...daar's toe geen virus nie. Dit was net google wat wacky geraak het.
Nogal snaaks. My sakie by die werk het omtrent 15 ernstige antivirusse
in, maar daai boggeroppie (reg gespel DD en Ta' Hess?) het hier by die
huis ook uitgeslaan, waar ek ook sterk teen HIV en ander virusse
beskerm word!
Wat is dit tog 'n snaakse toestand op hierdie nuusgroep omtrent die
woord "rad"? Ek het daar self van opgekyk.
'N "rad" is in die Nederlands ditselfde as 'n wiel maar dit word in
Afrikaans met 'n 't' geskryf, dus "rat" (meervoud: ratte).
As die Nederlanders egter oor 'n "rat" (in hulle taal) praat dan
bedoel hulle 'n "rot" (in Afrikaans). Dis 'n knaagdier.
In die Nederlands en die Vlaams bestaan die woord "rot" als 'n
newevorm van die woord "rat". Ons sê byvoorbeeld:"Hij is 'n ouwe
rot in 't vak!" en dis ditselfde als: "Hij is 'n ouwe rat in 't vak".
En ons praat ook van 'n "landrot", wat eintlik 'n landrat beteken.
Die Afrikaners het dus êrens 'n moeilikheid gehad om die verskeie
gedaantes van dieselfde woord in hulle taal te assimileer en het toe
daarvoor 'n andere logika gevolg.
Merkwaardig is nietemin dat die Afrikaanse woord "rat" tog nog met 'n
'd' geskryf word in sekere uitdrukkinge waar hierdie woord nog steeds
dieselfde betekenis het soals in "raddraaier" , "radbraak",
"raderboot" of "raderwerk" en dan gebruik hulle selfs nog die meer-
voudsuitgang van die Nederlandse woord "rad" = "raderen"!
En dan vind ek ook die andere betekenis van die Nederlandse "rad"
nie in Afrikaans terug nie soos in die uitdrukking: "Hij is rad van
tong". Dit wil sê: "Hy is welsprekend".
Ek verstaan baie goed waarom die Afrikaners ons Nederlands
eenvoudiger gemaak het. Nederlands sou baie moeilik gewees het
vir die vreemde mense wat hulle in die Kaapprovinsie ontmoet het. Toe
het die swartmense en die slawe met die Nederlands gedoen wat die
Kelte met die Duits en die Gote in Frankryk met die Latyn gedoen het:
'n bietje herkou soos 'n koei dit doen en dan weer insluk. Hm, maar ek
bly daarby dat Arthur 'n raddraaier is. Ek bedoel daar nie mee nie dat
hy teenoor elkeen so is maar hy wil Annette verlei en daarom wring hy
homself in allerlei krommings en draaie.
Uiteindelik het iemand besluit om `n afrikaanse news group begin.
OK ek hoop nie hierdie is een van daai suiwer afrikaanse groepies nie
want ek tik hom maar soos ek praat. As dit is flame my en verskoon my
dan maar.Is hierdie die plek waar `n mense iets soos alternatiewe
afrikaanse musiek ook sou kon bespreek? Nikkie, is dit Nikkie, kan ek
met Nikkie praat... Sorry ek is so bietjie gesidetrack daar. in
elkegeval dit is nice om `n afrikaanse news group te sien.
Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za
Hierdie is vir die Hollandse en Vlaamse lede wat hier pos.
Gaan kyk na http://www.ned.univie.ac.at/publicaties/taalgeschiedenis/nl/ afrikaans.htm
Dis 'n publikasie oor die ontwikkeling van afrikaans. Kort (net 5 Page
Downs op my monitor) en tot die punt.
As julle almal dalk taalkundiges is en weet van hierdie saak, ignoreer
asseblief.
Wouter:
> Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
> is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
> Methinks the lady doth protest too much...
Gloudina
Wel, Wouter, toe ek vir my man hierdie storie
vertel, toe sê hy dis definitief "rad voor die oë
draai." Dis soos hy dit in die skool geleer het.
Ek vertel toe vir hom die Idiome-boek praat
net van "rat voor die oë draai." Toe sê hy hulle
is verkeerd.
Wouter
Ek het 'n Afrikaanse onderwyseres se opinie gevra. Sy sê jou man dop. Sy het
gaan naslaan en sê die woord "rad"oorleef slegs in enkele taamlik onbekende
frases, soos bv. "galg en rad aanmekaar praat", 'n uitdrukking wat ek nie
ken nie. Wat sou die oorsprong daarvan praat, dit beteken bllykbaar om baie
te praat. Vandag sal ons seker sê "hond uit 'n bos praat"
So dit was blykbaar dekades gelede gangbare Afrikaans gewees, maar dit is
nie meer nie. Dit kwalifiseer nou as 'n gewone spelfout. Die Afrikaanse
woord "rat" het ook die betekenis van 'n outydse martelwieletjie (ook van
radius afgelei?) en dus blykbaar die een wat hulle so voor jou oë draai. Ek
lei af dis rad in Nederlands?
