| Germaans [boodskap #151344] |
Di., 28 April 2026 13:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24979 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Germaans
Afbreking: Ger•maans
Samestelling: Germaan + -s
Byvoeglike naamwoord: Germaans
Attributief: Germaanse
Betekenis:
• Betreffende die eertydse Germaanse volke van Noord- en Sentraal-Europa.
• Betreffende die taal van die Germane en die tale wat daarvan afstam.
Gebruik:
• Germaanse Wikings het Groenland teen omstreeks 1000 n.C. ontdek en ook in Noord-Amerika voet aan wal gesit.
• Afrikaans is 'n Germaanse taal wat uit Nederlands ontwikkel het.
Vertaling:
Engels: Germanic
Nederlands: Germaans
Selfstandige naamwoord: Germaans
Meervoud: –
Betekenis:
• Die Indo-Europese taal wat deur die Germane gepraat is.
Gebruik:
• Die gerekonstrueerde vorm van Germaans word Proto-Germaans genoem.
Afgelei:
• Indo-Germaans
• Noord-Germaans
• Oos-Germaans
• Oud-Germaans
• Ou-Germaans
• Proto-Germaans
• Wes-Germaans
Afkorting:
• Germ.
Vertaling:
Engels: Germaans
Nederlands: Germaans
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Di., 28 April 2026 19:28] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|