Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Retief se manifes en Afrikaans

Vr., 25 Januarie 2002 04:02

Retief se manifes en Afrikaans

Presies 165 jaar gelede, op 23 Januarie 1838, word Piet Retief se Manifes
in die Graham's Town Journal in Engels gepubliseer. Hoewel dit deesdae
verbode stof in die staatskole is, bly hierdie manifes met sy duidelike
uiteensetting van die redes vir die Groot Trek en sy aanklag teen die
Britse administrasie 'n belangrike deel van die Boerevolk se geskiedenis
van verset teen vreemde oorheersing en onderdrukking.

Die geldigheid van die besware in die manifes is deur niemand minder nie as
goewerneur sir George Napier in 'n brief aan lord Glenelg bevestig, Hoewel
hy Britse beleid in die openbaar verdedig het, erken hy aan Glenelg dat die
boere onherstelbare verliese ly weens rooftogte deur swartes, geen hoop op
kompensasie het nie en dat die situasie vir die Britse heersers buite
beheer geraak het. Ook sê hy dat die Boere self geen aanleiding vir die
rooftogte gee nie, dat hulle inderdaad onskuldige slagoffers is.

Dit is tog interessant dat hoewel Retief se manifes in Engels gepubliseer
is, die Groot Trek volgens die taalkenner prof. Jaap Steyn op die duur
belangrike taalgevolge vir die Afrikaner gehad het.

In die eerste plek het die grootskeepse uittog van die grensboere tot
gevolg gehad dat Oos-Kaapland feitlik heeltemal verengels het en dit vandag
nog is.

Die tweede gevolg was dat die Groot Trek Afrikaans oor 'n groot gebied van
Suider-Afrika verbrei het. In die nuwe state het Hollands vanselfsprekend
die taal van die staat, die regspleging, die kerk en die skool geword.

Die Transvaalse gondwet van 1858 het weliswaar nie bepalinge oor die
amptelike taal bevat nie, maar was natuurlik in Hollands.

Die Vrystaatse grondwet het egter spesifieke bepalings bevat wat Hollands
as die hooftaal, oftewel amptelike taak van die Republiek verskans het. Dit
is bepaal as die taal van alle geregshowe en regeringskantore,
dagvaardings, vonnisse, uitsprake, lasbriewe, instruksies, ordonnansies,
proklamasies ens. Dit het ook vir alle interdepartementele kommunikasies en
selfs briewe aan die staat gegeld. Dit was ook van toepassing op alle
plaaslike besture.

Hollands sou ook die taal van die onderwys wees en minstens die helfte van
die bedrag wat die staat vir die aankoop van biblioteke beskikbaar gestel
het, moes aan Hollandse boeke bestee word.

Die mense van die republieke het in voortdurende voeling met hulle familie
en vriende in die suide geleef en die nasionale en taaltrots het
aansteeklik op die Kapenaars ingewerk, skryf Steyn. Met die aanbreek van
die jare sewentig was daar tekens van 'n nasionale ontwaking en van dié tyd
af het al hoe meer Kaapse Afrikaners aanvalle begin doen op die verengelsde
staatskole en kerkskole.

Dit is 'n erkende feit dat die Groot Trek 'n deurslaggewende rol in ons
volkswording gespeel het en Retief se manifes, wat so sinoniem met die Trek
bly, moet ook gesien word as 'n bydraende faktor in die vorming en behoud
van Afrikaans.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Tinkerbell

Vr., 25 Januarie 2002 03:26

Ek soek na Tinkerbell! Gehoor sy is soms hier rond?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nederlands / Vlaams

Do., 24 Januarie 2002 18:31

Beste mensen in Suid-Afrika,
helaas spreek/schrijf ik zelf geen Afrikaans, maar ik versta toch
tamelijk veel (baie) en lezen gaat heel goed. Ik vroeg me gewoon het
volgende af : als er op de Zuid-Afrikaanse televisie een Nederlander
of Vlaming geïnterviewd wordt, zet men daar dan ondertiteling bij of
verstaan jullie het Nederlands dusdanig goed dat er niet moet vertaald
worden.

