Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Was deel van die ou Arme army se sêgoed

Vr., 09 Maart 2001 06:05

Ja-nee Gloudina, in die woorde van oom jannie Smuts: "die bruin perd gaan
nog vir julle afgooi!"
En die betrokkenheid/afsydigheid van die kerke (almal) om regtig stand in te
neem is iets waaroor ons nog lank kan gesels en argumenteer. Dit het my ook
vrae aan predikante laat vra op 'n jeugdige en in die daardie
"hell-for-leather" tydperk van 'n mens se lewe, en ek kon geen goeie
agrument van hulle kant kry nie. Apaties en in die woorde van 'n omie wat
ek ken: "Dit lyk vir my die kerk (NGK) is nes 'n skoothondjie op PW se
skoot. Hou hy nie van die hondjie se gevroetel nie, dan smyt hy hom af.
Netnou voel hy weer jammer vir die arme ou dingetjie, dan tel hy hom maar
weer op. En die kerk gaan maar gedwee saam"
Ja ek dink die paranoïese vrees vir oorheersing deur 'n vreemde ideologie was
'n groot invloed in die denke van die politici van die dag wêreldwyd.
Ek self was nog maar 'n tjokkertjie toe manne soos sir Div en Strydom en
Verwoerd en Helen Suzman en Colin Eglin mekaar die hare gewas het, maar wat
ek nou nog nie kan verstaan is nie dat soos ek gesê het, mense met 'common
sense' sulke nonsens kon aanvang in die naam van "die Vaderland" My pa het
altyd gesê oor die 'volksfeeste' wat met hoed, ruiter, bandolier, perd, vlag
en karwats gehou is: "Hys die vlag en tel die helde, hys die helde en tel
die vlag!".
Hy is nog een van daardie skaars ou Bloedsappe wat darem die voorreg had om
vir PW Botha aan sy broek se gat by 'n Sap vergadering uit te gooi in 1936.
Dit het hom in later jare genoop om te dink dat hy die "mannetjie daardie
tyd 'n beter opstopper moes gegee het, dan sou SA hom dalk gespaar gewees
het..."

Terug by die verlede:
Ek dink die hele opset van die wrewel van gebeure in die tweede Wêreldoorlog
en wat in die ABO 50 jaar tevore gebeur het, het aanleiding gegee tot 'n
absolute anti-britse gevoel onder die 'volk'. Dit, tesame met Smuts se
betrokkenheid by destydse wêreldgebeure, en dan ook dink ek die besef onder
die afrikaner politici van die dag dat hulle gesamentlik nie die
staatsmanskap en politieke vernuf (clout) had om enigiets anders te vermag
nie, het gelei tot die uiteindelike besluit om dan maar die mense van die
land teen mekaar van mekaar af weg te hou, en sodoende ons land teen mekaar
gepolariseer het.
Onthou net dat die Nattes destyds parlementêre mag tot elke prys behou het
deur die afbakening van kiesafdelings so te sny dat die opposisie
gemarginaliseer is. Ek het op 'n stadium in die Helderberg kiesafdeling
gewoon. Dit is nou veronderstel om die omgewing van Somerset-Wes te wees.
Vir 'n begin was die Strand nie deel daarvan nie, maar 'n gedeelte van
Brackenfell en 'n klein gedeelte van Kuilsrivier was daarby ingedeel. Net
om meer van die 'afrikaner' stem te kan hê. Dié dat Chris Heunis in 'n
verkiesing met 39 stemme oor Dennis Worral kon wen. En almal weet dat daar
'n suursop deurgeloop het by die stemtellery! Dit was in die dae nog voor
die OVK.

Maar genoeg daarvan. Netnou dink julle weer ek aspireer om die pos van
eerste minister van die Republiek van SCSAA.
Moet nou net nie almal tegelyk vir die pos aansoek doen nie. Dit moet nog
ingewerk word in die begroting wat nog uitgewerk moet word sodat ons dan sal
weet wie is ingewurm wat nog nie uitgewerk is nie, en die wat nie ingewerk
is nie wat nog ingewerk moet deur die uitwerk van die begroting wat so
verklein is dat dit ook nie meer 'n begroting is nie, maar die aansien van
'n verkleining gekry het. Dus sal die uitwerking daarvan op die inwurming
en uitwerkery 'n fyn uitgewerkte plan tot gevolg hê met geen uitwerking op
die algemene staat tot die prys van eiers en die algemene politieke toestand
van die stand van Afrikaans in die Noord-Sahara wat suid van die Italiaanse
invloed geleë is nie, wat weer sterk bande met die Arktiese Antie ver weg in
die vreemde van Ottowaanse belydenisse te make het...

