Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

janine se joppie

Do., 31 Januarie 2002 06:33

waarskuwing: hier is engelse woorde (nie noodwendig met die regte
spelling nie) in hierdie post. as dit jou gat gaan laat kramp, moenie
lees nie.

ek lees nou vanoggend op die lamppale dat daar vandag besluit word of
daai janine vrou (van big brother) haar werk sal hou as onderwyseres.
ek self het nie bb gekyk nie (dis nou vanwee die gebrek aan mnet en
dstv) maar haar aksies het soveel opspraak gewek dat mense sommige van
haar antics vir my getape het, veral die komkommer een.

nou my punt, en ek het een, ek verstaan nie hoekom daar oor so iets
gekoukus moet word nie. dis duidelik, vir my in elk geval, dat sy nie
`n onderwyseres se agterend werd is nie. in beginsel het ek nie `n
saak met wat sy doen of wat haar morele standaarde is nie maar om dit
op nasionale tv te doen terwyl jy weet daar is ouers en dalk selfs van
die kinders wat dit gaan sien, common is al wat ek kan se. plaas sy
maar vrywillig loop en haar eintelike calling, om in porn movies te
speel, volg.

hiers `n ou ene-

An 80-year old man was having his annual checkup and the doctor asked
him how he was feeling.

"I've never been better!" he boasted. "I've got an eighteen year old
bride who's pregnant and having my child! What do you think about
that?"

The doctor considered this for a moment, then said, "Let me tell you a
story. I knew a guy who was an avid hunter. He never missed a season.
But one day, he went out in a bit of a hurry, and he accidentally
grabbed his umbrella instead of his gun." The doctor continued, "So he
was in the woods, and suddenly a grizzly bear appeared in front of
him! He raised up his umbrella, pointed it at the bear and squeezed
the handle. And do you know what happened?" the doctor queried.

Dumbfounded, the old man replied, "No."

The doctor continued, "The bear dropped dead in front of him!"

"That's impossible!" exclaimed the old man. "Someone else must have
shot that bear."

"That's kind of what I'm getting at," replied the doctor.

Koeitjies & kalfies | 32 kommentare

Gesoek: wit rekrute vir die polisie

Wo., 30 Januarie 2002 18:39

Gesoek: wit rekrute vir die polisie

Die aankondiging deur senior superintendent Sakkie Morkel, hoof van
indiensneming, dat die SAPD 'n aktiewe veldtog gaan voer om wit rekrute vir
die polisie te werf, kan verwelkom word. Dit is 'n aanduiding dat daar ten
minste in hierdie departement 'n besef begin posvat dat die blanke 'n
noodsaaklike bydrae te lewer het in die bestuur van die land, ten minste in
soverre dit die bekamping van misdaad aanbetref.

Twee aspekte van die betrokke berig in die Afrikaanse Sondagblad demp die
geesdrif. Een is die polisie se politieke hoofde, minister Steve Tswete, en
nasionale kommissaris Jackie Selebi, se lou reaksie toe hulle om kommentaar
genader is. Hulle stelling dat die SAPD plek vir alle mense het wat in die
stryd teen misdaad betrokke kan raak, is die soort geykte politieke manier
om tekenne te gee dat jy alles behalwe opgewonde oor die saak voel.

Die tweede is dat enige invloei van blanke rekrute nie noodwendig tot 'n
opgradering van die mag sal lei nie. Niks behalwe deeglike opleiding,
herstel van dissipline en die skepping van 'n behoorlike werksomgewing met
die nodige toerusting kan die SAPD uit sy huidige verval ophef nie.

Transformasie met sy onregstellende aksie het al die staatsdienste in
onvriendelike werksomgewing vir blankes en meer nog vir blanke Afrikaners
omskep. Dit geld veral vir die polisie en die weermag. Blanke offisiere wat
die dissipline probeer afdwing het wat so onontbeerlik vir doeltreffende
funksionering is, is as rassiste uitgekryt en voorwerpe van haat en
diskriminasie gemaak. Dit is geen wonder dat ervare blanke offisiere so
vinnnig moontlik uit die mag padgegee het nie. Net in 1999 alleen het 5 100
polisiebeamptes die mag verlaat.

Die kundigheid en ervaring van daardie manne kan nie met nuwe rekrute
vervang word nie.

