Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
inrig.
Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
daar gebeur?
En beste wense aan almal wat hier lees en deelneem. Hoop dit sal 'n
baie gelukkige jaar vir julle almal wees, en dat al julle drome en
wense sal verwesenlik. (Moet net nie vir geld en rykdom wens nie,
want dit is uitgesluit in my wense) :-)
(Dit sneeu al heeldag hier in Athens, maar daar is minder as 1" sneeu
op die grond.) :-)
In die Noordelike Provinsie het ons so pas 'n aanval uit elk van voormelde
kategorieë beleef.
Mnr Jaco van der Walt van die Plaas Roodepoort by Naboomspruit, wat deur
plaasaanvallers in die buik geskiet is, het twee van sy aanvallers gewond
en beide is reeds onder polisiebewaking in die hospitaal. Die Provinsiale
Kommissaris van Polisie het die versekering gegee dat die medepligtiges
bekend sal raak en dat verdere arrestasies binnekort verwag kan word.
By die Arabiedam het rowers in 'n aanval op hengelaars geloods en is mnr
Pieter van Wyk van Vanderbijlpark in die knie geskiet en sy voertuig geroof.
Voorvalle soos hierdie werk kontraproduktief in op die Toerismebedryf, 'n
aspek wat die Noorde se wankelende ekonomie geensins kan bekostig nie.
Kommissaris N.C. SenganI het bevestig dat die Polisie se reaksie-eenheid
van die Bosveld sekerlik die beste in die land is, en dat hulle intensief
werk aan die opsporing van die skuldiges, maar terselfdertyd ook aandag gee
aan die beveiliging van die omgewing van die Arabiedam. Hierdie pro-aktiewe
optrede in volgens die Vryheidsfront noodsaaklik en behoort dwarsdeur die
Provinsie by versamelpunte van vakansiegangers en toeriste geïmplimenteer te
word. 'n Aspek wat verseker dringend aangespreek sal word.
Die naakte rassisme van mnr Percy Sonn, vorrsitter van SA Krieket, wat sy
vetoreg gebruik het om te verseker dat 'n tweede speler van kleur in die SA
krieketspan vir die derde toets teen Australië opgeneem word, is laakbaar.
Op hierdie wyse word 'n reeds-beleërde SA span nog verder verswak, aangesien
sowel Ntini as Ontong tans hoegenaamd nie krieket van toetsgehalte speel
nie. Die besluit is ook geensins tot voordeel van Ntini of Ontong nie,
aangesien hulle die stryd moet aanknoop in die wete dat hulle bloot as
"tokens" gebruik word.
Hierdie onbesonne stap gaan gewis 'n demoraliserende uitwerking op die span
as geheel hê, aangesien hulle die wêreldkampioene moet aandurf in die wete
dat politici en beamptes se eie agendas hulle merieteloos tot 'n verswakte
span degradeer.
Hierdie tipe besluite het 'n vernietigende uitwerking op nasiebou in
Suid-Afrika, en sal eerder lei tot wrewel en frustrasie wat geensins
bevorderlik is vir goeie verhoudinge tussen die bevolkingsgroepe in
Suid-Afrika nie. Die rol wat die minister van Sport, Nconde Balfour speel
deur sy voortdurende inmengery en gesanik oor swart spelers wat kwansuis
benadeel word, moet ook nie misgekyk word nie.
Soos in die staatsadministrasie en die ekonomie, is prestasie en sukses op
die sportveld ook die beste waarborg vir ontwikkeling en groter geleenthede
vir almal. Deur meriete oorboord te gooi word groei, vooruitgang en
effektiwiteit benadeel, ten koste juis van die sogenaamde benadeeldes.
Vanaf 1 januari 2002 stopt mijn provider met de service
en mijn nieuwe provider heeft deze nieuwsgroep niet op zijn lijstje
staan...
Ik zoek nog een oplossing....
Aan alle deelnemers van deze nieuwsgroep een heel mooie jaarwisseling
en alle goede wensen voor 2002....
Die maand Desember is gewoonlik 'n rustige tyd in die politiek. Die jaar
1912 was egter 'n uitsondering en dan sommer 'n uitsonderlike uitsondering.
Dit was 'n woelige, spannende maand omdat Gen JBM Hertzog, die groot
kampvegter vir die Afrikaner na die Engelse Oorlog, die konsiliasie-politiek
van Gen Louis Botha aangeval en verwerp het as lid van die Botha-kabinet. So
skep Gen Hertzog 'n nuwe polarisasie in die politiek - Afrikanernasionalisme
téénoor Gen Louis Botha se verengelsingsbeleid.
Dit was 'n moeilike tyd. Skaars 12 jaar vroeër is die republikeinse
Afrikaner se geledere verdeel in Bittereinders aan die een kant en
hensoppers en joiners aan die ander kant. Terwyl daardie verdeling nog vars
is, kom daar weer 'n verdeeldheid. Dit gaan wesenlik oor dieselfde saak as
gedurende die oorlog net die rolspelers verskil.
Die vraag nou is of die Afrikaner geestelik, kultureel, polities maar deel
moet word van die Engelse wêreld waarin hy nou staatkundig vasgevang is. Gen
Hertzog se antwoord is Nee ! en daarom hys hy die vaandel van
Afrikanernasionalisme. In die Unie van Suid-Afrika kom dit amper neer op
hoogverraad teen Engeland ! Maar Gen Hertzog se standpunt : Daar kan vir die
Afrikaner net stilswyend en hoflike opgaan in die Engelse leefwêreld wees of
manlike, onaangename stryd vir die handhawing van 'n selfstandige
Afrikaner-Volksbestaan. Dit was 'n moeilike keuse met die oorweldigende
Engelse kulturele en politieke mag teenoor die Afrikaner.
Geen wonder dat Gen Hertzog se toespraak by De Wildt Gen Louis Botha
paniekerig laat reageer om Gen Hertzog uit die kabinet te kry. Hy wou die
Engelse paai en maak dan sy eie mense kwaad. So skryf een van Gen Hertzog se
vriende aan hom : "En so, ou vriend, is jy dan vir tyd en wyl op die altaar
van papbroekigheid gelê."
Op 28 Desember word 'n landswye vergadering in Pretoria gehou om Gen Hertzog
te steun. Ongeveer 5 000 mense woon die vergadering in Prinsespark by waar
die sprekers 'n komposhoop as 'n platform moes gebruik. Een van die
hoofsprekers was Gen Christiaan de Wet wat daar gesê het : " ... dat hij
liever op een mesthoop onder zijn eigen volk was, dan op het schitterendste
spreekgestoelte onder vreemdelingen ..." Hy het sy toespraak ge-eindig om
dat vra dat sy volk : " ... moesten hun nationaliteit niet weggeven ..."
Gen Hertzog het na die Engelse Oorlog die simbool en stem van
Afrikanernasionalisme geword. Hy laat die Afrikaner polities her-rangskik om
sodoende die vlam van Afrikaner-nasionalisme brandende te hou.
Die Mishoop-vergadering word 'n baken in die heroplewing van
Afrikanernasionalisme en help om Afrikanernasionalisme as een van die
invloedrykste strominge in die Suid-Afrikaanse politiek te vestig.