Ek het vanoggend 'n e-pos ontvang van iemand wat ek goed ken, met 'n opskrif
oor sake waaroor ons tans praat.
Ek kon egter nie die anhangsel lees nie, en het hom toe laat weet.
Toe moes ek hoor op die poslys dat sy emails 'n wurm/virus bevat , maar
ongelukkig het ek al teen dardie tyd klaar emails afgepos.
Daardie 0001 dingetjie in die adresboek help dus nie.
Ek het ook Norton laat toets en aflaai, maar lyk my dit is 'n nuwe ding wat
nog deur Norton afgelaai moet word?
Elk geval - jammer - mag alle virus/wurmskrywers van hul rekenaars ontneem
word.
Annette
...genaamd "Whodunnit" het 'n berig in die ng bokand hierdie een
(culture.south-africa) geplaas wat getitel is, "Why did the chicken
cross the road?" Gaan kyk daarna, dis snaaks.
Dit word genoem: "Third Trimester Abortions" en is nogal algemeen bekend in
Amerika. Daar is ook boeke deur eksperts geskryf oor die onderwerp. Dit is
die aborsie wat gedoen word wanneer die fetus alreeds te groot is om deur
die opening van die uterus verwyder te word. Die arms en bene word eers
vernuftig deur die aborsieman met spesiale knypers afgeknyp en dan word die
kop plat gedruk met 'n groter knyper om sodoende die klein pretbederwer te
verwyder.
Dit in ag geneem, kan ons verwag dat 'n regering wat die goedkeuring van
aborsie staande in die parlement toegejuig het, nou 'n flenter moet omgee
vir babas van agt of nege maande wat verkrag word?
Vanmiddag kom hier 'n pakkie aan wat gestuur is deur 'n niggie in
London. Sommer net so 'hallo, hoe gaan dit' pakkie.
Ek is nou besig om sjokolade te eet wat sy gestuur het.
"Koetjes Reep' (met 'n frieskoei op die etiket). Waarom ek dit so
interessant vind is omdat hier geen woord in Engels op is nie maar wel
Nederlands. 'met druivensuiker en calcium' ' 'koel en droog bewaren'
ens. En Frans.
Kom dit uit Nederland?
Blou Willem gesels elke Maandag in Beeld soos volg:
Ek is so moeg om elke jaar voor Kersfees teen die Engelse te verloor! Nou
moet ekdie feesseisoen binnegaan met al hierie on-Christelike gevoelens oor
die bleekbene, Harry en goed tien van die vyftien kleinletter bokke.
En nou word hulle nogal beloon met hulle jaarlikse Kersuitstappie na Disney
Wêreld.
Dis nou wat jy kry as jy die heel jaar Mickey Muis-rugby gespeel het en
Goofy-dinge op die veld aangevang het.
Nee, die groot moeilikheid bly maar dat ons nie teen die Engelse n ekstra
bal op die veld geneem het nie.
Hoekom het ons gedink hulle gaan vir ons ook die bal gee om mee te speel?
En dan natuurlik die feit dat die kleinletter-bokke R30 000 betaal word as
hulle wen en net R30 000 as hulle verloor.
So goed ek betaal my tuinman R60 om my gras te sny en as hy vir my lelik wys
en dit nie sny nie, betaal ek hom ook R60. Maar laat ons eerder oor iets
aangenaam soos misdaad gesels.
Ek en my ou maters is nou heeltemal verward. Ons minister van onveiligheid
en onsekerheid, Steve Tshweterig, was die afgelope week omtrent in trane oor
die misdaadsituasie in ons land.
En dit net nadat onse President Thabo die vorige week vir ons in die
nasionale raad gsê het misdaad is nie n probleem nie en dat hulle baie meer
karre in Londen steel as in Suid-Afrika.
Ja en al steel die ouens nou by ons lyke uit doodskiste en verkrag nege
maande oue babtjies, peuter ons darem nie met krieketballe nie. Nee, nie
ons nie! Nooit!
Nadat ek onse president se gerusstelling gehoor het, het ek sommer dié week
die motorwagte wat my kar wou oppas weggejaag. Van daai wat vir jou n
kaartjie uitdeel van " Hands on Security" en dan's die ou se naam "
Confidence" of " Faitful" en dan weet jy nie hoekom jy so "worry" oor
jou motor as jy wegloop nie.
Nee, wat, al het ons landjie nou sy Chippies gehad, is ons hande leliewit.
En so van Chippie gepaat. Groot Paul sê hy hoor die twee Schaik-broers
Chippy en Shabir het nog drie broers in die buiteland. Die een broer is vol
gens Paul n melkboer in Saoedi Arabië, Milk Shaik, terwyl hulle ook n broer
het wat n muisikant in Londen is naamllik Hippy-Hippy Shaik en een wat n
oliebaron in Dubai is, naamlik Shaik Shaik.
