Ek het onlans vir my 'n erf aangeskaf in Woodlands in PTA
www.lifestyle-estate.co.za . Die boustyl word vooraf gespesifiseer en ek
soek na links na sites waar ek voorbeelde van die spesifieke styl (American
southwest coast) kan kry.
Ons het hier gespreek oor blou, maar hier is 'n betoog oor DIT.
Ook uit die Burger/
Gr. Rico
26/02/2001 19:14 - (SA)
'Dit' skuil agter vele vermommings
Fritz Ponelis
Die voornaamwoord dit wat in die volgende sinne gebruik word, is algemeen
gebruiklik en baie bekend: dit hinder hulle blykbaar nie; dit is 'n fout;
stel dit liewer anders. Maar dit kruip agter 'n verskeidenheid vermommings
weg.
In sekere verbindings word hier en daar in plaas van dit gebruik: daaraan/
hieraan gewoond wees; daarvan/hiervan hou; daarop/hierop reken;
daarteen/hierteen besluit; daarvoor/hiervoor stem. Dié daar en hier is in
betekenis en gebruik gelyk aan dit. Hulle is dus voornaamwoorde, hoewel
hulle soos die ruimtelike bywoorde daar en hier lyk. Die ruimtelike bywoorde
(of bywoorde van plek) word gebruik in sinne soos: Hulle staan hier; Sit dit
asseblief daar neer.
In die spreektaal is daar 'n sterk neiging aan die opkom om dit in plaas van
hier en daar in die pas genoemde verbindings te gebruik; dus bv.: van dit
hou (in plaas van daarvan hou), op dit reken, vir dit stem. Dit is asof die
spreektaal die vermomming van dit afhaal.
Dié daar en hier met die waarde van dit is iets wat die Germaanse tale in
die geheel van hul susters in die Indo-Europese taalfamilie, soos Frans of
Russies, onderskei. Afrikaans het dus iets behou van dié tipies Germaanse
verskynsel wat al duisende jare oud is.
Daar met die waarde van dit word ook aangetref in die woord "daarenteen",
wat letterlik "teen dit" beteken. Verder tref ons 'n soortgelyke daar aan
in: daar word gesê/aangevoer/vertel/ vermoed dat . . . In dié geval bestaan
daar ook 'n neiging om die daar deur dit te vervang: dit word gesê dat . .
., ens.
'n Tweede verskyningsvorm van dit is dien: met dien verstande, te dien
einde, dienaangaande, dienooreenkomstig, sedertdien, dientengevolge,
bowendien, buitendien. Dit kom ook hier na vore in parafrases soos:
aangaande dit, sedert dit. Soos des is dien 'n argaïese deftige vorm wat op
pad is om uit te sterf. In gewone taal is dit van die hele reeks met dien
net "sedertdien, bowendien, buitendien" wat nog gebruiklik is.
'n Vorm verwant aan dien word aangetref in die idioom: Wiens brood men eet,
diens woord men spreek. Dié spreekwoord is een stuk argaïese Nederlands wat,
interessant genoeg, as 'n lewende idioom in Afrikaans gebruik word. Die
diens van "diens woord" is "dié se"; dus: dié se woord. Met die Nederlands
is daar 'n enkele kinkeltjie, nl. die vorm "spreek". In korrekte Nederlands
is dit natuurlik "spreekt", maar in die Afrikaanse spreektaal het ons van
die "t" aan die einde ontslae geraak.
Nog 'n gedaante waarin dit hom voordoen, is des, in 'n klompie formele en
selfs deftige vorme: desnieteenstaande, desnietemin, desondanks,
desbetreffend, desverkiesend, desgewens, desbevoeg, desgelyks, desgevraag,
deskundig.
Parafrases van dié vorme bring aan die lig dat des deur dit vervang kan
word: desnieteenstaande = nieteenstaande dit, desondanks = ondanks dit,
desbetreffend = wat dit betref, deskundig = kundig wat dit betref. Des is
hier 'n ou naamvalsvorm van die element waaruit Afrikaans se dit ontstaan
het.
