Telkens hoor ons die refrein: die ekonomie moet teen 6% groei om uit
ons probleme uit te groei. Of: 3% is heeltemal ontoereikend en
aanduidend van hoe sleg dit met die ekonomie gaan. Wel, is dit so?
In die 15 jaar tussen 1977 en 1992 het die ekonomie met gemiddeld 1,5%
per jaar gegroei. Sedertdien het groei met rukke en stote verbeter.
Vandag is dit 'n raps meer as 3% per jaar. Suid-Afrika het dus sy
groeikoers verdubbel van wat dit was in die jare tagtig. Dit is een
van die mites van ons tyd dat die ekonomie "toe" beter gevaar het as
"nou". Teen 3% groei ons nou teen dubbel die koers van die
tagtigerjare.
En dit ten spyte van misdaad en emigrasie.
Maar dit is nie ál nie. In die jare tagtig het die bevolking met 2,5%
per jaar gegroei - heelwat vinniger as die ekonomie se 1,5% per jaar.
En as die ekonomie stadiger groei as die mense, is daar net een pad:
stelselmatige en onverbiddelike verarming. Niks kan hierdie
werklikheid verbloem nie. As per capita-inkomste daal, word almal
armer.
Dit is wat met die land gebeur het.
Teen 1992 was die per capita-inkomste in Suid-Afrika 11% laer as in
1977. 'n Volle 15 jaar lank - basies van John Vorster se uittrede tot
net vóór F.W. de Klerk s'n - het Suid-Afrika agteruit geboer. En dit
het gebeur ten spyte daarvan dat die goudprys $850 gehaal het. Dié 15
jaar was 'n tyd van welvaartvernietiging.
De Klerk kry baie erkenning vir die politieke veranderings wat hy
bewerkstellig het. Hy behoort, saam met Derek Keys, ook erkenning te
kry vir die ekonomiese fondamente wat hulle gelê het. Die vrugte is
nie in hul tyd gepluk nie, maar die De Klerk-regering was in baie
opsigte 'n groter ekonomiese as politieke hervormer.
Terug na die vraag of 3% genoeg is.
Dit word bepaal deur bevolkingsgroei. As die ekonomie teen 3% groei,
maar die bevolking teen 6%, is daar geen twyfel nie, ons boer
agteruit. Omgekeerd, as die ekonomie teen 3% groei, maar die bevolking
teen slegs 0,6%, boer ons vooruit.
En dit is wat nou in Suid-Afrika aan die gebeur is.
Vooruitskattings deur die Aktuariële Vereniging van Suid-Afrika dui
daarop dat die landsbevolking oor die volgende 10 jaar tot 2010
gemiddeld teen sowat 0,6% per jaar gaan groei. Oor dieselfde tyd kan
die ekonomie teen 3% groei. Dit laat 'n taamlike kussing om per
capita-inkomste mee te verhoog.
Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat 'n ekonomie wat teen 3%
groei terwyl die bevolking teen 0,6% groei, per capita-inkomste net
soveel kan skuif soos 'n ekonomie wat teen 5% groei, terwyl die
bevolking teen 2,5% groei.
Ons is dus nie korrek om 3% groei af te maak as "ontoereikend" nie.
Hierdie gerusstelling moet ons nie aanspoor om 3% te aanvaar nie. Teen
3% per jaar gaan dit sowat 30 jaar duur om mense se lewenstandaarde te
verdubbel. En dan sal dit maar sowat R38 000 per jaar per
Suid-Afrikaner wees. Vergelyk dit met die meer as R200 000 wat reeds
die per capita-inkomste in sommige ontwikkelde lande is, en dit is
duidelik dat Suid-Afrika nog 'n ver pad het om te gaan.
Aan die ander kant, as ons teen 5% per jaar kan groei, kan ons per
capita-inkomste binne 15 jaar verdubbel. Stel jou voor as elke werker,
onderwyser, polisieman, staatsamptenaar en sakeman dubbel sy huidige
inkomste (ná inflasie!) verdien . . . Suid-Afrika sal 'n ander plek
wees.
Ons het die afgelope vyf jaar met groter treë daarheen beweeg as enige
tyd sedert die laat sewentigerjare. In daardie opsig dien Mbeki ons
baie beter as P.W. Botha. Ondanks al sy gebreke bedien Mbeki
Suid-Afrika van seker die gesondste ekonomiese beleid in die moderne
geskiedenis. Mbeki se ekonomiese rekord behoort langs sy vigs- en
Zimbabwe-optrede beoordeel te word.
