Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rosie

Wo., 22 Mei 2002 21:13

Tools\options\maintenance\delete new messages......

DD

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

nuusgroep gestremd

Wo., 22 Mei 2002 21:04

Ek sukkel nog om sin te maak hier. Kan iemand vir my sê hoekom
al die boodskappe deurgetrek word met 'n swart streep, en dan het ek dit nog nie eers afgelaai vir lees nie?

Dan sien ek ook "re:..." boodskappe, maar die oorspronklike is nie daar nie. Skynbaar het ek erens 'n verstelling wat net 'n sekere periode se nuusboodskappe aflaai. Iets soos, dit moet jonger as a week wees? Kan iemand my help, asseblief?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: nuusgroep gestremd

Wo., 22 Mei 2002 21:04

On Wed, 22 May 2002 23:04:09 +0200, "Rosie" wrote:

> Ek sukkel nog om sin te maak hier. Kan iemand vir my sê hoekom
> al die boodskappe deurgetrek word met 'n swart streep, en dan het ek dit nog nie eers afgelaai vir lees nie?
>
> Dan sien ek ook "re:..." boodskappe, maar die oorspronklike is nie daar nie. Skynbaar het ek erens 'n verstelling wat net 'n sekere periode se nuusboodskappe aflaai. Iets soos, dit moet jonger as a week wees? Kan iemand my help, asseblief?

Ek sien jy gebruik Microsoft Outlook Express as nuusleser.
Kyk jou opsies (options ) deur en sien of jy 'n leidraad kry.

Moet nooit na 'n nuusgroep in HTML skryf nie Jy sal
die ander lesers sewe soorte blouwilleboepenskoorse
laat ontwikkel:-)

DD

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Hier in die winter

Wo., 22 Mei 2002 19:25

Daar sak 'n sterk haelbui uit
hier in die winter.
Ek dink die reënweer is tot daar
in jou dorpie né Annette:-)))

DD

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Whois

Wo., 22 Mei 2002 15:38

Dave ek het jou posstuk verloor in die harwar van oorskakeling na ADSL maar
die ou breins het darem track gehou daarvan. Man ons het 'n pes gehad wat
ons netwerk gebombardeer het met pornografiese posstukke / junkmail en het
toe 'n IT ekspert gekry in Oz om vir ons 'n traceroute program te skryf -
nadat filters en al daai lekker dinge gerieflik omsiel is deur hierdie
kerel. Ons kan nou posstukke navolg tot feitlik op die drumpel van die
sender en ons kon die bliksem in sy voetspore stuit. Ek meen as jy betaal
per mb downloads het jy nie hierdie twak in jou lewe nodig nie.

Hantamkind.

Rekenaars & selfone | 20 kommentare

ADSL - uiteindelik

Wo., 22 Mei 2002 14:59

Ai, wat 'n beproewing was dit nie! Daai Telstra kêrel het 5 ure gespook om
die ou modempie aan die gang te kry. Seg hy vir my my system hoort by Noag
in die ark, nie op 'n respektabele netwerk van Telstra nie. Dit werk nou,
ook maar net-net. Now you see the network, now you dont. GATVOL!

Dis wanneer 'n man sy moed bymekaarskraap en 'n search begin doen na
rekenaar versaffers in WA. Soos Koos sê "die deuntjie het lank gedraal"
maar nou is dit tyd vir aksie. Die order is in vir 'n nuwe masjientjie due
volgende week.

Intussen koppel ek na die nuusgroep en download 300 boodskappe - in 'n
oogwink. Om almal deur te lees is 'n ander storie! so ek se "askies baas" as
ek posstukke gemis het waarop ek veronderstel was om te reageer (as if!)

Hantamkind

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Logiese voorstel

Di., 21 Mei 2002 23:49

Daar word nou daaraan gedink om rugby op skoolvlak te speel volgens gewig,
en nie ouderdom nie.
Dit maak vir my sin - want boks, stoei, judo en karate ( kontaksporte) word
almal op gewigs-gronde aangebied.

Annette

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Wat is julle mening?

Di., 21 Mei 2002 22:51

Moet daar vir die arme mense Noord van ons kos voorsien word tydens hiedie
verskriklike hongersnood?

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: English/ Afrikaans

Di., 21 Mei 2002 19:01

Dis nie wat die Hollanders sê nie:)))
Annette

"Newsman" skryf in boodskap news:3ceb416e.4542639@news.paradise.net.nz...
> On Wed, 22 May 2002 13:36:26 +1000, "M Hunt" wrote:
>
>> blind date = moljol
>> brandy = polisiekoffie
>> cycle pants = voëlverklikker
>> g-string = boudevlos / gatsnaar / tergtoutjie
>> gynaecologist = koekeloerder / roofkyker
>> longdrop = dieptroon / doefpoef / plonsput
>> make-up = jeugdeeg
>> massage parlour = streelperseel
>> orgy = familie-kielie / groepswoeps
>> stress = gemoedsbekakking
>> sugardaddy = vroetelvarkie
>> sweet sixteen = druktyd
>> tantrum = vloermoer
>> toi-toi = vakbond-vastrap / williewerkie-wals
>> toiletpaper = kloofbesem / poeplint
>> vibrator = skommelstokkie / wikkelwurm
>
> No wonder that Afrikaans is a dead and deservedly unknown language
> outside South Africa.
>
> Newsman

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 35 kommentare

Re: Kortbroek en Pieter

Di., 21 Mei 2002 17:45

On Mon, 20 May 2002 10:52:24 +0200, "Annette" wrote:

> Wat IS dit met die twee dat hulle so bymekaar ingekruip is?
> En waar is die derde een van die driemanskap om bekend te staan as:
> The "Good", The ( very) Bad and the Ugly?
> Annette
>
>
>
The (pretended) Good. The (very) Bad and the (f) ugly?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    744  745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757  758  759    »]
Tyd nou: Do. Apr. 23 05:34:36 UTC 2026