons voete
vertrap terwyl ons die patiotiese stryd stry......en ek weet dat ons eendag
sal moet rekenskap daarvan sal moet gee
so ek pleit vanaand moenie die stryd van dit waarin jy glo prysgee
nie..............maar moet ook nie die veldblommetjies wat jy van God
pasella gekry stukkend trap nie.................
Interessante stukkie syfers opgetel aangaande die "proliferasie van dinge"
soos Gloudina dit stel. Sien aangehegte html-blad.
Mense met koppe vir syfers kan my afleidings gerus kritiseer.
Groete, Leendert
My liewe Leendert, niemand twyfel dat daar 'n geweldige aanwas in die
getalle van studente wat in die sestigs en daarna in die skoolsisteem ingebring
is nie. Dit was deels normale ontwikkelling, deels die doel van die apartheids-
filosofie om aparte ONTWIKKELING te bring.
Aitsa! Daar was dus "ontwikkeling" ter sprake! Né, hé!
Aanvanklik was die
begin van Bantoe Onderwys selfs verwelkom deur sekere instansies. Dit
het byvoorbeeld moontlik geword om eenvormige salarisskale daar te
stel en te dink aan pensioen-skemas vir die onderwysers in staatsskole.
Die eerste hoof van Bantoe-Onderwys was Frank de Villiers, 'n gerespekteerde
opvoedkundige wat hoofinspekteur vir swart onderwys was in Kaapland (en
die pa van een van my universiteitsvriendinne met wie ek nou nog kontak hou.)
Dis eers na 'n ruk dat die rot begin inkom het. Dat die mense wat werklik daar
was vir die liefde van die werk begin sien het hoe die klomp carpetbaggers
(gewoonlik van Transvaal) ingekom het en dinge oorgeneem het. Ek dink in
die sewentiger en tagtigerjare het 'n nuwe soort mens die apartheidsregime begin
oorneem. Geharde gewetenlose mense, wat vir geen duiwel gestuit het nie. Dis
die dat daar na 'n ruk 'n reaksie teen die regime gekom het van mense binne die
Nasionale Party. The rest is history.
Ah! Ek dag dis die _eerste_ geslag wat vir ons almal vertel hoe boos Verwoerd se beleid was. Nou sê jy dit was hunkey Dorey, dis eintlik BJ en PW se se era wat so boos was!
Die huidige problematiek in die onderwys is nie net tot formele onderwys beperk nie. Die sg. "lost generation" vind geen baat by ABET nie. Hulle draf saans klas by enigiemand wat bereid is om te help. Vir diegene wat werk het ( en hulle is min!) beteken geleerdheid bevordering EN menswaardigheid. Ons mense is "leerhonger". Die owerhede sal moet omsien na hierdie tipe volwasse onderwys. Dit is pateties om te sien hoe 'n groot man met 'n verweerde fotostaat in sy hand tydens sy etensuur "studeer". Miskien moet ons by die Duitse stelsel (politegniek) gaan kers opsteek. Die werkgewers sal 'n veel groter diens aan die gemeenskap bewys ( as wat tans deur die sg. NGO's gedoen word) deur hulle mense toe te laat om blokkursusse by te woon waar gestruktureerde programme gevolg kan word. En die Staat is die grootste werkgewer! Ek is nie 'n profeet nie, maar van Outcomes Based Educ. gaan minder as niks kom nie. Dit verskaf die basis vir 'n assesseringsmeganisme, maar dra net mooi niks by tot wat uiteindelik in 'n mens se verstand gaan vassit nie. Kennis wat nie aangewend kan word nie, is nutteloos. As iemand net vir my kon sê wat 'n "Elective" en 'n "Unit Standard" is. In vroeë kinder-onderrig (ECD) kan dit werk, want dáár is onderwys verwyder van kognitiewe kennis (doelbewuste aanleer van feite). Leer vind voorskools kousaal plaas, maar as jy gaan sit en swot is dit 'n "different kettle of fish". Mog die tweede dwaling nie erger as die eerste wees nie!
Moenie te veel bodder met "electives" en "unit standards" nie Sam (Isaacs) weet self nie. (Hy dink hy weet.)