Tog glo ons dat die polisiemag wel by 'n groter invloei van blankes kan
baat, maar dan onder sekere bepaalde voorwaardes. Ten eerste moet daar gehou
word by die minimum vereistes van 'n matrieksertifikaat, geldige rybewys,
taalkennis en 'n skoon rekord ten opsigte van misdaad. Hierdie vereistes
moet dan ook op alle rekrute van toepassing wees. Velkleur moet nie weer die
plek van meriete inneem as dit by swart rekrute kom nie. En kennis van
Engels alleen is eenvoudig nie voldoende in 'n land waar meer mense
Afrikaans verstaan as enige ander taal nie.

Ten tweede moet rekrute aan deeglike opleiding onderwerp word, sowel ten
opsigte van polisiëringsvaardighede as polisie-etiek van dissipline,
onkreukbaarheid en toegewydheid. Ons vermoed daar is tog nog ervare blankes
uit die ou bedeling in die mag oor om dit te kan behartig. Andersins kan die
dienste van bekwame uitgetrede blanke offisiere ingeroep word.

Dis vanselfsprekend dat die polisie, die laer range in besonder, regverdige
salarisse moet ontvang wat hulle in staat stel om 'n eerlike lewe te kan
lei. Daarbenewens behoort daar ook indringende ondersoek na die polisie se
werksomstandighede ingestel te word. Dit is net nie aanvaarbaar dat hulle
dikwels sonder vervoer, selfs sonder telefone of die noodsaaklikste
higiëniese geriewe moet werk nie.

Ten slotte behoort al die vrot appels, veral diegene wat op grond van
velkleur en met negatiewe meriete aangestel is om kwotas vol te maak,
uitgeroei te word.

Bowe-al moet geen diskriminasie teen blankes geduld te word nie en geen
plafon op hulle bevorderingsgeleethede geplaas te word nie.

Dan kan en sal blankes in die polisiediens 'n waardevolle bydrae lewer.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zoom Zoom Zoom

Wo., 30 Januarie 2002 14:59

Ek sien dat Mazda se nuwe advertensie nou hier op ons tv kanale uitgesaai
word. Die agtergrond tonele laat my geweldig aan SA dink asook die liedjie
(hulle sing net zoom zoom zoom die heeltyd) met tipiese afrika ritmes.
Is dieselfde advertensie ook daar in SA?

Patricia

TV, flieks & vermaak | 3 kommentare

nog een (gestuur van my ISP)