Taalhistories is daar duidelike verskil tussen des in die gevalle bo en die
des wat in die volgende uitdrukkings gebruik word: steen des aanstoots,
sonder aansiens der persoons, kind des doods, kwelling des geestes, in my
dag des lewens, desnoods. Die des van bv. "steen des aanstoots" is 'n vorm
van die lidwoord "die" wat nes die des van bv. "desnietemin" stokoud is en
tot 'n handjievol vaste uitdrukkings besperk is.
Die des- van die volgende woorde is weer heeltemal iets anders: deshonoreer,
desillusie, desinfekteer, desintegreer, desorganiseer, desoriënteer. Dié
des- is 'n voorvoegsel wat nog in ouer Afrikaanse woordeboeke voorkom, maar
vandag glad nie meer gebruik word nie.
Teenswoordig gebruik ons dis- in plaas van des- in dié gevalle: dishonoreer,
disillusie, disorganiseer, ens.
Al die ou min of meer lewende ekwivalente van dit laat blyk dat 'n taal ou
vorme nie sommerso op die ashoop laat lê nie, maar altyd nissies het waarin
sulke ou veterane 'n kansie kry om iets te doen, al is die takie ook hoe
beperk. So klink die verste verlede in die taal deur wat ons elke dag
gebruik.
Engels se invloed nie net woordjie hier en daar
Fritz Ponelis
Die invloed van Engels op Afrikaans is nie 'n kwessie van 'n woordjie hier
en 'n Anglisisme daar nie. Dit is 'n baie omvattende verskynsel wat spruit
uit die tweetaligheid van Afrikaanssprekendes, uitloop op taalvermenging en
alle vlakke van die Afrikaanse taal raak.
Die meeste Afrikaanssprekendes is tweetalig: Hulle is naas Afrikaans ook
Engels op die een of manier magtig. "Tweetaligheid" moet hier in 'n heel
tegniese sin verstaan word as die vermoë om 'n tweede taal op die een of
ander wyse te hanteer. In die omgang word na mense as tweetalig verwys
wanneer hulle byvoorbeeld Engels baie goed of selfs perfek beheers.
"Tweetalig" beteken hier dus eintlik "vlot tweetalig". Maar tegnies word
onderskei tussen tweetaligheid, die omvattende of algemene verskynsel, en
dubbeltaligheid, wat neerkom op maksimale of vlot tweetaligheid.
Om as tweetalig deur te gaan hoef 'n Afrikaanssprekende dus geensins oor
volmaakte Engelse kundigheid te beskik nie. Jy hoef nie eers Engels te kan
praat nie. In tegniese sin is jy tweetalig wanneer jy Engels net passief of
reseptief beheers, dus wanneer jy na Engels luister, byvoorbeeld op die
radio of TV, of Engels lees.
Dit lê voor die hand dat selfs minimale kennis van Engels groot waarde het,
want deur die ander taal word die wêreld van daardie taal ontsluit. Daar is
ook koste aan verbonde, omdat die ander taal, soos Engels, terreine by die
moedertaal begin afneem. Kortom, Afrikaans raak afhanklik van Engels.
Taalvermenging
Die mate van Engelse invloed op Afrikaans is so hoog dat dit uitloop op
taalvermenging. Die Afrikaanse omgangstaal, van die Kaap tot aan die
Limpopo, is 'n mengeltaal. Die Afrikaanse omgangstaal bevat naas derduisende
Engelse woorde en uitdrukkings groot aaneenlopende brokke Engels. Dié
geweldige mate van Engelse invloed maak die verskil tussen die omgangstaal
en die meer versorgde taalgebruik des te groter.
Engelse invloed het 'n uitwerking op alle vlakke van die Afrikaanse taal:
die ortografie, uitspraak, woordeskat en grammatika. Onder Engelse invloed
word die neiging versterk om samestellings los te skryf, bv. "onderdak
parkering" instede van "onderdakparkering", "rente opbrengs" instede van
"rente-opbrengs". Wat die uitspraak betref, het Engelse invloed byvoorbeeld
die gewoonte laat inslaan om die "r" aan die woordeinde weg te laat, soos in
"klaa', hie', wee' ".
