Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

10 dinge

Wo., 06 Februarie 2002 10:26

10 dinge wat mans verseker weet van vroue..

1.

2.

3.

4.

5.

6.

7.

8.

9.

10. hulle het tiete

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

nuwe woord definisies in ingels

Wo., 06 Februarie 2002 09:21

Bozone: The substance surrounding stupid people that stops bright
ideas from penetrating. The bozone layer, unfortunately,
shows little sign of breaking down in the near future.

Intaxication: Euphoria at getting a tax refund, which lasts until you
realize it was your money to start with.

Beelzebug: Satan in the form of a mosquito that gets into your
bedroom at 3 in the morning and cannot be cast out.

Ignoranus: A person who's both stupid and an asshole

Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Berge

Wo., 06 Februarie 2002 07:09

Die Berge deur Vanwyk Hoeg

OOOOO, Die Berge,
Die heerlikke Berge.
So trots en so styf,
loop dwaars deur my lyf.

OOOOO, Die Berge,
Die heerlikke blou Berge.
Die wind, die son,
soos 'n sommer blom.

OOOO, Die Berge,
Die heerlikke Berge.
Die groet groen see,
Een, twee, drie.

Uit 'Die Groet Blou Boek' - 1956
Afrikaaners se moeoiste liekies.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Eregraad vir Kroonprins

Wo., 06 Februarie 2002 04:48

Die Hollandse kroonprins kry nou ook sommer 'n eregraad - klink vir my so
saam met die vrouvattery.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Nog Nuus

Wo., 06 Februarie 2002 04:15

Gister was daar 'n vreeslike treinongeluk in KZN.
'n Passasierstrein het van agter af in 'n goederetrein vasgejaag.
Etlike mense is dood - ek is nie seker presies hoeveel ne, maar dit is meer
as 10.

Daar word glo daaraan gedink om 'n ondergrondse treinspoor aan te lê tussen
Pretoria en Johannesburg.
Ons hoop maar almal dit bly maar net by dink. tot tyd en wyl.

Annette

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Grootdoenerigheid

Di., 05 Februarie 2002 22:56

Grootdoenerigheid op die belastingbetaler se koste

Daar is diegene wat aanvoer dat Suid-Afrika sy internasionale aansien
grootliks verloor het. Dan verwys hulle veral na die Westerse wêreld. Hulle
wys daarop dat hoewel spekulante nog op ons beurs bedrywig is, die groot
sake-instansies traag is om werkskeppend in die land te belê. Politieke
stabiliteit is onder druk en Westerse beleggers is nie seker in hoe 'n mate
die SAKP en Cosatu die trom vir die ANC slaan nie en of Suid-Afrika nie dalk
op die Mugabe-pad is nie.

Wet en orde het opsigtelik die wyk geneem uit die land, saam met die baie
kundige Suid-Afrikaners wat elders 'n heenkome gaan soek. Hulle sien
wanbestuur en korrupsie eerder as verstandige en doeltreffende regering. As
die groot finansiële instansies vergader, die Wêreldbank, die Internasionale
Monetêre Fonds en die Groot Agt is daar nie langer manne van die formaat van
'n Klasie Havenga en 'n Nic Diederichs en hulle vergesellende amptenare wat
op daardie peil kan meepraat nie. Les bes, daar is nie meer leiers soos 'n
Daniël Malan, 'n Hans Strijdom of 'n Hendrik Verwoerd wat, ondanks hulle
verwerpte beleid, Suid-Afrika so kon regeer dat buitelandse beleggers
oortuig was hulle geld is veilig hier nie.

Dit is hoofsaaklik 'n perspektief op Suid-Afrika se beeld in die Westerse
wêreld.

Daar is ander wat argumenteer Suid-Afrika is nou ontslae van sy beeld as
muishond van die wêreld, van sy ongewilde beleid en dat hy as 'n demokrasie
met 'n navolgingswaardige grondwet beskou word. Hulle wys daarop dat die
ANC-staatshoof, Thabo Mbeki en sy minister van buitelandse sake, Nkosasana
Zuma, oral in die wêreld hulle opwagting maak waar daar iets belangriks aan
die gang is. Mbeki wip die wêreld deur in sy presidensiële straler, dikwels
met Zuma aan sy sy en word oral ontvang, van Peking tot Washington.