Bedankt voor jullie reacties

Groeten uit Vlaanderen

Koeitjies & kalfies | 31 kommentare

Lotto-suinigheid.

Do., 24 Januarie 2002 11:53

Bo en behalwe dat slegs 'n aks uitbetaal is aan wie dit behoort toe te kom,
moet ons toe hoor dat die Dierebeskermingsvereniging niks gaan kry nie.
Ek dink dit is hoog tyd dat alle diereliefhebbers moet saamstaan en nie
lottokaartjies koop totdat hulle van besluit verander nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Annette weet jy...

Do., 24 Januarie 2002 10:53

...dat jy van 23 Januarie 2001 tot 23 Januarie 2002 meer as 3000 keer
op die ng gepos het!? Goed gedaan en hou so aan!

Groete, Drom

(Dankie vir die inligting oor die CD)

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

sulfnbk.exe virus

Wo., 23 Januarie 2002 06:57

surprise!
eerste ding wat ek vanoggend kry is alweer `n elle lange waarskuwing
oor die sogenaamde sulfnbk virus. dis `n hoax virus wat al amper `n
jaar oud is. so as iemand vir jou `n email waarskuwing stuur daaroor
delete dit. dis een van daai ierse virusse. jy veroorsaak self die
probleem deur die instruksies te volg, in die geval delete jy een van
jou eie system files (nodig om long filenames te convert) en flood die
netwerk deur vir almal in jou address lys te forward.

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Veranderde skool termyne ... AAARGGGHHH!!!!

Wo., 23 Januarie 2002 06:40

En daar gaat staat en doen ons dit toe so wragtag - verander die
skooltermyne nadat die skool al begin het. Blykbaar om een of ander
Summit te akkomodeer waarvoor die SA Belasting betaler maar weer sal
moet opdok.

1ste Term 16/01/2002 - 20/03/2002
2de Term 03/04/2002 - 14/06/2002
3de Term 02/07/2002 - 23/08/2002
4de Term 09/09/2002 - 20/09/2002
5de Term 01/10/2002 - 06/12/2002

Somtyds wonner ek of iemand in die regering enigsins vir vyf sekondes
stop en dink? Piesang Republiek - hier gaat ons!

Onderwys & opvoeding | 6 kommentare

Namakwalandse ghitaar

Wo., 23 Januarie 2002 03:43

Wie het gisteraand na David Kramer se program oor oa Namakwalandse
ghitaarspelers gekyk op kyknet? Dit word ten sterkste aanbeveel ...

Kramer beskik oor benydenswaardige gawe om met die manne te kommunikeer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Danielle en die Parallelle

Di., 22 Januarie 2002 18:47

On Sat, 19 Jan 2002 16:23:43 -0500, Danielle wrote:

>
> Vir die wat dalk sou belangstel. Hier is solank 'n lysie met sommige
> van die Jesus-parallelle . Hoofsaaklik Roger Viklund se werk, en
> daarom gaan ek dit in Engels hou.
>
>
> Sleutels:
> H=Hercules
> D=Dionysos
> Ap=Apollionios of Tyana
> As= Asklepios
> M=Mithra/Mithras
> B=Buddha
> K=Krishna
>

Danielle, eintlik het jy die soort vraag gevra wat enige redelike mens
diep laat dink. Die soort vraag wat somtyds en enige redelike mens
se gedagtes kom, maar so maklik weggeveeg word want jy is slegs
aan jou self 'n antwoord verskuldig en sal later weer daaroor dink.
Die soort vraag waaroor jy somtyds 'n paar dae moet tob voor jy
antwoord. En dan steeds in jou antwoord sê 'ek het nie alle
antwoorde in pag nie maar dit is hoe ék dit sien'.