Thys oppie Bos voor die naweek.... (Met 'n groot tong in die kies)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

S.M.A.R.T.

Do., 08 Maart 2001 17:34

Wat is die "S.M.A.R.T. capability" wat die 'motherboard' van
praat as ek die rekenaar aanskakel?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

heerlikheid, wat 'n ryke dag!

Do., 08 Maart 2001 07:40

Gloudiena:
Ek kry dit hier, in Ottawa.Kan jy vir my vertel hoe jy op die"leuce" as
skuilnaam besluit het, Samuel Murray? En hoe gaan dit met die getroude lewe?

Leuce:
Dis my vierde internet nick. Die eerste ene wat "Clarah Hallstein" (uit 'n
Duitse skoolhandboek gekry), daarna "debbie" (my een DM se meisie se naam),
daarna "coinquay" (spreek hom in Engels uit, luister in Afrikaans), en toe
uiteindelik "leuce". Dis 'n verwronging van my eerste meisie se naam, Lucy.
Die meisie is lank nie meer nie, maar die nick bly klou.

Die getroude lewe? Heerlik, hoor. Ijlant en ekke is heel gelukkig. Jy
moet 'n draai kom maak by ons in L (die voorstad van afgetrede professors,
advokate en koerantredakteurs) as jy weer in Jansberg 'n draai loop.

Erm, wie is Samuel Murray? *loer*

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Wilde Woordeboek

Do., 08 Maart 2001 05:43

Hierdie blykbaar die 9de en laaste jaar vir hierdie kompetisie. Is dit
beskikbaar op Internet?
Wonderlike woorde is geskep as gevolg van hierdie kompetisie.
Ek hou veral van vloermoer vir " tantrum"

--
ann...@ctnet.co.za
Red wine lover.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Re: lonely in cape town?

Do., 08 Maart 2001 03:21

Vader ons kind!!! Wanneer gaan jy leer om nie jou telefoonnommer op so 'n
oop forum bekend te maak nie?
Jy soek vir moeilikheid en jy gaan dit kry.
Annette

stellaroza wrote in message ...
> hi my name is bianca. i would love to join you in your bed. phone me on
> 082 739 2236.
>

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

afrikaans.com x mweb

Wo., 07 Maart 2001 10:53

Leuce:
Ek is betrokke by die webmeestery van http://www.afrikaans.com/. Van ons
lesers het gesê dat hulle nie tot die webwerf kan toegang kry nie, want dit
word deur Mweb gehuisves. Kan ek julle vra om seblief te gaan kyk of julle
by die webwerf kan uitkom, en indien nie (of wel) watter ISP's julle
gebruik? Die Mweb hulpdesk sê dat hierdie werf nie deur hulle nuwe beleid
van geen-toegang geaffekteer behoort te wees nie, maar ek is onseker.
Thanks.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Spreekwoorden

Wo., 07 Maart 2001 10:15

Het verbaast me steeds dat het Zuid-Afrikaans dezelfde spreekwoorden
kent
als wij hier in Nederland .
Als voorbeeld ,,,,Kennen jullie deze ook??

Als de kat van huis is dansen de muizen op tafel
Zoals het klokje thuis tikt tikt het nergens.
Oost west thuis best.
Wie een kuil graaft voor een ander valt er zelf in.
Nog meer.............;-))

Grt Emmy

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

The Cultural Weapon

Wo., 07 Maart 2001 05:01

Dear Rob

Thank you for your response to my open letter to the Minister. It's a pity
though, that it doesn't address any of the issues I raised. And by trying
to deflect the issues with the tired "play the man" strategy, it simply
confirms the widespread perception of an insecure department, unable to
engage with any criticism constructively.