Di., 29 Januarie 2002 20:32

jammer geen vertaling nie, maar julle beter dit lees!
kyk hoe ougat maak hy dit 'n .com file, al die tyd dink jy dit is 'n
kommersieele
adres.
~~~~~~~
VIRUS WARNING

Please note that there is another virus on the loose.

Below are some more details regarding this virus:

Name: W32.Myparty@mm
Description: It is a mass-mailing email worm.
Characteristics:
Subject: new photos from my party!
Message: Hello!

My party... It was
absolutely amazing!
I have attached my web page
with new photos!
If you can please make color
prints of my photos. Thanks!

Attachment: www.myparty.yahoo.com

Upon infection:

The worm sends email to all contacts in your Windows address book, and to
email addresses that if finds in the Outlook Express Inboxes and folders.

In addition, the worm sends a message to the author so that the author can
track the worm.

On NT/2000/XP systems, the worm drops a backdoor Trojan that allows a hacker
to control your system.

If you receive this message delete it immediately.
--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kyk hier

Di., 29 Januarie 2002 17:56

Wat seg julle linkses nou en nog altyd met die dinge wat hier aangaan. Weet
nie, ek sien net nie vooruitgang by die "kommies" nie. Nie na `94 nie en ook
nooit in die toekoms nie. G`n wonder die ander afrika state lyk soos hulle
lyk nie. Kyk net WIE is in beheer.
http://www.neverflysaa.com/

Groete
Frikkie
Ps: Kom bewys my verkeerd. Indien iemand skryf, moet asseblief nie `n nuwe
"onderwerp" oopmaak nie, aangesien ek nie meer al die strond kan lees nie en
lees dus net op die antwoorde wat gestuur word en dan ignoreer ek natuurlik
mense soos die M8 wat reageer.....

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Godsdiens

Di., 29 Januarie 2002 09:08

Soos belowe het ek hierdie een bepeins die laaste week en ek het nou nog nie
op 'n manier gekom om my standpunt te stel nie. Ek gaan dit maar sê soos
dit kom. 'Skuus by voorbaat aan die "slegs kultuur" ouens(en dames).

1. Hoekom moet daar 'n god wees.
2. Waar/wat is die oorsprong van so 'n god.
3. Waar is die bewyse van die bestaan van so 'n god.

Ek het na dekades se gerondkrap nog nie een enkele greintjie van 'n gedagte
van werklike onomstaatbare bewyse gesien of van gehoor nie. Al wat ek kry
is dat ek moet blindelings glo, anders verbrand ek in die hel tot in alle
ewigheid. Grote Griet, ja hoor.

Geloof & kerksake | 127 kommentare

Iets om Gloudina wakker te maak - Engels:)))

Di., 29 Januarie 2002 06:46

While visiting the U.K. Winnie Mandela was invited to a cocktail party
>>> which was to be attended by Margaret Thatcher. When she saw the
>>> ex-prime minister on the other side of the room she barged past
>>> everyone, causing several drinks to spill on the way.
>
>>> Winnie stood brazenly in front of Maggie and declared: "I
>>> hear they call you the iron lady?"
>
>>> "I have been referred to by that name, yes.", replied Maggie,
>>> "and who, may I ask, are you?"
>
>>> "I am the iron lady of South Africa!" bragged Winnie, waving
>>> her fist in the air.
>
>>> "Oh yes.", replied Maggie, "and for whom do you iron?"
Annette

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

stupid mense

Di., 29 Januarie 2002 06:19

nie julle nie. dis die mense wat bewoording op labels sit. dalk het
julle die al gesien. blykbaar waar maar ek het dit nog nie persoonlik
tee gekom nie. btw dis engels want labels is nou maar geneig om engels
te wees. behalwe natuurlik die op bles se cd's.


On a Sear's hair dryer:
Do not use while sleeping."
(Gee that's the only time I have to work on my hair.)

On a bag of Fritos:
You could be a winner! No purchase necessary. Details inside."
(The shoplifter special)

On a bar of Dial soap:
Directions: Use like regular soap."
(And that would be how ...?)

On some Swanson frozen dinners:
"Serving suggestion: Defrost."
(But its "just" a suggestion)

On Tesco's Tiramisu dessert (printed on bottom):
"Do not turn upside down."
(Too late!)

On Marks & Spencer Bread Pudding:
"Product will be hot after heating."
(As night follows day . . .)

On packaging for a Rowenta iron:
"Do not iron clothes on body."
(But wouldn't this save me more time?)

On Boot's Children Cough Medicine:
"Do not drive a car or operate machinery after taking this
medication."
(We could do a lot to reduce the rate of construction accidents if we
could just get those 5-year-olds with head-colds off those forklifts.)

On Nytol Sleep Aid:
"Warning: May cause drowsiness."
(One would hope.)

On most brands of Christmas lights:
"For indoor or outdoor use only."
(As opposed to what?)

On a Japanese food processor:
"Not to be used for the other use."
(I gotta admit, I'm curious.)

On Sainsbury's peanuts:
"Warning: contains nuts."
(Talk about a news flash.)

On an American Airlines packet of nuts:
"Instructions: Open packet, eat nuts."
( Step 3: Fly Delta.)

On a child's superman costume:
"Wearing of this garment does not enable you to fly."
(I don't blame the company. I blame parents for this one.)

On a Swedish chainsaw:
"Do not attempt to stop chain with your hands or genitals."
(Was there a lot of this happening somewhere?)

Threeships 'did you see that?' McDuck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

OPE BRIEF

Ma., 28 Januarie 2002 19:26

MISKENNING VAN VEILIGHEIDSMAGTE EN HULDE AAN SOLDATE WAT DIE STRYD GESTRY
HET - AFGETREDE GENERAAL JOEP JOUBERT SE SIENING

VERW: RAPPORT HOOFARTIKEL 10 JUNIE:
AMNESTIEPLAN VIR GENERAALS & ANC-HOËS

DIE LAASTE TREK 'N NUWE BEGIN - OUTOBIOGRAFIE - F.W.
DE KLERK

Daar is met groot belangstelling kennis geneem van een van Rapport, 10 Junie
2001, se hoofberigte, "Amnestieplan vir Generaals en ANC-Hoës. Ek het groot
vertroue dat die huidige regering die knoop sal deurhak, en amnestie aan
diesulkes onder andere President Mbeki en Genl. Malan sal toestaan.

Dit is na my mening 'n sinvolle oplossing vir die probleem, sodat
ons die verlede kan vergeet en, almal met hul normale lewe kan voortgaan.

Dit is net jammer dat die ou-regering onder leiding van
oud-president De Klerk nie ook sulke insigte aan die dag gelê het, en dit
reeds in die veelbesproke toespraak van 2 Februarie 1990 alreeds gedoen het
nie. Dit sou respek en vertoue onder die veiligheidsmagte afgedwing het.
Dink net aan al die elendes, geld en tyd wat dit sou uitskakel. Hierdie
fout erken De Klerk self in sy boek (bls. 305, 306 & 307).

Hierdie is egter nie die enigste geval waar daar tydens die
oorgangsproses teen die veiligheidsmagte gediskrimineer is nie. Om die
argument te staaf moet op die volgende gelet word: Die veiligheidsmagte se
volgehoue optrede teen die vyand aan die grens, in Angola asook in die
binneland, het verseker dat daar uiteindelik 'n demokratiese bestel in
Namibië sowel as Suid-Afrika gevestig kon word. Dit het tot gevolg gehad
dat daar uit 'n posisie van mag onderhandel kon word, hierdie feit is egter
misken.
A.g.v. die feit dat oud-president P.W. Botha tereg geglo het
dat stabiliteit 'n vereiste vir onderhandelinge moet wees, het hy 'n hoë
premie op die veiligheidsmagte geplaas, en is baie van hulle verwag. Sekere
ministers in die ou bestel het nie hiervan gehou nie, ek glo dit is omdat
hulle nie die wese van die stryd verstaan het nie. Dit het daar toe gelei
dat 'n gevestigde veiligheidsbestuurstelsel wat gewerk het, en wet en orde
onder sulke omstandighede gehandhaaf kon word, afgeskaf is. Daar kan
geargumenteer word dat indien die stelsel nie afgeskaf is nie, onstabiele
toestande wat tydens die onderhandelinge onstaan het, nie sou plaasvind nie.
Oud-president Nelson Mandela het per geleentheid oud-president De Klerk
beskuldig dat hy met die sterkste weermag en polisiemag in Afrika nie daarin
kon slaag om wet en orde te handhaaf nie, Biopatong is maar een voorbeeld
wat genoem kan word.

Om die argument dat teen die veiligheidsmagte gediskrimineer is, kan die
volgende aspekte ook vermeld word:
Aantygings van korrupte en krimenele toestande wat teen die BSB
gemaak is, is nooit bewys nie, nie deur die Harms Kommisie of die WVK nie,
geen regstappe is ingestel of in 'n hof bewys nie. Dit het tot gevolg gehad
dat a.g.v. politieke druk 'n hoogs gespesialiseerde eenheid van die ou
weermag moes ontbind.
Die Goldstone Kommisie is in die lewe geroep om omgerymdhede binne
die weermag en polisie te ondersoek. Hierdie ondersoeke het tot gevolg
gehad dat ongetoetse bewerings, dat lede van die weermag en die polisie
sonder enige verhoor die diens moes verlaat. Hierdie moes noodwendig tot
gevolg gehad het dat die veiligheidsmagte se vertroue in die politieke
leiers 'n knou gekry het.

Volgens De Klerk se boek het S.A oor 'n goeie kern biologiese oorlog
vermoë beskik, hy het dit as, oorbodig bestempel en van die tafel af gevee,
niemand sal egter ooit weet wat van die tegnologie geword het nie, die feit
is die vermoë is daarmee heen. Ek is van mening dat as De Klerk nie so 'n
houding teenoor die veiligheidsmagte ge-openbaar het nie, die
onderhandelinge veel vrugbaarder vir S.A. kon verloop het.

AFGETREDE GENERAAL BRING HULDE

Een saak wat my baie na aan die hart lê, en wat as ek nalaat om dit openbaar
te maak, ek nie saam met my gewete sal kan lewe nie, dan is dit om hulde aan
ons troepe te bring.

Nou waar begin 'n mens?. Ek wil graag een saak baie sterk