En waar daar probleme is, hetsy konflik of 'n natuurramp soos in Burundi en
die Kongo, daar maak een of albei van hulle hulle opwagting om te bemiddel
en om materiële en ander hulp uit Suid-Afrika te lewer, van soldate tot
komberse.

Ook word Suid-Afrika die sentrum van self-geïnisieerde wêreldkonferensies
soos dié oor rassisme verlede jaar in Durban en die komende Wêreldberaad vir
Volhoubare Ontwikkeling in Augustus vanjaar in Johannesburg.

Hierdie is hoofsaaklik 'n Derde Wêreld-gerigte perspektief. Dit is nie 'n
uitvloeisel van Suid-Afrika se sterk ekonomiese posisie, sy leiersrol op
navorsingsterreine en tegnologie of die statuur van sy leiers en prestasie
van sy regering nie. Dit is self-geïnisieer en wat meer is, dis die
belastingbetaler wat die rekenings moet vereffen.

Dit dreig om ook die geval met die beplande Beraad vir Volhoubare
Ontwikkeling te wees. Na berig word is binnelandse sakelui en buitelandse
regerings alles behalwe geneë om hierdie uitstalvenster vir Mbeki se droom
van 'n Afrika-renaissance te finansier. Dit word as 'n praalgeleentheid
beplan en kan die Suid-Afrikaanse belastingbetaler 'n aardige R550 miljoen
uit die sak jaag. Maar, soos die Noord-Transvaalse LUR Joe Mangwangyi sê,
geld is mos daar om gespandeer te word.

Suid-Afrika is allesbehalwe belangrik en groot in die wêreldoë wat die
beursies en die wêreldpolitiek beheer. Hy het wel 'n grootdoenerige owerheid
wat soms selfs opdringerig kan wees in die wêreldgeselskap.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vir Danielle!

Di., 05 Februarie 2002 21:19

KinkY:
n Wonderlik mooi dag vir jou!
n Spesiale jaar - n besonderse oes!

Lekker verjaar!

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

onthou...

Di., 05 Februarie 2002 18:04

. Number two - our surveillance had shown that the rear of the ANC
office were not, it appeared to us to be under surveillance by anybody
else and thirdly, in line with our instructions not to kill or injure
if at all possible and certainly not to kill or injure any non-ANC
people,

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nog Nuusies

Di., 05 Februarie 2002 11:03

Pastoor ??? van Cradock het jare lank voorspel op watter dag hy sou sterf -
want hy is 'n profeet sien?
Elk geval, verlede week, toe kom hy agter sy dag kom nader, en hy voel
eintlik nog springlewendig.
Die ander predikant wat die begrafnis moes behartig was klaar bespreek, die
kis en die begrafnisondernemer het reg gestaan, die afterparty is gereel met
genoeg koek en tee, en uitnodigings is na heinde en verre gestuur om die
begrafnis van die profeet by te bring.
Nou wie sal dit waag om nie in 'n profeet te glo nie?
Dus het die heindenes en verrenes in hul begrafnisklere na Cradock opgeruk
vir Die Profeet se Groot Begrafnis.
Die profeet het van sy kant ook sy bes gedoen om die profesie gestand te
doen, en drie dae lank geweier om te eet of iets te drink, wat hy moet mos
betyds dood.

Ongelukkig het die ouens in die logistieke departement daar by die hemel
gesit en slaap.
Die profeet is nog steeds springlewendig, en die begrafnisgangers wat soooo
ver gereis het vir die begrafnisgebeurtenis, moes maar weer huiswaarts
keer - sonder om selfs paartie te hou:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

'n Hollamdse woord?

Di., 05 Februarie 2002 10:52

Waar kom die woord "wikkel" vandaan?
Mens hoor dat foto's ontwikkel word - nie kiekies nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1835): [ «    794  795  796  797  798  799  800  801  802  803  804  805  806  807  808  809    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 11:54:04 UTC 2026