Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Padwoede

Di., 19 Februarie 2002 11:05

In die nuwe Huisgenoot is daar 'n artikel oor die padwoedeaanval onlangs in
Table View.
Die aanvaller se storie - met prentjies en al - word daar vertel.
Ek kan nie verstaan dat so iets kan verskyn voordat die hofsaak begin het of
dat daar nie al 'n uitspraak was nie.
Al wat ek kan agterkom is dat ons hier met 'n geliegery te doen het.
Ek laat my nie vertel dat enige persoon wat tot 3.30vm op 'n Saterdagogend
by 'n klub gedans het doodnugter is nie.
Daar word nêrens gemeld dat hy 'n bofbalspeler is nie, maar hy ry met 'n
staalbofbalkolf in sy motor rond.
As een van die mense wat hy bygekom het hom wou skiet - hoekom het hy nooit
die skietding gesien nie.
Die ding wat vir my ontstel is dat hy reguit met die kolf na hulle koppe
gemik het - dis mos doodsake.
Ek weet dat ek nog nooit so kwaad geword het dat ek heeltemal beheer oor
rasionale denke verloor het nie.
Ek aanvaar dat daar wel sulke mense is, en dat hulle behandeling nodig het,
maar bitter min van hulle gaan vir behandeling.
Ek weet dat die "redelike mens" - indien hy so ver sou gaan om toe te gee
aan padwoede en iemand wil aanval - na die vermeende aanvallers se hande en
arms sal slaan om hulle buite aksie te stel.

Ek laat my nie vertel die mense in die verhaal - almal van dieselfde
omgewing en naastenby ewe oud - het mekaar nog nooit voorheen raakgeloop by
vorige vroegoggend dansplekke of elders nie.

Waar ek die grootste probleem sien is by die aanvaller se verloofde - wat
nou so vas agter hom staan en vertel watse rustige en goeie mens hy is - wat
laat haar dink dat hy nie eendag met haar "dinge sal verloor" en sy ook met
'n bofbalkolf na die kop aangeval sal word nie.

Hierdie rustige, voorbeeldige, verantwoordelike mens het nie eers die moeite
gedoen om die polisie, ambulansdiens of 'n nooddiens te skakel nadat hy twee
mense met die kolf aangeval het nie - hy het net weggery, en eers twee dae
later, nadat hy by sy werkgewer gaan bieg het, hom aan die polisie oorgegee.
Hy is 'n kind van 21 - en daar word niks van of oor sy ouers gepraat nie.

Ek weet dit is wensdenkery - maar ek voel sterk dat daar meer toetse gedoen
moet word voordat 'n motorlisensie - of enige padverbruikerslisensie -
uitgereik word. 'n Stres en woedetoets behoort gedoen te kan word, tesame
met die sigtoets, en 'n reaksietoets.

Hoekom is daar nooit vroubestuurders wat aanvallers is in padwoedevoorvalle
nie.?
Ek weet van een vrou wat in 'n parkeergarage aangeval is omdat sy glo op
iemand anders se plek gaan parkeer het ,
Daar is net geen manier wat iemand my sal kan oortuig dat iemand wat so
irrasioneel kan optree elders altyd rustig, beskaafd en vriendelik is nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Polokwane

Di., 19 Februarie 2002 07:13

Blou Willem in Beeld:

Oom Johnny sê hy's darem bly om te sien hulle het toe Pietersburg se
naam in Polokwane verander. "Dis hoog tyd dat hulle 'n dorp na Peter,
Graeme en Shaun Pollock noem," sê hy.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Snaaksie

Ma., 18 Februarie 2002 06:14

Blykbaar is daar 'n slagter in die Ierse dorpie Rush wat bereid is om
boerewors te maak vir lustige Suid-Afrikaners.
Die slagter vra glo Suid Afrikaners se menings en selfs resepte om hierdie
lekkerny te maak.
'n Suid Afrikaner doen toe al die moeite vir die rit na Rush - en is daar
weg met 'n wors wat volgens die slagter al die regte bestanddele in het -
die wors was egter besonder dik, en stewig gestop - amper soos 'n salami.
Terug in London, is die boerewors gehou totdat sy dit kon gaarmaak vir haar
besoekende skoonfamilie uit SA.
Skoonpa het gevra na die kaneelruik toe die wors in die pan begin braai - en
by die proe was dit definitef nie boerewors nie - en die hele lot is asblik
toe.
Daar is glo 'n groot verskil tussen All Spice en Ground All Spice:)))
Annette

