Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hierdie week se Huisgenoot

Ma., 03 Desember 2001 12:29

Krismisboks. - die een met Willempie van Ingeland op die voorblad.
In die briewekolom is daar iets van 'n Tinkerbell.
Daar is ook 'n brief van 'n veertienjarige ivm Vigs wat ontstellend is -
daar moet beter gekyk word na wat se strooi deur onderwysers kwytgeraak
word.
Dan is daar 'n skreeusnaakse bekrywing van Harry Viljoen by die wedstryd
teen Engeland.
Annette

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Poslyste

So., 02 Desember 2001 18:30

Hier is `n paar goeie Poslyste om by aan te sluit.


Groete

Frikkie

Geloof Poslys:

Subject: Geloof

Geloof-s...@topica.com>

Om te subscribe:

Hierdie is `n Geloofs besprekingsgroep.

BoerVolkVryheidStigting: Subject: BVS

BoervolkVS...@topica.com

Subscribe

Hier bespreek ons die toekoms van die Boer in Suid Afrika.

Freedom 2000 Freedom2000 News

Jy kan nie na hierdie lys pos nie:

Hier stuur ons nuus uit deur Fred Rundle oor die werklike situasie in SA. Seker so by die 800 buitelanders op hierdie lys.

Subscribe

Freedom200...@topica.com

SA Magte Gesêlsgroep Subject: SA Magte

Hierdie is die Groep vir oud / huidige Magte lede waar ons sommer lekker Weermag / Polisie stories uitruil en probeer wegbly van Poliek en Kerke.

Weermag-...@topica.com

Subscribe

Huis en Haard: Subject: Mobiliseer

mobiliseer...@topica.com

Jy kan slegs aan hierdie Poslys behoort indien jy een van die Kursesse bygewoon het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

All Blacks

So., 02 Desember 2001 17:30

I've just watched BBC News article on S.A. police letting loose German
Shepherd dogs on a black man in S.A. You white South Africans are surely a
discusting bunch of aresholes and I will do all in my power to ensure no
more of you get to migrate to this country .
You deserve all the black man is going to give you. POLICE indeed . You
don't know the meaning of the word . Arohanui , Neil .

Sport & ontspanning | 4 kommentare

Geen raad met Gloudina

So., 02 Desember 2001 10:48

Wouter
> Die probleem in Afrikaans is dat daar weinig verskil
> in die uitspraak van rat en rad sou wees, dis dus logies om die
> volksvreemde rad weg te gooi.

Gloudina
Jy maak aannames wat jy nie deurdink het nie.

Wouter
Nee, dis jy wat dit doen. Myne was behoorlik deurdag.

Gloudina
Om te wil beweer dat die -t- altyd wen in die
skryftaal in Afrikaans, mag tot 'n sekere mate
waar wees ( 'n grammatikale oorgangs-proses dus),

Wouter
Jy maak die bewering, nie ek nie. Jy lei blykbaar af dat
ek gesê het taal is logies, maar ek het dit nie gesê of
geïmpliseer nie, en dit is ook nie waar nie. Ek het bloot
gesê dat dit logies is om in Afrikaans 'n -at uitgang te
verkies. Nie dat dit deurgaans so is nie of dat dit in
soortgelyke gevalle so is of behoort te wees nie.

Gloudina
maar om , soos jou Afrikaanse juffrou-
outoriteit, vir my te gaan vertel dat ek nie 'n
"rad voor die oë" mag gebruik nie,

Wouter
Jy het my gevra om uit te vind, toe vra ek iemand wat
30 jaar gelede 'n M.A. in Afrikaans-Nederlands by US
behaal het.En wat vandag die nuwe geslag leer wat reg
is en wat nie. Moenie die boodskapper aanval as jy nie
van die deskundige se boodskap hou nie. Live with it.

Gloudina
Sy sou soos 'n domkop voel as haar studente haar voorbeeld
na voorbeeld uit die Afrikaanse letterkunde wys waar die
Afrikaanse skrywer "'n rad voor die oë draai" gebruik het.

Wouter
Nie as dit argaïese Afrikaans is nie. Jy sou eerder die domkop
wees oor jou ondeurdagte opmerking.

Gloudina
alhoewel ek dit in my Afrikaanse klas 'n paar dekades
gelede geleer het, is eintlik 'n swak begrip van
wat in Afrikaans bestaan.

Wouter
Kyk tannie G, los nou jou blerrie hardkoppigheid. Dis
vervelig om aanmekaar oor dieselfde trivium te redeneer.
Ek was 40 jaar gelede op hoërskool en ek het van rat geleer,
nie rad nie. Ook wanneer jy dit voor iemand se oë draai.
Ek het toevallig nog my ou flenter skoolwoordeboekie (Juta
1955) en hy dra ook net rat (maar ongelukkig geen idiome nie).

