Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kourie
kourie [boodskap #151395] So., 03 Mei 2026 09:16
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Kourie.
'n Kourie.
kourie
Afbreking: kou•rie


Selfstandige naamwoord: kourie
Meervoud: kouries

Betekenis:
• 'n Porseleinslak (familie Cypraeidae) of die glansende skulp van die seeslak.
• 'n Boom in Nieu-Seeland, Agathis australis.

Gebruik:
• Ek het 'n kourie op die stand opgetel.
• Die kourie word vir sy timmerhout en hars benut.

Wisselvorm:
• kauri (verouderd)

Afgelei:
• kourieboom
• kourieden
• kouriegom
• kouriehout
• kourieskulp
• kourieslak
• kouriewoud

Vertaling:
Engels: cowrie, cowry; kauri
Nederlands: kauri

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: So., 03 Mei 2026 09:25]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: invaar
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Mei 03 10:13:23 UTC 2026