Dis hoekom ek my kinders self by die huis leer. Dan weet ek wat hulle leer.
En, o ja! Moenie te veel verwag van die assessering wat uit OBE gaan kom nie. Dis helheid subjektief.
I guess you're right. I've said too much, and in the wrong language. I
won't bother you again.
Best wishes,
David
_______________________________________
@sympatico.ca wrote in message
...
> Adam wrote:
>
>> Gloudina:
>>
>> Stick to what you know. Bees is right. You have interesting things to say,
>> but if you make yourself look ridiculous in this way, no one's gonna listen.
>>
>> David
>>
>
> Dis tyd, my liewe David, dat jy begin Afrikaans praat op
> hierdie nuusgroep.
>
> Gloudina
>
Perhaps Gloudina does sometimes use a single anecdote to prove a general
point, and perhaps it's true that the anecdote is often not typical.
But in this case, she is right, and the anecdote does illustrate what was
happening generally.
Do you remember (or have you heard about!?) when the SA Railways started to
give preference to whites, at a higher salary than was being paid to blacks
(the so-called "civilized wage")? I believe it was Smuts that initiated
that in the 1920s, under some pressure from Hertzog. The objective was to
use the power of the state to solve the "Poor White" problem, albeit at the
expense of "Poor Blacks".
Well, Bantu Education was used for a similar purpose to the "civilized
labour" policy of the Railways. From the 1950s, it provided sheltered
employment to many lower middle class whites who could not find jobs in the
white school system. Of course, many of these people were good and
dedicated teachers. But on the whole, they were people who had their jobs
by virtue of their skin colour and home language, and not surprisingly a
large number of them were second and third rate, as well as contemptuous of
their students.
I am disappointed that no one replying to Gloudina shows any real knowledge
of the history of Bantu education and the role of the white (overwhelmingly
Afrikaner) teacher in the system.
If people refuse to recognize what happened in the past, they will continue
to suffer for it in the future.
Byter wrote in message ...
> Weereens stel Gloudina haar persoonlike belewenis van gebeure by Adam's Mission
> (net een skool) as die wet van Meders en Perse. Ander mense belewe dieselfde
> gebeure anders en dis hulle weergawe van realiteit.
>
> En watse hatigheid is dit met die Transvalertjies, he? Hulle is mos nou nie
> beter of slegter as kanaalape nie, of hoe?
>
> Sa, manne! Vat die antie vas!!
>
>
>
> In article , @sympatico.ca says...
>>
>> Leendert van Oostrum wrote:
>>
>>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>>
>> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
>> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
>> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
>> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
>> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
>> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)
>>
>>> Gloudina
>>
>
****************************
Ek wonder watter pot heuning ek kon gemaak het in die apartheidsjaredeur in
swart skole skool te hou. Dit was wel waar dat wit onderwysers
in dieselfde skole meer geld gekry het as hulle swart kollegas wat dieselfde
of somtyds beter werk as hulle gedoen het. In die laaste skool waar ek was,
was daar baie wittes met minimale onderwys-opleiding (vrouens van wit
onderwysers, ou ooms wat werk gesoek het nadat hulle afgepensioneer is) en
hulle het meer gekry as swart onderwysers met een of meer grade en 'n
onderwysdiploma.
*****************************
Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
gekwalisfiseerde wit onderwysers. Ek onthou dat ek (in wit skole) onderwys
gekry het van verskeie mense wat geen onderwyserkwalifikasies gehad het nie.
(My ma, 'n mediese dokter, het byvoorbeeld op 'n tyd onderwys gegee in 'n
Engelse laerskool.) Enkele van my onderwysers het, om die waarheid te sê,
geen voltooide naskoolse kwalifikasies gehad nie. Ek neem aan die
gekwalifiseerdes het almal afgesit na swart onderwys toe.
