Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lewensreg
lewensreg [boodskap #151397] So., 03 Mei 2026 15:57
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25355
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lewensreg
Afbreking: le•wens•reg
Samestelling: lewe + -ns- + reg


Selfstandige naamwoord: lewensreg
Meervoud: lewensregte

Betekenis:
• Die reg om te mag lewe.
• Die reg om iets vir die res van jou natuurlike lewe te gebruik.

Gebruik:
• Ongebore babas het ook 'n lewensreg.
• Maak seker wat met lewensreg bedoel word: dit kan óf vruggebruik (usus fructus) óf gebruiksreg (usus) óf woonreg (habitatio) beteken.

Sinoniem:
• bestaansreg
• gebruiksreg
• okkupasiereg
• vruggebruik
• woonreg

Vertaling:
Engels: right to life; right of use
Nederlands: recht op leven; recht op gebruik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sekuriteitshek
Volgende onderwerp: hysing
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Jun. 04 01:05:59 UTC 2026