Sorry, Cannot.
Jammer - kan nie.
Dit klink na een van die tale van sommige van die Engelse nuuslesers, waar
ons Engelse byskrifte by die Engelse nuus kry.
Annette
Lyk my daar word nou gepoog om nuwe rekords in perversie op te stel.
Hierdie een is net so erg, en ek het bedenkinge.
'n Baba van agt maande is verkrag.
Die ouers beweer die baba is ontvoer.
Wat ek net wonder, as die baba dan ontvoer en verkrag sou gewees het, en toe
iewers net gelos was - ek neem so aan - ek kan nie sien dat die verkragter
die baba ewe netjies terug huistoe geneem het nie -
hoe het die ouers geweet dis hulle kind wat verkrag was, of hoe het die
hospitaal geweet watter ouers om te kontak?
Sal later weer berig as ek meer besonderhede het - maar die storie klink
maar verdag.
Net nog 'n opmerking - dit is al weer 'n kleurlingbaba wat verkrag is, en
"ontvoer" is uit 'n oorwegend kleurling-gebied.
Ons kan sonder sulke rekords in ons lewe klaarkom.
Annette
Ek skryf oor my Moedertjie want
Ek ruik
haar in die hoender en pampoen,
Ek proe
haar in die gemmer-gebak en appelkooskonfyt,
Ek hoor
haar in my kop en die musiek.
Ek sien haar
in my kamer teen die muur,
teen die spieel en teen my kas,
op die tafel langs my bed,
langs my rekenaar waar ek werk.
En snags
as ek gaan le, voel ek haar in my hart,
in die nat van my trane,
stil en saggies teen my wang...
Reg - ons laaste uitvoerings hierdie jaar is:
Sondag 2 Desember - 9vm Bellville Uitsig NGK - Kersuitvoering
Sondag 2 Desember - 7 nm Groote Kerk - Kersuitvoering - en ons sluit af met
ons nuwe fav song:
Preghiera uit Maria Stuardo.
Donderdag 13 Desember - Groote Kerk: - 7nm
Simfonie - Mozart
Regina Coeli - Mozart
Pro Cantu Koor
Ons - apart en saam met hulle:
Once in David's Royal City
I was glad ( Parry)
Infant Holy
What Sweeter Music ( Rutter)
Met Middernag ( Adam)
While Shepherds
Hoor die Blye Englelied
Kom alle Getroues
Stille Nag in Duits, Frans/Italiaans, Afrikaans, Wallies, Xhosa.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Dit was vanoggend 'n besonderse lekker oggend in Jongensfontien.
--
----------------------------------------------------
SMILE! it adds to your face value.
----------------------------------------------------
Skil 8 middelmatige of 16 klein uie
Kook in soutwater tot sag
Dreineer goed, plaas in slaaibak en bedek met suursous.
Kan warm of koud bedien word.
Suursous:
3/4 koppie water
3/4 koppie wit asyn
1 groot of 2 klein eiers
2 -3 eetlepels suiker
Bring die asyn en water tot kookpunt
Klits die eiers goed, voeg suiker by
Roer warm asynmengsel stadig by en roer totdat suiker opgelos is
Plaas terug op lae hitte en roer totdat sous dik word
Giet oor die gaar gedreineerde uie.
Annette
Hier is die suursous resep - so miskien kan Kaatjie net meer sout bygooi om
dit souter te maak.
Kook gelyke hoeveelheid bruin asyn en water saam.
verdik met maizena
Geur met sout en peper.
Annette
Wat dink julle van die wapen wette hier in Suid-Afrika is dit streng genoeg
of is dit te streng. En graag wil ek net die opinies van die Suid-Afrikaanse
burgers se kant af hoor. Want as jy in Kanada of Timbuktu woon is die wette
mos nie van toepassing op jou nie.
Groete
Spook
"Becarefull for what you wish, you might just get it. - Old Chinese curse"