Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » saagvis
saagvis [boodskap #151351] Wo., 29 April 2026 06:40
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24979
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
saagvis
Afbreking: saag•vis
Samestelling: saag + vis


Selfstandige naamwoord: saagvis
Meervoud: saagvisse
Verkleinwoord: saagvissie
Meervoud van verkleining: saagvissies

Betekenis:
• 'n Haaiagtige vis met 'n plat, getande snawel aan die kop wat soos 'n saag lyk, familie Pristidae.

Gebruik:
Saagvisse word tot 7 meter lank en kom meestal in vlak water by sanderige bodems en riviermondings voor.

Hiponiem:
• groottandsaagvis (Pristis microdon)
• kleintandsaagvis (Pristis pectinata)
• langkam-saagvis (Pristis zijsron)

Verwant:
• swaardvis

Vertaling:
Engels: sawfish
Nederlands: zaagvis

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 29 April 2026 08:10]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: vergelykbaar
Volgende onderwerp: Afkortings
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Apr. 29 08:41:37 UTC 2026