Frikkie - ek sal jou graag wil antwoord op jou vragies.
F:
Whow Anette,
Nou verstaan ek jou glad nie.
A:
Geen probleem nie - baie min mense kan.
F:
Ek dag jy Glo ook aan God en sy Woord en wat hy sê is wet nou kom skryf jy
hierdie twak vir my.
A:
Ek glo natuurlik - maar ek glo nie blindelings nie - en veral nie slegs uit
uittreksels uit die bybel nie.
F:
Ek het glad nie gepraat van gesiene mense nie want hoeveel egpare ken jy nie
A:
Ek weet Frikkie - jy het gepraat van lesbiërs en moffies.
Ek ook - om dit so kras te stel dat jy dit kan verstaan.
Of wil jy my vertel hulle kan nie gesiene wees, of egpare wees nie?
F:
wat handjies vashou en sodra hulle by die huis kom dan vloek en skel hulle
mekaar dat die see hulle nie kan afwas nie. Nie dat ek `n probleem het met
vloek nie, net sekere woorde... maar wat ek eintlik wilsê is dat hulle net
"voorgee".
A:
Dit is nie net gesiene mense wat voorgee nie.
En vloek is vloek.
F:
Nou kom jy hier en klink vir my asof jy drank en moffies wil regverdig en
goedpraat.
A: As iemand 'n alkoholis is, het hy 'n ongeneeslike siekte. Dit is 'n feit.
Al wat ek sê is dat ek die feit erken, en jammer voel vir die persone.
Jy keur drankverslaafdes af, maar nie mense wat opsessief oor gewig is, te
veel eet, of seksmal is nie?
Die enigste manier hoe al hierdie mense gehelp kan word is as hulle besef
hulle is siek, erken wat hulle obsessie is, en leer hoe om dit te hanteer
en te vermy.
Die goed is frot man. Dit is wat "SLEG" voor staan...
Mens spel dit vrot.
En mens praat nie van mense as goed nie.
Jy misken daardeur 'n skepping van God.
Hoe de hel kan jy
praat van `n "siekte". Klink so al of ... toemaar..
A:
Nee ek is volgens jou norme normaal:)))
Frikkie - doen 'n bietjie moeite - gaan lees bietjie daaroor, en kontak
enige drankrehabilitasiesentrum of Alholiste Annonieme organisasie.
Nee, ek het nie 'n ouer wat 'n alkoholis is nie.
Die term " alkoholis was" bestaan nie as die persoon nog lewe nie.
Anette, lees gerus die volgende twee vêrsies.
Moet my nie eers antwoord nie want hier wil ek def. nie in `n bespreking
betrokke raak met iemand soos jy wat alreeds so vér weggevoer is deur die
"baalpriesters" wat so op die preekstoele staan en lieg dat daar niks meer
verder vir jou gaan sin maak nie.
Nee Frikkie - moenie aksies aan my toedig nie. Moenie vir my vertel na wie
ek luister en vir wie ek glo nie.
Jy weet nie.
LEV 020:13 En as 'n man met 'n manspersoon gemeenskap het soos 'n mens
met 'n vrou het, het hulle altwee iets gruweliks gedoen. Hulle moet
sekerlik gedood word. Hulle bloedskuld is op hulle.
Frikkie - nou kom ons presies wat ek teen die Bybelslaners het - vat 1
versie en gaan gal af.
Kom ons kyk in konteks wat die gedeelte sê:
Die hoofstuk gaan oor Boetes vir Ongehoorsaamheid - maar dit praat min van
ongehoorsaamheid, maar wel van vreeslike oortredings - daar is nogal 'n
groot verskil vir my.
Dan lees ons - Die doodstraf vir die volgende ( vanaf vers 9:)
Iemand wat sy vader of moeder vervloek
Iemand wat owerspel pleeg ( o ja - let wel slegs owerspel met 'n mede-
Israeliet - nie met net enige iemand anders nie - bietjie kokaaid, dink jy
nie?)
Iemand wat met enige van sy vader se vrouens owerspel pleeg.
'n Vader wat met sy skoondogter gemeenskap het.
'n Man wat 'n seksuele verhouding met 'n ander man het.
( niks van vrouens nie)
'n Man wat met 'n vrou en haar moeder trou. - al drie moet verbrand word.
'n Man of vrou wat seksueel met diere verkeer.