Onder die magdom Engelse woorde wat oorgeneem word, is van die gewoonstes:
anyway, boring, charming, cherry, either, four by four, hosepipe, mushrooms,
obviously, prawn, sole, struggle, stunning, stupid, trust, ens. Wanneer
sulke woorde hul opwagting in nuwe woordeboeke begin maak, is baie mense
geskok. Feit is dat hulle nou al dekades lank deur Afrikaanssprekendes
gebruik word wat hulle gewone Afrikaanse ekwivalente glad nie eers meer ken
nie.
Verreweg die belangrikste vlak waarop Engelse invloed uitgeoefen word, is
die betekenis. Afrikaanssprekendes bekyk die wêreld deur die konseptuele
bril van Engels. Hulle beleef 'n wêreld wat in Engels bestaan.
Dit is toe te skryf aan die vergaande akkulturasie, die uitwerking van die
Engelse omwenteling op die Afrikaanse taalgemeenskap, waaroor dit reeds
vroeër gegaan het.
Neologismes
In die nuwe wêreld en die nuwe Suid-Afrika is Engels die taal waarin die
sosiale orde bedink en bekend gestel word. Vandaar dan dat 'n stortvloed
Engelse neologismes op Afrikaanssprekendes afkom: affirmative action,
capacity building, civil society, constituency, downsizing, equity, gender,
globalisation, global village, pro-life, stakeholder, sustainability,
transparency. Van dié nuutskeppings het reeds gepaste Afrikaanse
ekwivalente: regstellende aksie, burgerlike samelewing, afskaling,
billikheid, pro-lewe en volhoubaarheid, maar baie ander het dit nie.
Die voorkoms van vertaalde en onvertaalde Engelse idiome laat eweneens die
uitwerking van Engelse konseptualisering blyk: A sucker is born every
minute, Suffer in silence, Beggars can't be choosers; Bloed is dikker as
water, jou eie beuel blaas, van die grond af kom, die groen lig kry.
'n Laaste en uiters belangrike aspek van Engels se impak op die betekenis
het te doen met gevoelswaarde. Engels, hoe meer hoe beter, het die
belangrikste middel geword om informaliteit in Afrikaans uit te druk. Mense
verkies Engelse woorde soos die volgende om hul informaliteit, nie omdat
hulle beter seggingskrag as die gewone Afrikaanse teenhangers het nie:
boring, striking, worry, difficult, suffer, T-shirt, diet, ens.
Wil van sprekers bepaal hoe lewenskragtig hul taal is
Fritz Ponelis
'n Vooraanstaande Amerikaanse taalkundige het in 1990 op 'n vakkongres
opgemerk dat dit teen 2000 oor en uit gaan wees met Afrikaans. Die nuwe
millennium het intussen gekom, en Afrikaans het staande gebly.
Dit is vir taalkundiges riskant om hulle oor die toekoms van tale uit te
laat. Die beste wat hulle kan doen, is om verskynsels te bestudeer wat met
die lewenskragtigheid van tale te doen het. Dan gaan dit nie regstreeks oor
die onseker en duister toekoms nie.
Die lewenskragtigheid van 'n taal het in die eerste plek te doen met die
aantal gebruikers daarvan. Dit kan sowel moedertaal- as
niemoedertaalgebruikers wees.
Onder die sowat 6 000 tale wat vandag in die wêreld voorkom, is daar maar
ongeveer 600 wat meer as honderdduisend moedertaalgebruikers het en om en by
200 wat 'n miljoen of meer moedertaalgebruikers het. Die oorgrote
meerderheid van die tale in die wêreld word deur klein taalgemeenskappies
gebruik. Afrikaans met sy ses miljoen moedertaalgebruikers staan hoog aan
die "veilige" kant van dié lys.