Vanmiddag in my kar op pad na Westgate het ek met myself hieroor
geredeneer en gemedditeer en tot dié slotsom gekom (wat ek op my
eie manier vir jou in woorde omsit en daarvan kan jy natuurlik kan
maak net wat jy wil, maar vir my is dit bevredigend):

'n Landmeter wat besig was om die weg aan te wys vir 'n nuwe hoofpad
deur 'n onderontwikkelde staat, het sowat ses weke voor die span
werkers beweeg. Die gevolg was dat hy weke op dieselfde plek in die
gramadoelas in 'n tent gewoon het.
Op 'n stadium het die landmeter tydens sy baie vrye tyd geinteresseerd
geraak in die bou van 'n miershoop. 'n Kollosale miershoop wat in
aanbou was deur 'n massa miere wat vir geen oomblik ophou werk het nie
maar asof totaal en al besield met die werk, slegs gebou en gebou en
gebou het.

Alles dit was vreeslik interessant en leersaam behalwe vir die
hartseer situasie dat die miershoop presies in die pad van die komende
pad was. Dat die miershoop ses weke later gelyk met die grond gevee
sou word met alles daarin. Landmeter wou so graag aan die miere
beduie dat hulle hul werksaamhede slegs een honderd tree moes skuif.
Dat hulle in die pad van 'n gewisse vernietiging is as hulle bly waar
hulle is. Landmeter kon dit nie doen nie TENSY HY IN 'N MIER KON
VERANDER EN BINNE IN DIE MIERSHOOP GAAN. EEN VAN HULLE
WORD EN PERSOONLIK IN HULLE TAAL MET HULLE PRAAT.
Hulle waarsku en hulle wys in watter rigting hulle moes beweeg. Al hoe
hy dit kon doen was om in 'n mier te verander en een van hulle te
word. En hy wou dit sò graag doen want in sy baie vrye tyd het hy
somtyds lank by die nes gesit en die bedrywighede dopgehou.
Gefasineerd geraak met die manier waarop hulle gebou het. Gebou het
aan 'n kasteel wat in die pad van 'n staalmonster was.

Dink nou bietjie aan die feit dat die landmeter reg langs die
miershoop gestaan het sonder dat hulle hom raak gesien het. Sonder dat
hulle bewus was van die yslike wese wat oor hulle getoring het. Nooit
het een van hulle vir 'n oomblik gaan staan en opkyk na bo nie. Gesien
dat hulle van bo af dop gehou word deur iemand wat hulle graag wou
help en raadgee.

Parallelle Danielle? Daar was ander miershope wat net buite die
gevaarsone gebou het. Twee of drie van hulle die landmeter gesien. En
toe die padskrapers daar deur beweeg het vyf van hulle gesien dat 'n
mens dit bestuur. Drie van die vyf was ander as dié wat die landmeter
gesien het. Hulle het op die ander se beskrywing gegaan en beskuit dat
dit die landmeter is wat die miershoop vernietig het. Die ander twee
het gesien dat dit iemand anders was en hulle storie was weer kompleet
anders.

Padskrapers het hulle nie geken nie so hulle het vertel dat dit 'n
verskriklike groot miskruier was. Ander het gesê nee, dit was 'n tor.
Ander weer het gesê dat dit 'n onbekende sandvreter was.

ALLE STORIES HET DIESELFDE WARE OORSPRONG GEHAD
maar is gesien deur miere uit verskillende posisies en dié wat nie
vriende was met daardie miere wat se huis plat getrap is nie, het weer
vertel dat die sandvreter kwaade was omdsat hulle sy sand gesteel het.

Alles in parallel omdat dit 'n werklike gebeurtenis as bron het maar
deur verskillende oë gesien is.

(En moet nou nie vir my vra of dit in werklikheid 'n miskruier, tor,
sandvreter of padskraper was nie want dit is nie waaroor jou vraag
gaan nie. Jou vraag was oor die parallelligeit in die verskillende
stories.)

DD

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

sorry for posting in english...

Di., 22 Januarie 2002 18:31

hello everybody,

I would like to sign up for a web hosting service in Afrikaans,
because the features are so good.

The only catch: you have to provide translated each page in Afrikaans
as well as whichever language you are writing in. And I don't speak
any Afrikaans.

I am looking for someone willing to translate a couple of pages for me
from English to Afrikaans.

The site is a chat page, so there will be very little to translate.

thanks very much
NJJH
-
to err is human. to moo is bovine
ICQ me anytime: #119416248

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812  813  814  815    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 07:37:21 UTC 2026