Nou - hoekom sal daar net in sekere plekke van mans en vrouens gepraat word?
Hoekom sal die lesbiese verhouding so laag af genoem word as dit die
vreeslikste van al die oortredings is ?
Hoekom sal die trou met dogter en moeder uitgesonder word as die daad waar
al drie verbrand moet word?
Al hierdie bogenoemde dade gebeur nog daagliks in ons samelewing - maar ek
sien geen mens skree dat Die Bybel sê diegene moet doodgemaak word nie.
Daar word nie eers hier in die Bybel vermeld van seks met minderjarige
kinders nie - ( sou dit beteken dat dit dan goedgekeur word? - nee hopelik
natuurlik nie - maar ek weet nie van jou nie - vir my is dit 'n baie erger
oortreding as al die bogenoemde saam) -
Ek weet nie van een ouer wat deur 'n kind vervloek word die kind sal
uitsleep en doodmaak soos deur die Bybel aanbeveel word nie.
Hoekom dan die gays uitsonder?
DEU 022:05 'n Vrou mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen
vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE
jou God 'n gruwel.
Weereens - die gedeelte gaan oor verskeie wette -
oa van diere wat jy vind wat jy aan die wettige eienaar moet terugbesorg.
Let wel - die Bybel sê niks hier dat jy jou diskresie moet gebruik en nie
die dier moet terugbesorg aan 'n eienaar wat die dier mishandel nie. Nee,
definitief staan dit daar swart op wit - jy moet die dier terugbesorg.)
Dan jou stukkie oor mans en damesklere - wat nogal lagwekkend is, want die
meeste gays en lesbiërs dra wel die klere van hul geslag wat hulle geag
word.
Eintlik praat die Bybel hier van crossdressers - en glo my, nie alle
crossdressers is gay of lesbies nie.
O ja - onder dieselfde opskrif, in dieselfde hoofstuk:
As jy 'n nes met eiers kry waarop 'n hen broei, moet jy die hen laat gaan,
maar jy kan maar die eiers of die klein voëltjies hou - obviously om te kan
eet. Sou dit beteken dit is 'n sonde om 'n volgroeide hen te slag en te eet?
Volgens hierdie versie definitief.
Verderaan - Maak seker daar is 'n heinintjie om die rand van jou dak, anders
is dit jou verantwoordelikheid as iemand van jou dak afval en doodgaan.
( Ek sien nie baie huise met heinintjies op die dak nie - miskien bly ek in
'n vrot area)
Moenie enigiets anders plant op dieselfde grond as druiwestokke nie ( Die
Bolandse Wynboere is dus almal deur die bank sleg)
Moenie klere dra waarvan wol en linne saamgeweef is nie. ( die modehuise is
in groot moeilikheid)
Werk 4 tossels vas aan die hoeke van jou klere.
Dit is wat daar staan Frikkie.
En dit is wat ek teen almal het wat 'n versie uit die Bybel neem en dood en
verdoemenis verkondig.
Hoekom word al die goed wat ook in dieselfde dele genoem word verontagsaam,
ge-ignoreer, aanvaar of
verwerp as iets wat ons tog nie meer deesdae doen nie, ens, maar sekere goed
word Volgens Die Bybel voor ons koppe gegooi?
Leef maar lekker voort in hierdie "droomwêreld" van jou.
Groete
Frikkie
Ps:
Dit is natuurlik een van die redes hoekom die Boervolk en die opregte Blanke
in die Wêreld so gestraf word....
Frikkie - het weet jy skeer sommer net die gek met jou laaste paar
opmerkings hierbo.:)))
Jy weet net so goed soos ek daar dat min, indien enige, Opregte Blankes hier
rondloop.
Ons voorvaders was maar net te lief om die kat in die donker te knyp en die
gevolge van hulle dade ver weg te steek en daarvan te vergeet.