Dat rad in dié konteks toe nog bestaan het, glo ek jou.
Dat dit algemene gebruik was, is plein onwaar. Dit kon dalk 'n
streeksding gewees het, wie weet? Maar kom ons los nou die
silly argument, jy glo wat jy wil en die res van ons weet wat
vandag gangbare Afrikaans is en wat nie. Dis al waaroor my
opmerking gegaan het en jy is welkom om aan 'n argaïese
spelling vas te klou as jy te oud of verstok is om iets by te wil leer.

Jy gebruik hier gereeld woorde wat wel nog in woordeboeke
voorkom, maar wat in moderne Afrikaans deur baie mense as
vreemd of selfs Anglisities ervaar sal word. As jy my vra sal ek
dit vir jou uitwys wanneer jy dit doen. Jy moet aanvaar dat 'n taal,
veral 'n jong een soos Afrikaans, nie staties is nie en dat die
norme verander.

Aanvaar ook dat jy te lank hier weg is om oor rad tegelyk
teen hedendaagse woordeboeke, aktiewe taalgebruikers en
deskundige opinies te wil stry. Dinge verander, ons taal ook.
Live with it.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Spoedgrens

So., 02 Desember 2001 10:05

Die spoedgrens in Wes Australië is m.i.v. 1 Desember 2001 verander na 50 kph
in beboude gebiede, tensy anders aangedui. Hulle reken dit sal padsterftes
drasties verminder.

Nou giggel ek so effe onder my snor. Die odd siel wat na groener weivelde
verhuis as gevolg van 'n motorongeluk hier is Aus is onbeduidend. Dat dit
wel die staastskas met etlike miljoene sal aanvul as gevolg van boetes wat
ge-in is - dit kan ek wel glo en is 'n "aanvaarbare" verskoning. Tien km per
uur ... gmf.

Lanklaas in SA gewees. Ek wonder nou wat die laaste statistiek vir SA paaie
is? Het die telling per minibus taxi al gedaal sedert 1998?

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

selnommer

So., 02 Desember 2001 05:59

DD het jy al jou ou cell nommer gekry? of moet ek jou ou cell nommer op die
ng sit dat almal vir die dief kan bel en sê wat ons van hom dink :-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Annette

Sa., 01 Desember 2001 08:39

Annette
Was vir 'n ruk van die internet af
Hardeskyf met alle inligting verlore
Stuur aub vir my jou tel nommer

Toergroep gaan hierdie week vir twee dae Kaap toe
Slaap Dinsdagnag by De Grendel se koshuise

Harry

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

hardedryf blues

Sa., 01 Desember 2001 08:29

............ en so het daar 'n week verby gegaan dat ek moes wag vir 'n nuwe
hardeskyf.
My Fujitsu het na 9 maande opgepak. nou het hulle vir my 'n Maxtor in sy
plek gestuur. Ek het 'n hekel in hierdie 'noname brand' produkte. My ou
Seagate 1Gig en Western Digital 1.2Gig werk nog steeds. Hulle klap en kraak
wanneer hulle werk, maar hierdie geruislose, 7500 rpm, 3 jaar waarborge
produkte kan hulle maar hou.
Gelukkig stoor ek alle e-pos en nuusgroepe op 'n ander dryf en hoef dit net
weer op te tel, so ook my adresboek,
anyways, julle het my nie gemis nie, maar ek het julle gemis :-) erm .....
korreksie ..... net party van julle ;-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Afrikaanse musiek en Annette se wurmpie

Sa., 01 Desember 2001 03:14

Ek het terloops:))
Maar ek is nog steeds nie 'n wurmpie nie:)))
Annette

news:5c2g0uo8bidcng4jpppvbo3q4abn6fgdue@4ax.com...
> On Fri, 30 Nov 2001 17:45:15 +0200, "Annette"
> wrote:
>
>> Dis omdat ek 'n dogtertjie is. Ek het nie 'n wurmpie nie;))))
>
> Ooooooooo....:-)))
> (Terloops, het jy al mooi na jou kaartjie gekyk? ) :-)))
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Piet Pompdonkie

Vr., 30 November 2001 21:46

Ek dag jy het dit geïmpliseer?
Woon en werk jy in Gauteng?
Vertel tog vir ons, waar werk jy?

Piet Bevraagtekendonkie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    817  818  819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 29 07:35:10 UTC 2026