I am sorry to burst your bubble, Rob. But you and the Minister are not "in
the trenches". The trenches are where retrenched dancers and actors,
unemployed musicians and visual artists, writers and filmmakers struggle to
make art, with or without government support. And it might take guts to do
what you do, but I think it takes more guts to wake up everyday and try to
be an artist in this country at the moment. The Minister feels "stabbed in
the back" because of my public questioning of him? Now he knows how artists
and cultural administrators feel. Having entrusted your department with
their futures, their passions, their livelihoods, they feel let down, angry,
frustrated, disillusioned. For never Rob, - since 1994 - never has the arts
and culture sector been in such disarray as now. You've suffered insults,
had your hard work marginalised, been outvoted in the last six years, and
still you're doing what you're doing. Bully for you. Try 15 years or more
which is what some of us have spent trying to advance the cause of the arts
and of cultural practitioners in our country. And it's getting harder, Rob.
The distance keeps getting longer. This takes guts, Rob. It takes guts to
stand up to a defensive department, to question their lack of delivery, to
expose corruption, to go against the flow of brownnosers and opportunists.
That takes guts, Rob. .....

To get the full story, subscribe to ACEmail
at http://www.at.artslink.co.za/ace

- Mike van Graan
www.artslink.co.za/cw

--

"Arts world in one website"
http://www.artslink.co.za

Arts and Culture Trust of the President Award
Electronic Media of the Year in support of the arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Nominated 2000

Support South African Arts and Culture:
Dial-Up with Artslink.co.za and save!
http://www.at.artslink.co.za/isp

Debate issues affecting the arts and culture industry
http://www.at.artslink.co.za/egroups.htm

ICQ: 87315418

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Death Row

Di., 06 Maart 2001 10:01

Spesiaal vir die drolle (en hulle weet wie hulle is)

Death Row

There was a Mosotho,a Mopedi and a Zulu on death row.The warden gave them a
choice of three ways to be executed:

1.To be shot

2.To be hung

3.To be injected with the AIDS virus

So the Mosotho said,"I will go the quick way ,shoot me right in the
head."They took him to one side and BANG! he was dead.

Then the Mopedi said,"Just hang me."They took him to one side,put the rope
around his neck and SNAP he was dead.

Then the Zulu said,"Give me some of that AIDS stuff." They gave him a shot
of the virus.The Zulu sat there for a while,then fell down to the floor
laughing.The guards looked at each other,confused by this akward
behaviour.The Zulu stood up from the floor,sat down on his chair and with a
grin on his face said,"Give me another one of those".So the warden did,and
this time the man laughed so much he almost wet his pants.Finally the warden
asked,"What the hell is wrong with you ?!",on wich the Zulu,still breaking
with laughter,replied,"Aaayshh,you guys are so stupid-I'm wearing a
condom...."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Aan ons vriend(e) in Seattle - aardbewing

So., 04 Maart 2001 20:20

Dankie. Ons is OK. Dit was nogal 'n belewenis. Dit het begin met 'n groot
slag. Daarna het ons gebou heen en weer begin swaai. Boekrakke het
omgeval, PCs en monitors het van lessenare afgeval en swaar meubels het oor
die vloer migreer. Ons is op die vierde vloer, en buitekant was alles wat
normaalweg rigied is, aan die beweeg. Alhoewel dit net 40 sekondes geduur
het, het dit baie, baie langer gevoel. Snaaks genoeg het ek geen vrees
ondervind terwyl ek het gewonder het of die volgende swaai die gebou gaan
laat ineenstort nie. Dit was net 'n kalm gewaarwording van wel -this is it.
Die krag het onmiddelik afgegaan, en in die middel van alles het ek opgelet
dat die nood diesel generators wel gestart het (ons deel die gebou met die
polisie en brandweer - daarom die generators). Toe die geraas en geswaai
ophou, het ek my telefoon opgediep uit die gemors op die vloer, maar dit was
dood so ek nie huis toe bel nie. Daarna het ons almal ontruim ingeval daar
naskokke sou kom. Ons is afgeraai om in die parkeergarage in te gaan, so ek
het huis-toe begin hardloop. Dit sou in elk geval nie gewerk het om te ry
nie want al die robotte was uit en daar was 'n trein op die oorgang.
Gelukkig het ons geen skade of beserings by die huis nie. Ek het die gas
afgesit net ingeval. Ons grootste ongerief was om sonder krag, telefoon te
wees vir 'n paar uur en sonder verhitting en warm water vir 'n dag.

Danielle skryf in boodskap news:igvq9toa6mkh9ckirg5km7a852nkrdeiet@4ax.com...
> Hoop julle is okay. Dit was 'n ou grootte die keer ne? :-(
>
> Wou maar net se dat ek hoop almal is ongeskond en is veilig.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    957  958  959  960  961  962  963  964  965  966  967  968  969  970  971  972    »]
Tyd nou: Vr. Mei 01 23:21:03 UTC 2026