Aanvaar dit nou - dit is 'n feit.:)))
Annette - Die realistiese dromer.
ai my antie nogge jaar lê alweer beendere innie lig. ennit wassie eers
'n baie goeie jaar nie antie want my pa is baie armir as wat hy kon
gewees.
antie weet mos hoe slim my pa is toe beland hy op
woe-wants-toe-bie-'n-millienêr en hy ken allie antwoorde tot by die
laaste vraag antie. toe vra hille vir hom wie issie premier vannie
weskaap antie. en nie eers die wesskaape het daai een geweet nie
antie.
nou is my pa die moer in virrie deepee en virrie enenpee en virrie
aensee en virrie peeasee antie. ma' hy sê hyt ma' net weer geleer wat
hy nog allietyd geweet het antie en dis lat alle pollietiesie
dieselfde is. maakie saak aan watter party hille behoort en wat die
oom vannie koerant sê nie. hoe virstaan antie lat oom pietertjie
vannie kaap hof toe gaan oorlat oom tounie sê hy issie meer die
burgemeester vannie kaap nie en toe die hof sê hy is toe sê hyself hy
issie.
mientaaim sê oom hoofseun vanskalkwyk oom jerald morkel issie meer
premier nie en toe maak oom tounie oom jerald burgemeester. ennie
aensee sê die enenpee issie meer die ennemie vannie piepel nie oom
pietertjie is nou premier. my pa sê sy kanse is beter om 'n miljoen
innie biekbradder hys te wen want hy kan beter vloek as witboesman
ferdinand rabie.
nou issie kaap okkie meer hollans nie antie en da is okkie 'n kans lat
hy volgende jaar driehonderdenvyftag jaar na jan vanriebeek weer
hollans gaan raak nie. want antie petrisia delilla vannie peeasee
fillistyne sê ons gannie weer vanriebeekdag vier nie antie. oom taboe
het hoeka mos gesê apartheid is jan vanriebeek se skuld oor hy die
amandelbome geplant het en antie petrisia sê hy is die yntlike enemie
vannie piepel want as hy nie al die pikkewyneiers op robbenyland
opgevreet het nie sou da' nie plek virre tronk gewees het nie. en as
hy die kaap gelos het soos hy was sou dit nie nog tweehonderdjaar
gevat het om 'n spoorlyn kiemberlie toe te bou en diamante te gaan
ytgrawe nie antie. en dan was oom pietertjie hoeka al premier en
burgemeester.
my pa sê ek moet vi' antie sê antie hoef nie te warrie lat hy kanada
toe sal kom nie. hy sê vanlat hille die arme rand by 'n vliegtyg
ytgegooi het lat hy in vryval is het hy nie eers geld vir petrol
simbabwie toe nie wat nog van 'n vliegtygkaartjie kanada toe. ma' oom
robbies makapie van simbabwie kla nie want hy sê hy soek nie my pa se
soort da' nie.
my pa sê strandloper herrie viljoen het hom nou finaal van rakbie
genees. hy sê sydafrika se rakbie is nou so trerig lat dit nie eers
sal help as hille vir herrie potter afrigter maak en ons op toorbesems
lat speel nie.
koebaai antie (merrie krismis en heppie neeu jeer)
Die Aussies het te laat verklaar.
Hulle moes 'n meer realistiese teiken daar gestel het.
Ons ouens moet nou net 'n slaapdrankie drink dat hulle lekker relaxed en
rustig kan raak, en dan daar staan totdat die wedstryd oor is.
Ek is 'n optimis:)))
Ek voorspel 'n gelykop uitslag.
Annette
Daar is klaarblyklik drie (3) Engelse woorde wat op "gry" eindig. Twee van
die drie woorde is "hungry" en "angry" - ek is op soek na die derde ene.
Help asseblief!
Indien die media (TV & pers) geglo kan word, pas die ANC-regering dmv hulle
Minister van Sport (Balfour) druk toe op die SA Krieketraad om 'n minimum
getal Swart spelers in die nasionale span te hê.
Indien dit waar is ontstaan die vraag - wat doen die ICC in hierdie verband?
Nog 'n vragie - waarom het Suid-Afrika 'n Minister van Sport nodig. 'n
Minister (Nkondi Balfour) wat glad nie lyk of hy ooit aan sport deelgeneem
het nie - of ooit daaraan sal kan deelneem nie. Hoekom is daar nie eerder 'n
Minister van Vigs en Verwante Aangeleenthede nie? Die heer Balfour behoort
goed in daardie rol te pas - dis is sigbaar duidelik dat hy nie VIGS
onderlede het nie ....
'n Werf omtrent die Afrikaanse taal.
Sluit die volgende in Taal Hulpmiddels, Interessante Skakels, Forum,
Gratis EPos, SoekMasjien en meer...
Geniet Dit.. In Afrikaans !!