Die staatsdiens is nou ongeveer 18% kleiner as in 1994 - ten spyte van
nege provinsies en grootskaalse regstellende aksie. Fiskale dissipline
is herstel. Ook in die provinsies wat in die jare negentig gelyk het
of hulle in duie gaan stort. Die begrotingstekort is kleiner, wat
beteken die staat gryp minder van die land se skaars kapitaal.
Terselfdertyd word die vakbonde in toom gehou. Stakings is op 'n
laagtepunt. Privatisering gaan voort, al is Cosatu histeries.
Arbeidsproduktiwiteit is besig om vinniger te styg as
kapitaal-produktiwiteit.
En die grootste ironie, die kommuniste doen lustig hieraan mee. Alec
Erwin lei die produktiwiteitslopie, Jeff Radebe privatisering,
Geraldine Fraser-Moleketi die kleiner staatsdiens. Om te kla dat
kommuniste in die pad staan van ekonomiese groei!
Suid-Afrika is geensins 'n model-staat nie. Maar dit help as 'n mens
weet wat jy nou doen is 'n groot tree in die rigting van 'n beter
toekoms.
Suid-Afrika is dus nie net 'n eenrigtingstraat nie. Misdaad is erg.
Emigrasie is ontwrigtend. Politieke leiers soos Penuell Maduna se
sotlikhede is aanstootlik. Ons het nog nie 'n sosiale kode gevestig
wat alle lede van die gemeenskap inbind nie.
Maar terselfdertyd is ons besig om te ontsnap aan ons eie verlede toe
ons welvaart vernietig en mense armer gemaak het. Ons kan krediet gee
vir ons eie vordering.
J.P. Landman is 'n onafhanklike politiek-ekonomiese ontleder.
People are like stained glass windows: they sparkle and shine when the sun
is out, but when the darkness sets in their true beauty is revealed only if
there is a light within. -Elizabeth Kubler-Ross, psychiatrist and author
(1926- )
Danielle, ek stuur al laank nie pakkies in die pos nie, ook nie
verjaarsdagkaarte
met gekleurde koeverte nie, want van die posmense dink daar is geld in.
Die pakkies
(veral van Amerika) word net eenvoudig gesteel. Ek stuur my pakkies nou
liewers saam met mense
wat in Suid-Afrika gaan kuier. Aan die eenkant kan ek hulle nie blameer
nie, die versoeking
is darem baie groot, en aan die ander kant irriteer dit my dat my eie mense
nie hulle
goed kry nie.
Poppie
Danielle skryf in boodskap news:agfnat0aa3e3id42g2hi15cs5ro2jvol2v@4ax.com...
> Vanoggend kry ek 'n epossie van my ma - dit was na aanleiding van 'n
> pakkie wat ek 'n maand gelede aan hulle gestuur het, maar hulle het
> dit nog nie ontvang nie. Blykbaar staak die poskantore op die
> oomblik?
>
> Maar, hier is die "nota" wat aan die deur van hulle poskantoor geheg
> was/is:
>
>
> HOEDSPRUIT POST OFFICE TO CLOSE PERMANENTLY
>
> "In order to facilitate buisiness operations, provide you with a
> better service and extend infrastructure to include disadvantaged
> commimotoes, the
> Hoedspruit Post Office will be permanently closed on 31 january 2001"
>
>
> Nou my vrae:
> 1. Wat is 'n disadvantaged commimotoe? (Frik, moet jy liewer nie
> hierdie ene antwoord nie - want ek kan net DINK wat jy sal se!) :-))
> 2. As die poskantoor permanent gesluit word, hoe beoog hulle om beter
> diens te lewer?
> 3. Hoe lank gaan hierdie stakings aanhou?
> 4. Wat gebeur met al die verlore pos en pakkies?
>
Sy stap eergister (Donderdag) in die laat middag by die winkel in.
Skoolklere steeds mooi gepars na 'n dog op skool.
Vra aan die eienaar van die winkel of hy 'n 'n cd (bekende
rekenaarspel) vir haar sal kopieer.
Hy probeer vir haar 'n kopié maak maar kry dit om een of ander rede
nie reg nie en lag en sê toe vir die oulike skoolkind aan die ander
kant van die toonbank: 'siende dat jy so mooi is, neem my eie vir
sestig rand. Wat sy toe doen.
Die eienaar van die winkel hinke_pink toe met sy gebreklike been terug
na sy stoel en sy stap met 'n selfvoldane glimlag by die deur uit.
Gisteroggend (Vrydag) stap sy weer daar in. Maar dié keer is die
skoolromp vervang met die kentekens van 'n polisie kaptein op haar
skouers en vergesel met twee ondergeskikte mans. Vol van haarself en
die enigste vriendelike woorde is deur die mansspeurders gebesig.
