Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Eienaardige pamflet.

Do., 29 November 2001 14:49

Kry vandag in die posbus 'n eienaardige pamflet.
Ek bly mos nou hier in Vredehoek, waar vrede heers.
Die Pamflet is om mense uit te nooi na die Geloftefees en Boere-oorlog
herdenking - 14 - 16 Desember by die Wemmershoek Voortrekkerkampterrein.
Nou, ek kan onthou toe ons klein was - hoe ons gesit en sweet het en
lusteloos in die grond rondgekrap het terwyl manne met swart hoede ure lank
gepraat het oor goed wat ek nie in belangstel nie.
Ons het almal met piekniekmandjies gegaan, en behalwe vir dit en die paar
sente vir pertrol om daar te kom, het dit ons niks meer gekos nie.
Ek sal nou nie uitwei oor wat aangebied gaan word nie - die wat wil weet kan
vra - maar hierdie hele storie gaan oor geld.
Janee, wie sou kon raai?
Eerstens is daar 963 kaartjies gedruk - glo die aantal dae wat die
Boere-oorlog geduur het - met die datum en wat watter prominente gebeurtenis
op daardie dag plaasgevind het.
As ek gaan, sal ek die kaartjie wil kry waar daarin staan,
Byv. 16/10/1899:
Niks.
Die kaartjieinkomste is nie genoeg nie.
Nee, daar is nog goed wat gekoop moet word ter stawing van fondse:
1) 'n Chronologie van die 2de Vryheids-oorlog.
Die boek word nie verkoop nie - nee - dit word gegee aan diegene wat 'n
R2500 donasie gee.
Seremoniële vlae ( van R200 - R25),
Gedenkfakkels - R200
Afdrukke van Gelofte - R40
Verblyf in die kamers - R35 pp pd.
Dagbesoekers - R15 pp pd
Ek dink ek gaan maar net hier in Die Tuine die gebeurtenis herdenk soos al
die vorige jare - ek het rus vir my siel, en dit kos my niks.
Waarvoor sal mense nog stormvlae wil koop?
Ek vra maar - ek het aangeneem ons is al laaaaankal verby daardie tipe van
herdenking.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kaapstad via Duitsland

Do., 29 November 2001 10:58

Besoek 'n webwerf in Duitsland en sien Kaapstad (Tafelberg).

http://www.kapstadt.de/livecam.htm

Nogal goed vir vlugbeplanning - nou kan ons sien of die suidoos waai voor
vertrek.

TJ

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Thys en Piet

Do., 29 November 2001 09:15

Thysie, het Pompie nou al vir jou geskryf oor ons bekendstellingspaartie vir
hom?
Hy is nou skielik net stil, noudat ons sy maskertjie wil afhaal, as
verskoning om partytjie te kan hou.
Miskien het hy getrek na hoër weivelde:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 27 kommentare

Hessie se kon vir masie

Do., 29 November 2001 08:41

"Konfirmasie" is sommer vrotsige Afrikaans, Hessie. Lyk my daai agt maande
se winters begin nou sy tol eis!!

O, die konfirmasie
oor die vrotsige
konsternasie
oor ou dd dier
so min sidder en tier
oor ego's en eggos

Die influd van die kanadees
raak heel opmerklik
glad nie bedees
anglisisties oorgesit
nie eens vertaal
of goed 'geleen'
sommer net soos hy kom
oor Hessie se stekeltong:
"konfirmasie"
as ons so spreek al hier
sal ons eendag gou
kan sê
ons taal was hier
maar ook nie meer
hy's heel weg
gekonfirmeer
wil jy nou meer
ek kry sommer skoon die ritteltits
en aliterasie en informasie op die stasie
oor gesegdes wat nie meer gewas word
in die bysin voorwerp onderwerp en doel
watdehel het sy bedoel

Maar Hessie meen
's tyd om vakansie te neem
en haar die plesier ontneem
om mense te vervreem
wat hier hul deel wil neem
en hul deel wil deel
dit kan haar maar min skeel
en ons raak soms van haar
vol tot by die keel
(en laer-af)

maar dis Hessie se domein
soms gee sy ons 'n helse pyn

maar soms is sy orraait
as sy net tog goeie
afrikaans
wil gebruik
soms

Maar sonder Hess
die Antie van Gloudiniaan
sal dit stil wees hier
waar's Emmy heen?
stil-stil in Hollands
heen gegaan?

Met so lang relaas
oor konfirmasie en konsternasie
en watter ander -asie
kan ek amptelik hier en nou
gegewe onder my hand aldus en nou
convirmeer
en kon vir minder
dit is die einde
van my relaas
oor kon vir maas!

Thys oppie Bos (waar anners my bra')
skryf in boodskap news:3C057DD3.AB17AF4C@home.com...
> konfirmasie te probeer soek, ego-streling te
> probeer soek. As dit is wat jy op hierdie nuusgroep
> soek, is dit tyd dat jy bietjie vakansie neem. Tant
> Hessie is hier met 'n paar baie spesifieke doele voor
> die oog. Sy gebruik die nuusgroep, en kry konfirmasie
> dat sy haar doel bereik byna daagliks. Sy is nie hier
> vir enigiemand se goedkeuring nie.
>
> Tant Hessie van die agterste van Helsdingens.
> As jy nie die hitte kan verduur nie, gee pad uit
> die kombuis.