Wat sou die Nederlands vir 'n rat wees, daardie wiel met tande wat in Engels
"gear" genoem word? Interessant, die Duitse woord "rat" spreek hulle raat
uit en dit beteken raad, soos in 'n dorpsraad. Sou dit ook 'n sirkel-afkoms
hê?
Gloudina
En ons Afrikaanse woordeboek het die woord "rad"
maar sê dan mens moet kyk by die woord "rat."
Wouter
Maar wanneer is hy uitgegee?
Gloudina,
of bietjie daar by die Afrikaanse professore rondvra
in Stellenbosch en sien of hulle "rad voor die oë
draai" uit en uit sal verwerp as 'n geldige uitdrukking
in Afrikaans.
Walter
Die dame wat ek gevra het het haar nagraadse studie
daar gedoen. Die antwoord is klaarblyklik ja, die
spelfout sal beslis gekorrigeer word.
Jammer Ta' Hessie van die Taalibandjies, daardie volksetimologie
is afgehandel. "Rad" kom nie in moderne woordeboeke voor nie.
Methinks the lady doth protest too much...
Wouter, die eenvoudige plaasvark, wat 'n
gebokkerde rat herken as hy hom sien.
En weet dat 'n rat rond is en om sy as draai.
skryf in boodskap news:3C0667BA.BD27E026@home.com...
>> Thys, jy draai geen rad voor enige oë meer nie.
>> Steek jou hande in die lug (of in die lig soos
>> Kekkel sê) en gee oor, man.
> Annette
> Dis Tinkerbell wat met haar vinger in die lig staan.:)
OK. Hulle is soos vinkel en Koljander.
Tant Hessie
Net soos 'n rat en 'n rad?
Wouter
Woutertjie, my dier, kom ons bekyk die sakie. Dit
is wel waar dat my boek van Idiome en
idiomatiese uitdrukkings net van " 'n rat voor die
oë draai" praat. Maar ons Afrikaanse woordeboek
dui aan dat daar 'n woord "rad" is, wat 'n alternatiewe
vorm "rat" het. In Nederlands is die uitdrukking
definitief " een rad voor oogen draaien." Sien,
hierdie ding wat voor die oë gedraai word, is nie
iets soos 'n rat in 'n ratkas nie, maar 'n ronde ding.
(Familie van die woord "radius." )
Wat rad na rat verander het, is 'n proses van
"volksetimologie." Mense het nie meer die woord
"rad" gebruik nie, en het oorgeslaan na "rat" wat
vir hulle meer bekend geklink het. Dieselfde proses
wat in "waar dawid die wortels gegrawe het" aangaan.
Die woord is eintlik die San woord vir wortel "davib"
maar dis vervang met die meer bekende "Dawid" wat
mense uit die Bybel ken.
So eintlik moes jy tweekeer gedink het voordat jy
jou stokkie optel om tant hessie oor die kneukels te
slaan. Wie van ons is nou eintlik reg?
Ons sal hom beter onthou sy skelmstreke met die Coega projek waaruit hy honderde miljoene Rand vir homself uit belastingbetaler geld gemaak het.
Coega, wat 'n Wit Olifant is, is maar net een van sy skelmstreke. Daar is nog vele andere soos oa. die voorsiening van straler enjins aan die weermag.
So sal gekyk word na die rampspoedige Operasie Boleas in Lesotho, die drastiese afskaling van die Weermag, die onsuksevolle Spesiale Diensbrigade, die ontevredenheid van MK en Apla lede wat nie in die SANW opgeneem kon word nie, die lae peil van dissipline en moreel, ens.
Hy was maar net nog 'n skelm wat gekom het om ons te beroof onder die naam "Vryheidsvegter".
"Die grusame moord op en verkragting van `n 14-jarige meisie van Kruisfontein het weer die behoefte onderstreep dat aandag dringend gegee moet word aan die toenemende geweld teen jong kinders in Suid Afrika".
" Toiletpapier is in haar keel afgedruk, haar onderbroekie in haar mond gestop en met haar eie sweetpakbroek toegebind".
Nog EEN ????
3 het haar verkrag en vermoor.
Haar buik is met `n kapmes oopgekloof waarna sy herhaaldelik verkrag en daarna vermoor is.
Die gemeenskap dreig nou om self die "barbare" reg te help.
Hoe de hel kan julle nog sê " Dit gaan voorspoedig" met die reënboognasie in die nuwe SA.