My kantoor is een blok daarvandaan en ek was binne minute in die
winkel om as stil toeskouer te sien hoe 'n gebreklike winkeleienaar
van dit wat hy met harde werk opgebou het oor jare, gestroop word.
Hoe sy sagteware gekonfiskeer word - alle rekenaars wat aan hom en nié
aan kliënte behoort nie, gelaai word. En iemand wat ten spyte van 'n
gebrek vir hom en sy vrou en heel leefbare inkomste verdien.
Wel het hy die wet oortree maar nooit het hy aan iemand 'n cd verkoop
onder die voorwendsel dat dit 'n oorspronklike is nie.
Die speurders stap daar uit, vol van hulself, tussen die sakkerollers
deur, vertrek en ry tussen die skakers met hul staatsmotor deur, en
voel hulle het hul plig gedoen.
Die brief van my is baie debateerbaar, ek weet. Jack het die wet
oortree, ek weet. Ek is nie lus om met julle te stry oor die feite
nie.
Die lang brief is net om twee dinge te sê:
1.
Ek weet ek skuld jou steeds 'n antwoord Ferdi, (êrens hier...) maar
ek is besig met baie dinge op die oomblik en ek soek na iets wat ek
nodig het eer ek jou kan antwoord
2.
Wie van ons het slegs gekoopte cd's? Om een of ander rede het die
Suid-Afrika_geit van my adres my nogal heel veilig laat voel. Hier is
mos nie Micro Softs en die tipe goed wat moeilik kan raak nie...maar
wees vreeslik versigtig met wat julle het want hiers meisies met
skoolklere.
Apartheid het beide goed en sleg in hom gehad. Indien niks anders nie, het
Aparetheid vir Suid Afrika die sterkste ekonomie in Afrika gemaak. Apartheid
het ook Suid Afrika die land met die beste infrastruktuur in Afrika gemaak.
Ja, mense is verdruk, daarteen kan niemand stry nie, maar ten minste is
hulle nie voor die voet geskiet soos in Amerika en Australie nie.
Wat is erger? Om iemand dood te skiet tot daar niks van sy nasie oor is om
teen jou te bakly nie, of om net eenvoudig te sê, kom ons loop ons eie
paadjies? Nie dat een van die twee antwoorde goed is nie, maar dit is 'n
kwessie van "choosing the lesser of two evils".
Vergelyk wat ons kak wittes aan die swart mense hier in Suid Afrika gedoen
het, met dit wat die Amerikaners en Autraliers gedoen het, dan kom jy agter
dat ons wit mense hier nie verdien om sulke harde klippe te kou nie. Dit is
nie regverdig nie. Daar het minder mense in die hele tydperk van Apartheid
doodgegaan as wat tans per jaar in die res van Afrika aan oorloë sterf. BAIE
MINDER.
Die huidige regering is gans en al te vol bravado in terme van sy "sukses".
Hy het nog niks in die land gedoen behalwe om 'n paar ou klein huisies te
bou nie en te "probeer" om dit wat apartheid gebou het in stand te hou nie,
of soms af te brand soos in die geval van die Pretoria Stasie.
Die feit van die saak is dat die res van die wit wêreld dink 'n swart man
kan nie rassisties wees nie. My ervaring is darm nog dat die meeste swart
mense wat ek ken regtig gawe mense is met integriteit en meesal ook nie
heeltemal mal is oor die ANC nie. Die een ding wat die swart mense in gemeen
het met wie ek oor politiek praat, is dat hulle hoogs geleerd is. Almal
tersiere opleiding van een of ander aard gehad.
Die ANC kan nie bekostig om die massas op te voed nie, want as hy so eerbaar
sou wees om dit te doen, sal hy nie na so 12 jaar of wat weer verkies word
nie. Enige iemand met 'n besef van wat in die regte wêreld aan die gang is
en wat vooruitgang werklik verstaan en begryp KAN NIE VIR DIE ANC STEM NIE.
Ek is nie baie positief vir Suid Afrika nie. Die eenvoudige rede is dat die
res van Afrika nie die mas kon opkom na onafhanklikheid van wit
heerserslande nie. Wat maak Suid Afrika so spesiaal? Wat laat ons dink ons
is anders as Zimbabwe of Mosambiek?
Dit het nog altyd so gewerk dat die heersende party alles doen om aan bewind
te bly. Ons regering het net die bygevoegde plesierkie om 'n geld koei in
die vorm van die wit Suid Afrikaner te hê wat hom lekkerder kan laat leef
(en langer) as die res van Afrika se diktators.
SA is die mooiste land in die wêreld, maak nie 'n fout nie. Dit is net die
jammerte dat ons nie so spesiaal is as wat ons dink nie. Die 1994 euforie
moet nog rusplek kry, dan kan ons dalk die waarheid sien.