Dis nie vir my n verrassing dat daar weer dié week n misdaadberaad gehou is
nie. Ons is mos van berade en konferensies aanmekaargesit. As dit nie n
wêreld- vigskonferensie is nie, is dit n wêreld- rassekonferensie of n
wêreldkonferensie oor die stand van die wêreld. Maar die jongste een dié
week is nou die kersie op dei koek of moet ek eerder sê die " cherry" op die
"lêwwie"?
Dit is naamlik die wêreldtoiletberaad wat in Singapoer gehou word met meer
as 200 afgevaardigdes van oor die hele aardbol. Dit terwyl die wêreld
gehurk gaan onder soveel ander probleme!
Ek kon nie agterkom of daar dalk n Suid-Afrikaanse "longdrop" -taakspan
gestuur is nie maar China stuur 20 afgevaardigdes wat moet kom leer voor die
Olimpiese Spele in 2008.
Die organiseerders van die twakkerige byeenkoms het aangekondig dat ons nou
jaarliks n wêreldtoiletdag gaan hê, dat alle lande sitting sal hê op die
beraad en dat hulle leuse " Druk saam vir wêreldvrede" gaan wees.
By n skou wat in Augustus hier in Johannesburg gehou is, was daar mos n
toilet van R7 000 te sien, kompleet met waterdigte telefoon, afstandbeheer
(hulle sê nie wat jy alles daarmee kan beheer en van watter afstand af nie),
musiek, verhitting en sproeiers wat, glo dit as jy wil, die ondermaanse kan
was, sjampoe en droogblaas.
Nes, n karwas. Jy sit net terug, sit die ou lyf in neutraal en laat die
dinge gebeur. Golf op golf soos n Mexikaanse "wave" . Oom Johnny sê soos
met daai vinnige, goedkoop wasse moet jy net self die kar se vensters blink
vryf.
En watse muskiek die lêwwie speel? Neef Theo sê hy hoor dis "Hoe ry die
Boere, sit-sit so", "Beautiful Brown Eyes" en " Hoor jy die magtige
dreuning".
'n Vriend my wat op De Aar woon het vir my die berig deur gefaks wat in die plaaslike koerant was. Ek moet dit net hier plaas om julle opinie oor die saak te hoor.
Steel Papsak
De Aar - Die polisie ondersoek 'n geval van roof in Barcelona. Die klaer is beroof van 'n papsak. Niemand is nog in verband met die voorval gearresteer nie.
"Ghost" schreef...
> 'n Vriend my wat op De Aar woon het vir my die berig deur gefaks
> wat in die plaaslike koerant was. Ek moet dit net hier plaas om
> julle opinie oor die saak te hoor.
>
> Steel Papsak
> De Aar - Die polisie ondersoek 'n geval van roof in Barcelona. Die
> klaer is beroof van 'n papsak. Niemand is nog in verband met die
> voorval gearresteer nie.
>
> Dis nou kort en kragtig.
Wat is 'n papsak eintlik? Wanneer hier in Holland 'n papsak verdwyn praat
ons van 'n ontvoering nie van roof nie :)
Na die Land waar die Son nooit ondergaan
uit 'Gedagtes Flitse en Gedigte' van Dave Du Plessis
Daar is mense wat gereeld op reis gaan
En mense wat nooit daardie pad baan
Maar soos die son kom en gaan
Is daar een reis wat nooit sal beskaam
Geen metgesel is daarby
Geen bagasie word saamgeneem
Geen kaart om die rigting te dui
Want al reis jy alleen
Ken jy lank reeds jou bestemming
en die pad daarheen
Hetsy dit nou is of later
Is dit die reis oor die groot water
Die reis oor die breë rivier
Die reis na die land van swier
En dan...
Staan jy terug te kyk
Van die Goue Strand na hierdie kant
En weet opeens alles het net geblyk
Want dit was slegs op die baan
Na die Land waar die Son nooit ondergaan...
Ivm met die 8 maanse oue baba se verkragting:
1) Sy kon nog nie praat nie
2) Sy het by haar ouers op die bed geslaap, en is van daar ontvoer sonder
dat hulle dit agtergekom het.
3) Sy is gevind 50m van haar huis, maar niemand het die kind hoor skree nie.
4) Haar moeder beweer sy het 11nm van die werk gekom, en hulle almal het
omtrent 'n uur later gaan slaap.
5)Die baba is om 3.40vm gevind en na die polisiekantoor geneem. Van daar is
sy na 'n sorgsentrum geneem, waar daar ontdek is dat sy verkrag is , en
vandaar is sy na Tygerberg geneem.
6) Die ouers is om 4.40vm ( 1 uur later as die koerant reg is) wakker gemaak
deur 'n buurman en is gevra of die kind wat in die straat gevind is, hulle
kind is.
Die omstandighede rondom hierdie saak lyk vir my nog steeds baie verdag.
Annette