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Die Uitwissing Van Politieke Korrektheid

So., 17 Februarie 2002 12:25

Nog 'n saak wat die Unie voorstaan,
is die uitwissing van "politieke
korrektheid". Dit is 'n stel
politieke beleide wat deur verskeie
drukgroepe wat die Katolieke Kerk
saamgestel het, bevorder word. Die
Katolieke Kerk maar daarop
aanspraak dat hulle Protestante
waardes ondersteun, naamlik dat
hulle gekant is teen aborsie en gay
regte, maar baie myle lê tussen
doen en sê. Op die Unie se bladsy
oor die Katolieke Kerk word die
getuienis oorweeg dat die Katolieke
Kerk agter "politieke korrektheid"
sit.

Die meeste mense beskou die
Katolieke Kerk as soortgelyk aan
die Anglikaanse Kerk of die
Verenigde Kerk. Wat die Katolieke
Kerk verskillend maak is die
sillabus by die Katolieke skole.
Volgens regeringstatistiek woon een
uit vyf Australiese skoolkinders 'n
Katolieke skool by. By hierdie
skole word kinders geleer om ander
opinies as die hoofstroom
Australiër te hê.

Deur sy skole het die Katolieke
Kerk 'n sosiale probleem soortgelyk
aan Fidji geskep. In Fidji is die
helfte van die bevolking Fidjiaans
en die ander helfte is Indies. In
Australië is twee derdes van die
bevolking hoofstroom en een derde
is Katoliek. Waar Australië van
Fidji verskil, is dat Fidjiane en
Indiërs soortgelyke waardes het,
terwyl die hoofstroom Australiërs
en Katolieke onversoenbare waardes
het.

Op 'n tydstip was daar skaars enige
Katolieke in die Liberale and
Nasionale Party. Mense wat die
Katolieke waardes voorstaan, het
vir die Arbeidsparty gestem en
mense wat die tradisionele waardes
voorstaan, het vir die Liberale of
Nasionale Party gestem. Toe het van
die Katolieke gesê dat hulle
tradisionele waardes ondersteun en
hulle het by die Liberale en
Nasionale partye aangesluit. Toe
hulle eers by die Liberale en
Nasionale partye aangesluit het,
het hulle beheer verkry oor die
sleutelposisies en die beleide van
die twee partye verander om die
Katolieke waardes te ondersteun. As
mense nou vir die Arbeidsparty
stem, kry hulle "politiese
korrektheid" en as hulle vir die
Liberale en Nasionale partye stem,
kry hulle ook "politieke
korrektheid".

Die Katolieke het verder beweer dat
hulle teen die gebeure in
Noord-Ierland gekant was. Waarop
hulle "politiek korrekte" beleide
neerkom, is egter "etniese
suiwering" van die
hoofstroomkultuur. Werkloosheid is
byvoorbeeld nie toevallig nie, maar
'n daadwerklike poging om rykdom na
derde wêreld lande te herverdeel.
Die Katolieke is besig om lande
soos Australië, die VSA en
Brittanje te plunder op dieselfde
manier as wat die Sowjet Unie
Oos-Europese lande geplunder het.
Australië se rykdom behoort aan die
hoofstroom Australiërs en behoort
nie aan die Katolieke Kerk om aan
die Timorese of die Aborigines te
herverdeel nie.

Toe Frankryk in die Tweede
Weldoorlog deur die Duitsers beset
is, was die Franse bevolking ten
gunste van die Duitse besetting.
Die Franse media is beheer deur die
Duitsers en hulle het die Franse
laat glo dat die besetting
permanent, onvermydelik en selfs 'n
goeie ding was. Net 'n handjievol
mense het die Franse
Weerstandsbeweging ondersteun. Op
'n soortgelyke manier het Katolieke
mediamagnate soos Murdoch en Packer
leuens soos "91% van Australiërs
wil 'n republiek hê" verkondig en
die indruk geskep dat "politieke
korrektheid" onafwendbaar is. In
werklikheid is Australië onder
verdrukkende besetting deur die
Katolieke minderheid.