Ten slotte...
Nie alle wit mense is bliksems nie, en nie alle swart mense is bliksems nie.
Dit geld vir alle rasse te aarde. Die probleem was in alle geval nog nooit
rasse nie, dit was net so bleddie maklik om te sê swartes is kak, kom ons
hou hulle uit.
Wat daardie woordelose wit mense in beheer destyds eintlik wou sê was.......
"Ons het nie tyd om te wag vir die res van Afrika om te ontwikkel nie. Die
meerderheid van hulle leef nog met die bos in die kop, kom ons skuif hulle
weg van ons af sodat ons kan verder vooruitgaan."
Die feit van die saak is dat die ontwaking van die swartman juis is as
gevolg van die goedhartigheid (nie seker of dit die regte woord is nie) van
die wit man wat hom gedwing het om skool toe te gaan. Ons het Afrika 'n stem
gegee, net jammer dat die meerderheid van Afrika se mense nog steeds nie
verstaan wat daai stem sê nie, en die wat die brein agter die stem is,
hebsugtig is en alles vernietig.
Dus is die probleme in Afrika nie 'n kwessie van rasse nie, maar 'n kwessie
van wies het wakker geword tot die roeping van vooruitgang en wie bestaan
maar net soos altyd.
Daar is net twee tipes mense in my kop as ek na enige nasie of ras kyk, die
wat 'n beter wêreld wil hê en daartoe werk, en die wat nie weet dat daar 'n
beter wêreld is nie, en dus net gebruik en onbewustelik vernietig. Natuurlik
kry jy die derde kategorie ook, soos die waarin Zim se Mugabe val. Hy is
bewus van 'n beter wêreld, maar kan nie 'n veer voel daarvoor nie. Hy gun
dit ook nie vir niemand nie. Hy sal sy eie mense se toekoms bederf deur sy
hebsug en selfsug.
Ek hoop die brief dra die boodskap oor wat ek wou oordra.
Anige vrae kan aan my gerig word by anto...@yahoo.com
Sit hier by die werk en wonder hoeveel van julle wat
nou daar oor die see bly, luister na Radio Sonder
Grense oor die internet. Sommige van julle sal dalk
nie weet van die stasie nie, dit is die ou Afrikaanse
stasie. Soek hom gerus op, julle kan selfs deel neem
aan die nagtelike gesels program.
Danie
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~
My mind not only wanders; sometimes it leaves completely.
Die gevolge van die oorstap op 'n nuwe kultuurtaal
Die afstap van Nederlands op Afrikaans as ons kultuurtaal, het ons meer
verdriet gebring as heil.
In die Nederlandse taalgebied word tans ongeveer 20,000 boektitels per
jaar op die mark gebring. In Afrikaans sowat 3,500. 'n Vlaamse of
Nederlandse biblioteek of boekwinkel staan vol Nederlandstalige werke,
met op 'n rakkie boeke in ander tale. Dit is die geval in Suid-Afrika
nie, inteendeel. Het ons by Nederlands as kultuurtaal gehou was alle
Nederlandstalige boeke ook in Suid-Afrika vir die Afrikaner beskikbaar
en vice versa.
Afrikaans het stigmataal geword. Apartheidstaal. Het ons by Nederlands
as kultuurtaal gehou was die stigmatisering nie moontlik nie, want dan
was ons taal 'n internasionale taal, soos wat dit tot en met 1925 was.
Die amptelike taal van Namibië sou Nederlands gewees het en nie Engels
nie (Afrikaans is daar die lingua franca en Afrikaans = Nederlands).
Van die 4,000 Nederlandstalige tydskrifte sou daar ook op ons
winkelrakke gepryk het, waar Engels nou heers. Dan was trouens alle
Nederlandstalige kultuurprodukte uit die hele Nederlandse taalgebied
(Zuid-Afrika, Vlaanderen, Nederland en Suriname) gemeengoed, soos tans
vir Engels in die Engelstalige lande.
In Vlaandere word weekliks 'n Nederlandstalige 'top tien' musiekprogram
op TV en radio aangebied. In Suid-Afrika is dit met die skrapse aanbod
van Afrikaanstalige musiek gewoon onmoontlik, maar sou moontlik gewees
het indien ons by Nederlands as kultuurtaal gehou het.
Dan het ek dit ook oor video's, rekenaarprogramme, rekenaarspelletjies,
tv-programme, films, ens., wat ek in Nederlands ken, maar soms ver
daarna moet soek in Afrikaans. Het ons by Nederlands as kultuurtaal
gehou was dié produkte in my moedertaal wel vir my as Afrikaner
beskikbaar en vice versa.