Niemoedertaalgebruikers kan 'n aansienlike getalsbydrae lewer. Die magtige
Engelse moedertaalgemeenskap van 350 miljoen word aangevul deur twee keer
soveel niemoedertaalgebruikers. Dit is veral aan groot getalle
niemoedertaalgebruikers dat die Afrikataal Swahili het sy prominensie te
danke het.
Amptelike erkenning kan ook baie vir 'n taal beteken, maar dis 'n uiters
skaars hulpbron. Vir die wêreld se 6 000 tale is daar minder as 200
soewereine state waarin amptelikheid aan tale toegewys kan word. In sekere
state is daar so geweldig baie tale dat amptelikheid, hoe dunnetjies dit ook
al gesmeer word, nie by al die tale kan uitkom nie. In Papoea-Nieu-Guinee is
daar byvoorbeeld 850 verskillende tale, in Nigerië 410 en in Zaïre 210.
Suid-Afrika met sy elf amptelike tale is dus glad nie so sleg daaraan toe
nie.
Die potjievol amptelikheid word verminder deurdat die grootste deel daarvan
aan net 'n paar tale toekom, waaronder Engels, Frans, Arabies en Portugees.
Engels is byvoorbeeld amptelike taal in 45 van die erkende state en Frans in
30.
Afrikaans het nou vergeleke met Engels heelwat minder amptelike status as in
die vorige bedeling. Nietemin, die blote feit dat Afrikaans amptelike taal
is, maak daarvan een van net 'n handjievol in die wêreld.
Die amptelikheid van 'n taal is eintlik 'n onderdeel van die
kultuurtaalstatus van so 'n taal. Dit het te doen met die graad van
standaardisering van die betrokke taal, die gebruik daarvan in die media,
die literatuur, die reg, die onderwys, die godsdiens, die wetenskap en die
tegnologie; kortom oor die hele openbare spektrum. Weer eens rys daar vrae,
maar niemand sal ontken dat Afrikaans 'n goed ontwikkelde kultuurtaal is wat
aan sy gebruikers baie moontlikhede bied nie.
'n Uiters belangrike faktor wat die lewenskragtigheid van Afrikaans betref,
is die aanraking met Engels. Afrikaans kompeteer nie sommer met enige
hierjyse taal nie, maar met die grootste, sterkste en invloedrykste taal wat
daar nog was. Weens die uitgebreide en ingrypende Engelse akkulturasie wat
Afrikaanssprekendes die afgelope twee eeue ondergaan het, ervaar hulle
Engels ook as vriendelike, omarmende taal. Afrikaans bevind hom, soos een
taalkundige dit pittig uitdruk, in die omhelsing van Engels.
Die massale Engelse invloed kan 'n uitwerking op die lewenskragtigheid van
Afrikaans hê. Die vermenging van Afrikaans kan beteken dat Afrikaans sy
selfstandigheid verloor. Afrikaanssprekendes kan begin vra: Watter sin het
dit om hierdie Engelsbeïnvloede Afrikaans nog naas Engels te behou?
Op die keper beskou is die heel belangrikste faktor in die lewenskragtigheid
van 'n taal die wil van sy sprekers. As die sprekers dit wil, as hulle dit,
ondanks alles, as die moeite werd beskou om die taal te behou, het die taal
'n kans. Hierdie wil is iets totaal anders as 'n houding van: Ag, ek sit
opgesaal met hierdie vergalgste mindere taal wat ek teen wil en dank en hoe
dan ook gebruik.
Die wil van sprekers is toekomsgerig in die sin dat hulle die taal wat hulle
waardig ag aan hul kinders, aan 'n toekomstige generasie, wil oordra. Dit
impliseer die bevordering van daardie taal se openbare gebruik en van die
instellings waarbinne daardie taal gebruik word.
Die laaste keer dat hulle dit gaan hou op die Koppie.
Wie almal met kultuur sien ek daar?