beklemtoon, en dit is dat ons nie die oorlog verloor , en ons nie verniet
geveg het nie, dit is eenvoudig nie waar nie. As dit nie vir die oorlog was
nie, sou ons beslis nie uit 'n posisie van mag na die onderhandelingstafel
kon gaan nie. Ons het nie vir apartheid geveg nie. Ek glo die persoon wat
dit die beste opgesom het is Tannie Ristie Viljoen, Genl. Constant Viljoen
se vrou, toe sy gesê het, "Ons het nie 'n enkele dag vir apartheid aan die
Grens geveg nie, maar teen kommunisme". Ek hoop dit laat 'n paar manne se
ore tuit. As dit nie vir ons op offeringe in die oorlog was nie, sou Suid
Afrika vandag heel anders gelyk het. Dink maar aan die situasie in die res
van Afrika waar die komminisme geseëvier het.

So manne glo dit, julle het nie die oorlog verloor nie, ons het dit
nie vir niks gedoen nie, ons het die komminisme oorwin. Om sodoende van
Suid Afrika 'n beter plek te maak. Ek wil dit vandag onomwonde stel dat ons
soldate die beste in die wêreld is, nie van die bestes nie, maar die beste!
Hoekom sê ek so, ek wil dit soos volg probeer ullistreer. Probeer uself in
hierdie situasie indink.

In my hele militêre loopbaan waarvan ongeveer 90% tydens operasies teen die
vyand was, het nooit een enkele persoon geweier om te veg nie. Nie een
enkele persoon het ooit tydens die hewigste van gevegte soos 'n verraaier
weggehardloop nie, nooit! Dink u in, bomme bars om jou, koeëls fluit oor
jou kop met die doel om jou te dood, en tog dink jy net aan een ding, en dit
is, om te wen.

'n Tenkbemanning word tydens 'n geveg in digte bosse op 'n afstand van
tussen tien en twintig meter deur 'n vyandelike tenk gekonfronteer. Hierdie
is nie 'n saak van weghardloop nie, hierdie is 'n saak van wen. Wil iemand
dit durf waag om te sê dit getuig nie van heldemoed nie! Hy moet sy kop
laat lees!.

Die medieseordenanse wat met hul draagbaar in hewige gevegte voorentoe beur
om 'n gewonde makker na veiligheid af te voer.

Die vegvlieënier wat sien hoe 'n grond tot lugmisiel op hom afpeil, maar
instede van om paniekbevange te raak, op die misiel afpeil om sodoende die
misiel in die war te stuur, en hom instaat te stel om die vliegtuig in 'n
veilige gebied te land. (Hierdie persoon is vandag 'n parapleeg.)

'n Vlootkaptein wat die lewe van sy bemanning en sy skip op die spel te
plaas om sy kamerade van die land af op te pik en na veiligheid te neem.

Die groot suksesse wat die Koevoetspanne van die S.A.Polisie behaal het.

Spesiale Magte (Reccies) wat hoogs sensitiewe operasies diep in vyandelike
gebied uitgevoer het, en hier sluit ek die BSB ook in. Hierdie take is met
baie min erkenning uitgevoer.

Ondersteuningspersoneel wat dag en nag gesorg het dat die manne aan die
"skerp kant" altyd genoeg voedsel, ammunisie ens. gehad het. 'n
Motorwerktuigkundige wat terwyl'n stukkende voertuig op sleep tou is tydens
die beweeg is, herstel het.

So is daar nog baie meer wat gemeld kan word, daar is reeds baie boeke
i.d.v. geskryf. Ek daag enige iemand uit om vir my te sê dat sulke optrede
nie van absolute lojaliteit teenoor die saak getuig nie.

Daarom wil ek net sê en ek glo daar is baie ander wat met my saamstem.

Baie dankie manne!
Julle is die beste!

Joep Joubert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Lank laas so lekker gelag!

Ma., 28 Januarie 2002 19:08

In court... The judge to the little boy.....Would you like to live with
your father?
'No' said the boy - 'He beats me' .
'OK' says the judge 'Will you go and live with your mother?'
'NO' said the boy, 'She beats me all the time.'

'So,' asked the judge, 'Who would you like to live with ?'
Came the answer..'With the Springboks, they never beat anybody.'

Grap gesteel van
http://www.ahoy.co.za/
se nuusbrief

Goeie dag almal, en welkom terug by die groendakkies.
Ek was 'n ruk uit op parool, maar ek sit nou weer.

Ama ek hoef nie sleg te voel nie, want ek sien hier is darem
verskeie criminals op die ng. wat nogal lank hier ingeboek is.
Ten minste een het lewenslank gekry, as julle verstaan wat ek bedoel.
Wat 'n kwade dag gaan dit nie wees nie.
(((((((((

"The end is nigh, then you'll maai what you saaid", soos Willem Wikkelspies sou gese het.
Of was dit nou Willeboer Smit of dalkies AP Brikenbach?

En toe, watter kleur en sterreteken is myne? :-)

Hallo ook aan Danielle, Annette en die nimlike, mooie, pragtige, dierbare, skatlike Ouma Lien!
(En Kinky, as dit wel 'n wyfie is)

Humor & grappe | 10 kommentare

Bladsye (1835): [ «    797  798  799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809  810  811  812    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 07:18:10 UTC 2026