Van Hotazel seker swaer! Of is dit nou van Agtertang s'n?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Kersfees Blues?

Do., 29 November 2001 05:33

Wat gaan aan?
Wil ons Prez 'n rustige Kersfees hê?
Eers moes ons hoor dat ons net voor Kersfees 'n verslag gaan kry oor die
beweerde moordkomplot wat in April uitgeklaar is. Vir wat?
Dan moet ons hoor dat onse Prez se raadgewers vir hom nou toestemming gegee
het om nou skielik uit die bloute vir arme Zimbabwe uit te vreet oor hulle
ekonomiese beleid en bankrotpolitiek. Het iemand na-aan die Prez se oor vir
hom gefluister dat die besluit oor stille diplomasie nie so lekker werk nie?
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die toekoms van Suid-Afrika

Wo., 28 November 2001 22:06

Hallo, elkeen,

Ek sou gaarne julle visie verneem het oor die ekonomiese toekoms van
Suid-Afrika. Ek weet julle land is in 'n ekonomiese krisis en ek het
dieselfde vraag al 'n paar jare gelede op hierdie nuusgroep gestel.
Toe was niemand in SA baie optimisties. Is dit nog steeds so? Is die
situasie verbeter en is daar by julle weer 'n vertroue of gaan alles
nog steeds bergaf? Ek het vandag van 'n reisiger verneem dat oor
vyf jare in SA ditselfde gaan voorval as in Kongo, wat vroeër by
België was en waar ekself ook leef.
Sou baie reaksie wil kry van julle en sal dit seer waardeer.

Die groete van

Norbert (uit Vlaanderen)

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Totsiens

Wo., 28 November 2001 21:40

Ek loop nou weer vir eers - het genoeg gehad. Snaaks, ek mis nogal die
vurige debatte van ouds - dit was ten minste sinvol en amusant. En wanneer
ek begin dink dat Gloudina reg is, weet ek dis tyd om te onttrek.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Boelies

Wo., 28 November 2001 09:11

Het raad nodig. Hoe sien 'n meisiekind 'n boelie reg? Dis 'n seun en hy is
meer as 'n kop langer as my meisiekind in gr 6? Hy lieg hom uit elke
situasie.

Koeitjies & kalfies | 26 kommentare

Diary of a Fetus

Wo., 28 November 2001 06:59

Jare gelede het ek hierdie onderstaande soetsappige stukkie my verhinder om
n aborsie te pleeg. In die lig van die huidige besprekings plaas ek dit
hier - vir wat dit werd is!
++++++++++++

October 5: Today my life began. My parents do not know it yet. I am as
small as the pollen of an flower but it is I already. I will be a girl. I
will have blone hair an blue eyes. Nearly everything is settled, even that
I shall love flowers.

October 19: I have grown a little but I am still to small to do anything by
myself. My mother does almost everything fo rme, though she still does not
knwo that she is carrying me under her heart. But, is it true that I am not
yet a real person? That only my mother exists? I am a real person, just as
a small crumb of bread is till real bread. My mother is, and I am.

October 23: My mouth is just now beginning to open. Just think - in a year
or so I'll be laughing; and later I'll still to talk. My first words will
be "mama".

October 25: Today my heart began to beat. It will beat softly for the
rest of my life, never stopping; after many years it will tire, it will
stop and then I shall die.

November 2: I am growing continually. My arms and legs are taking shape,
but I must wait a long time before these tiny legs will raise me to my
mother's arms: before these little arms will be able to conquer the earth
and befriend people.

November 12: Tiny fingers are beginning to form on my hands. How small
they are: one day I'll stroke my mother's hair to my mouth and she'll say,
"Oh, dirty".

November 20: Only today the doctor told my mother that I am living here
under her heart. How happy she must be. Are you happy mother?

November 25: My mother and father are probably thinking about a name for
me; and they don't even know that I am a little girl, so they are probably
calling me " Andy". But I want to be called Barbara. I am growing so
big.

December 13: I am almost able to see, though it is night around me. When
mother brings me into the world it will be full of sunshine and overflowing
with flowers. I have never seen a flower you know, but more than anything ,
I want to see my mother. How do you look, Mother?

December 24: I wonder if my mother hears the delicate beat of my heart?
Some children are born with sickly hearts, to make them healthy. But my
heart is healthy. I beats so evenly. Tup-tup, tup-tup. You shall have a
healthy daughter, Mother.

December 28: Today my mother killed me . . . .

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Vir Annette

Wo., 28 November 2001 05:38

Annette,
Ek het sopas 2 vreemde boodskappe van jou ontvang. My rekenaar het
besluit jou briefies het verkoue, en wou my toe nie toelaat om hulle
te lees nie. Probleem is dat ek jou wou kontak, maar jou epos het
teruggekom as "user unknown". Die probleem kan dalk aan my kant wees
met die simpel @home se hickups, maar kontak my gou in elkgeval
asseblief.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    819  820  821  822  823  824  825  826  827  828  829  830  831  832  833  834    »]
Tyd nou: Wo. Apr. 29 09:43:41 UTC 2026