------------------------------------------------------------ ----------------
-------------------------------------
LOW PRIORITY IF RECEIVED FROM 'ROOFKYKER', BUT DO NOT IGNORE
------------------------------------------------------------ ----------------
-------------------------------------
this email was sent to you by heinrich
email any questions, comments or deaththreats to
kc...@africamail.com
De reclame die ik s' morgens op weg naar het werk op de radio hoor is
altijd weer een bron van genot en ergernis. Sinds kort de kreet:
"Van Doorne: looiers in bisnis". Hoe verzinnen ze het...
'N stukkie gelees in die Reformatorisch Dagblad van 27 maart.
Ek deel nie die mening nie, maar ek dink sommige hier wel.
Rico
http://www.refdag.nl/
Geref. Gem. hebben
ethische vragen bij
aanpak mkz-crisis
Van onze kerkredactie
HENDRIK-IDO-AMBACHT - De massale vernietiging van gezonde dieren, al of niet
na noodvaccinatie, roept volgens het deputaatschap bij de hoge overheid van
de Gereformeerde Gemeenten grote ethische vragen op. "Wij kunnen ons niet
aan de indruk onttrekken dat deze wijze van omgaan met de mkz-crisis in
overwegende mate wordt ingegeven door markteconomische redenen."
Dat schrijft het deputaatschap aan de minister van Landbouw, Natuurbeheer en
Visserij. "In deze crisis zien we de hand van God. Hij is het Die alle
dingen in de hemel en op de aarde regeert. Zijn voorzienigheid bestuurt
alles. Wij kunnen het niet anders zien dan dat God deze crisis laat komen om
ons te waarschuwen en op te roepen om tot Hem weer te keren."
Het deputaatschap wijst erop dat Nederland in velerlei opzicht van God en
Zijn heilzame geboden is afgeweken. Dat blijkt onder meer uit de
huwelijkswetgeving en de wet over het begin en het einde van het leven. Het
deputaatschap waardeert het dat de minister in het openbaar heeft
uitgesproken dat hij in Nederland geen brandstapels wilt zien. "Vanuit het
besef dat de mens door God geroepen is Zijn schepping te bebouwen en te
bewaren, menen wij echter dat economische belangen uiteindelijk niet
bepalend kunnen zijn voor de maatregelen die in dit verband moeten worden
genomen."
In de mkz-crisis betalen we volgens het deputaatschap de tol voor de
economisering van het leven. "Voor land en volk is in dit opzicht een
diepgaande bezinning nodig. Boven alle dingen is nodig een terugkeer tot de
dienst aan de levende God."
Baie nieblankes is lief daarvoor om vinger te wys na "blankerassiste", maar
soos ek dit sien is rassisme soos 'n seekat. Dit het pote en tentakels in
ALLE kleurgroepe en rasse! Ons moet ALMAL daarteen baklei.
Je hebt het mis voor, beste, als je beweert dat zetmeel slecht is voor
je gezondheid. Zetmeel heb je nu eenmaal NODIG en vooral als je
in een koud klimaat leeft doet een portie zetmeel je zo af en toe wel
eens heel veel deugd. Met suiker is dat 'n andere zaak. Dáár gebruik
je best zo weinig mogelijk van. Ik weet dat zeker omdat ikzelf na een
maagbandoperatie 26 kg ben afgevallen en het enige dat mijn gewicht
weer kan doen stijgen is ... suiker. Nu, ja, als 't erg koud is buiten
of het vriest hier in Vlaanderen kan een klein beetje suiker geen
kwaad maar voor wie wil afvallen -ik heb het zelf ondervonden-: suiker
doet je afvalritme direct vertragen of zelfs stoppen. Oppassen dus.
Maar je hebt geluk deze keer: de wafels, die ik je nu wil leren
bakken, bevatten géén suiker!! Wel bevatten ze nogal tamelijk veel
vet en nu moet JIJ maar zien hoe je daarmee in het reine komt. In
ieder geval: die Brusselse wafels zijn erg lekker en je zult er geen
spijt van krijgen als je ze eens probeert. Het recept komt uit "Ons
Kookboek" van de Boerinnenbond te Leuven.