Benewens die baie wittes "met minimale onderwyseropleiding" waarvan Gloudina
praat, en wat in swart onderwys aangewend is, was daar nog boonop nie genoeg
swartmense met die nodige kwalifikasies nie. Volgens die 1954-toespraak van
Verwoerd, wat Simon aangehaal het, kon die "voor-apartheid" onderwys vir
swartmense nie te wonderlik gewees het nie. Slegs 40% van swart kinders het
onderwys ontvang. Amper die helfte van die swart kinders in skole was in Sub
A of Sub B. 10% het Standerd 2 bereik, 3.5% het Standerd 6 bereik, 0.5%
Standerd 8 en "'n baie klein getal" Standerd 10.
Die bestaande onderwys vir swartmense het klaarblyklik nie genoeg mense
gelewer wat onderwysers kon word nie, en duisende swartmense is toe na
standerd ses of agt 'n tweejaaronderwyseropleiding gegee (amper soos wat in
die na-oorlogse jare ook in Nederland en elders op die vasteland met
onderwyseropleiding gedoen is), en is daarna in swart skole aangewend (met
groot sukses, volgens wat ek verneem). Baie van hulle is nog in die stelsel,
maar oor die jare is die kwalifikasievereistes vir swart onderwysers met
verdrag verhoog tot M+4 soos vir wittes.
As ek nou hierna kyk, lyk dit vir my asof daar in die vyftigs/sestigs 'n
geweldige behoefte ontstaan het aan onderwysers vir swart gemeenskappe. Ek
meen - al daardie ondergekwalifiseerde mense, en mense wat met vet salarisse
van wit na swart onderwys gelok is. Nou wonder mens hoekom dit sou wees. Kan
dit wees dat daar skielik _meer_ onderwys aan swart kinders verskaf is?
In die eerste vyf jaar na 1994, het die teenoorgestelde gebeur:
honderdduisende onderwysers is in die pad gesteek - die meerderheid van
hulle swartmense en, uit die aard van die saak, uit swart skole, dus.
Tientalle onderwyskolleges is gesluit - amper almal van hulle voormalige
"swart" kolleges.
Nou hoekom sou dit dan wees dat daar skielik - na die einde van
"apartheid" - nie meer 'n behoefte aan onderwysers - ook swart onderwysers
is nie?
Curiouser and curiouser............... Sou daar skielik minder kinders wees?
Of was daar te veel onderwys tydens "apartheid"?
en toe jy nie eers by 'n swart skool kon hoof word nie, toe pak jy maar op en
trek soos 'n sleg ene en nou sit jy en verkondig aan almal hoe stupid jy is en
hoe onkundig jy is daar in Kanada en watter weird mense jy ken wat vir jou
vertel alles gaan nog goed in 'n land wat jy nie eers sal erken as mens jou daar
vir vyf jaar loslaat nie.
Hoes jy so onnosel om vir almal te vertel jys te sleg om by 'n swart skool hoof
te word, nadat jy jouself hier voor almal as tweederangs beskryf. Ek hoop nie
jy het met studente omgegaan nie - toe jy is suidafrika was was dit onwettig om
met anderskleuriges om te gaan. Het jy kinders by hulle gehad?
Aijaijaijaiaaaai, dis maar jammer om iemand soos jy te sien daar in die verte so
verbitterd en blind doodgaan van skaamte omdat hulle weggehol het en nie help om
dinge te verander nie. En dan val jy onskuldige mense aan net om jou skuld en
domgeid weg te steek. Ook maar tipies vroumens! As die internet dit toegelaat
het sou jy seker vir ons nog krokodiltrane ook kon vorendag bring!
@sympatico.ca wrote:
> Leendert van Oostrum wrote:
>
>> Hmmmmm....... Die swart onderwys moes inderdaad aantreklik gewees het vir
>> gekwalisfiseerde wit onderwysers.
>
> Nee, ongelukkig Leendert, was die wit onderwysers (gewoonlik Transvalers)wat
> afgesit het na swart onderwys toe Bantoe-Onderwys begin posvat het,
> meestal tweederangse mense wat ambisie gehad het om skoolhoofde te word.
> (Daar is niks meer naar as onderwysers wat met die leer wil opklim nie. Dis
> gewoonlik mense wat nie daarvan hou om met studente om te gaan nie en dan
> in 'n kantoor wil sit, gewoonlik met meer geld.)
>
>> Gloudina