Die Australiese Studente-unie het
begin deur die situasie teen te
staan waar studenteverenigings
beheer word deur Katolieke studente
wat kommunisme en gay regte
ondersteun. Die Unie het sedertdien
'n weerstandsbeweging geword teen
die Katolieke regime. Op die Unie
se bladsy oor die weerstandsbeweging
word stappe genoem wat Australiërs
kan volg om die Katolieke te ontsetel,
soos om politici wat Katolieke skole
bygewoon het te boikot, ongeag hoe
ultra-konserwatief hulle klink.

http://www.students.org.au/Afrikaans

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Re: !!!Earn Easy Money!!!

So., 17 Februarie 2002 05:46

Dominic - gaan speel in die verkeer ....

Wees gewaarsku - as jy hier wil adverteer kan snaakse dinge jou eposadressie
tref ...

"Dominic van Gemerden" skryf in boodskap news:3c6e6ba4$0$75562@news2.zeelandnet.nl...
> An easy way to earn a lot of money! Success is a guarantee! I can tell it
> out my own experience! And it's completely legal! The only thing that you
> need is a computer and
> internet! For more information send me an email to:
> dvgem...@zeelandnet.nl
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Julius Magan

Sa., 16 Februarie 2002 19:01

"Presence" is Kragtig !!!!

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

THOUSANDS OF SOUTH AFRICANS BETTER OFF!!!

Sa., 16 Februarie 2002 16:45

Increase your income or discover a new career with a well known Puplic
Company. ACT NOW!!! Christa i...@telkomsa.net

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

REGTERBANE-GAUTENGSIEKTE

Vr., 15 Februarie 2002 19:03

'n Verkeersinspekteur sê eendag vir my dat as hy iemand toets en die ou
praat van 'n "vinnige baan" dan dop hy hom onmiddelik. Daar is geen so 'n
ding nie maar wel 'n verbysteekbaan of overtakingbaan. Ek bly gewoonlik
daar uit en slegs wanneer ek stadige voertuie verbysteek gaan ek oor na die
regterbaan. Selfs hier het jy skaars een of meer stadige voertuig begin
verbysteek dan is daar 'n BMW of Mercedes agter jou met flitsende ligte dat
jy uit "sy" baan moet padgee.

Ons het (noodwendig) "af"gery Kaaptoe (eskuus Annette) weens siekte en toe
via PE teruggekom en was gladnie verbaas toe ons oor die Vaal verby
Vereeniging kom dat ek net woes moes padgee vir "busy professionals" wat met
geweld op hulle vinnige baan aanspraak maak en ek het gedink dit is snaaks
dat dit net hier gebeur. Meeste van hulle is snotkinders en Vrystaters.

Ek het vanoggend 'n heel skaflike Swarte ontmoet (James) en toe ek hom vra
watse werk hy doen sê hy hy's 'n Taxidrywer. Instinktief voel ek onder my
hemp na my .38 Special maar toe ek die ou beter leer ken sien ek dat hy
nogal 'n danklose soort werk doen en dat (soos hy sê) daar baie ander
drywers is wat sy amp 'n slegte naam gee. O wel.

Groetnis en bly uit die vinnige baan al dryf jy 'n 2.5 liter ses-silinder
Mazda 626 Executive wat kak uit enige BMW of Merc sal ry.

Koeitjies & kalfies | 39 kommentare

Vir Gloudina.

Vr., 15 Februarie 2002 12:19

So?:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Die gene wat my ken

Vr., 15 Februarie 2002 10:15

Die gene wat my nie ken nie, skip maar gerus. Ek en my vroutjie Ijlant het
vanoggend om 09:54 'n seuntjie ryker geword, dié Finn Genly heet. Baie
vinnige kraam, heel verras... verwag hom eers die 22ste! Groetjies.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  789  790  791  792  793  794  795  796  797  798  799  800  801  802  803  804  ›  »]
Tyd nou: Wo. Okt. 14 07:05:35 UTC 2026