Brusselse Wafels
---------------------------
*Benodigdheden: 1 kg bloem - 80 g gist - 400 g gesmolten boter - 1 l
(lauwe) melk - 1 l (lauw) water - 8 eieren - vanille-essence (of 1
pakje vanillesuiker) - 10 g zout.
Bereiding
---------------
Los de gist op in 1/4 liter lauw water. Maak een kuiltje in de bloem,
roer de gist eronder, vervolgens de lauwe melk en de eierdooiers.
Daarna beurtelings nog 3/4 liter lauw water, de gesmolten boter, de
8 stijfgeslagen eiwitten en het zout bijvoegen.
Laat het deeg rijzen en bak in een dik wafelijzer. Het ijzer moet niet
ingesmeerd worden. Dien warm op, bestrooid met bloemsuiker of met
slagroom.
Opmerkingen
---------------------
Voor een goed begrip nog enige opmerkingen van praktische aard
van mijnentwegen voor de uitvoering van dit recept.
Lauw water: daarmee wordt bedoeld water tussen 30 - 40 °C. Je
mag ook korrel- of poedergist gebruiken en dan heb je daar maar
de helft van nodig. Alle gebruikte vloeistoffen warm je best op tot 30
- 40 °C, beslist NIET hoger want anders sterft de gist en dan rijst je
deeg niet meer. Boter smelt zeer gemakkelijk in de microgolfoven.
Het rijzen van je deeg moet gebeuren op een WARME PLAATS en
liefst BUITEN DE WIND of VRIJ VAN TOCHT. Leg desnoods een
keukenhanddoek over je kom!! Zorg dat je deeg zich behaaglijk
warm voelt (niet op het vuur zetten natuurlijk) maar bijvoorbeeld
bij de centrale verwarming of in een ovenruimte die vooraf lauw-
warm gestookt is lukt het prima (omgevingstemperatuur 25 - 40 °C).
De wafels kan je, behalve met bloemsuiker, bestrooien met aspartaam
(Canderel). De slagroom kun je maken met je keukenrobot en om die
lekker te maken kun je eveneens aspartaam gebruiken. Om een
echte Belgische wafel te hebben moet je je wafel, nadat je er een
laagje slagroom hebt opgedaan, ook beleggen met stukjes verse
aarbei. Nog iets betreffende het rijzen: dit mag gerust een half
uurtje duren. Neem een voldoende hoge pan om je deeg in klaar te
maken anders loopt je deeg onder het rijzen over de rand!!
*De opgegeven hoeveelheden mogen gerust gehalveerd worden
als je maar 'n klein gezinnetje hebt want dat deeg rijst nogal en met
één kilo bloem enz. heb je al gauw genoeg om een klein feestje
te bouwen voor de hele buurt. De wafels zijn ZEER LICHT en HEEL
KROKANT. IK bak ze altijd tot ze bruin zijn.
Nog wat betreft poedergist: die los je best altijd op in WATER en
NIET in melk. Poedergist lost minder gemakkelijk op in melk.
Nawoordje voor Gloudina:
Enige jaren geleden zag in een treffende cartoon in de krant van
Hågar de Verschrikkelijke, die Viking, weet je wel? Die klom op
'n dag op 'n berg om raad te vragen bij een kluizenaar.. Daar
aangekomen vroeg hij de man wat hij moest doen om lang en
gelukkig te leven. De kluizenaar antwoordde: "Als je lang wilt
leven dan mag je niet meer roken, zo weinig mogelijk alcohol
gebruiken, veel groenten eten en veel beweging nemen!.."
Maar hij voegde eraan toe: "Als je gelukkig wilt leven dan
vaag je je kont aan al het voornoemde!.."
..Een ongewoon artikeltje voor soc.culture, nietwaar? Maar
lekker eten en drinken hoort óók wel tot de cultuur van
Zuid-Afrika, veronderstel ik?