Dit is met trots dat ek hierdie nuusgroep in kennis wil stel van 'n
Afrikaanse rekenaar speletjie. Ons is deur telke mense gevra om asseblief
die sagteware in Afrikaans ook beskikbaar te stel. Drie maande later het ons
toe die moed bymekaar geskraap en dit gedoen.
Die huidige uitgawe is heeltemal gratis en hoef nie eens geregistreer te
word nie... Die enigste vangplek is dat die huidige soekenjin 'n 350Mhz +
masjien soek om vinnig genoeg te kan werk. Nie te min sal die sagteware op
enige masjien hardloop. Minimum skerm grootte is 800x600. DirectX is nie
noodsaaklik nie. Alhoewel 'n klank kaart die speletjie meer interesant maak.
Twee weergawes is beskibaar: Engels and Afrikaans:
Vanoggend gekyk - en ek wonder hoe lank gaan swaargewigboks nog 'n
toeskouersport bly.
Tyson is nie meer 'n bokser nie, Lewis wat vir vermaaklikheid die uitklophou
in die 8ste doen wat hy in die 4de rondte kon plant , en Tyson wat na die
tyd letterlik vir Lewis smeek vir 'n hergeveg sodat hy nog 'n paar miljoen
kan verdien om uit sy finansiële moeras te probeer kom.
Annette
Tony Leon (DA) meld gisteraand dat Libië, volgens hom, mildelik bygedra het
tot die ANC se koffers. Die bedrag oortref klaarblyklik die van
Morkel/Harksen volledig.
Woods (DA) het in die week ook verwys na buitelandse skenkings aan politieke
partye, en die moontlike anpassing van buitelandse beleid in ruil vir
hierdie skenkings.
Indien Libië wel mildelik bygedra het tot die ANC-koffers, is die volgende
vraag seker of hulle (Libië) 'n invloed gehad het op die RSA se beleid jeen
Zimbabwe. (Ons almal ken tog Libië se houding jeens Zimbabwe.)
Dit is eergister gebeeldsend - ek kon nie na alles kyk nie - mens moet werk
ook - maar die bietjie wat ek gesien het, het my elke keer in snot en trane
gehad.
Die diens was in Grey Kollege ( Bloemfontein) se saal.
Die kis was silwer met blou en groen blokkies op die hoeke?- Nietemin, Toe
Shaun Pollock na die verhoog geroep is vir sy huldeblyk, het daar 'n klomp
springbokkrieketspelers saam met hom op die verhoog verskyn, asook Bob
Woolmer. Meestal spelers wat saam met hom in sy laaste paar wedstryde
gespeel het.
Ek sien toe in gisteraand se koerant dat Ali Bacher wel by die begrafnis
was.
Annette
Tydens 'n wereld konferensie oor bierbrouery geniet die grootkoppe van
verskeie bierbrouer entiteite 'n pint of twee om die kroegtoonbank.
Bruce, Uitvoerdende Bestuurder van Fosters, skrou vir die kroegman "In
'Strailya, we make the best bloody beer in the world, so pour me a Fosters,
mate."
Bob, grootkop van Budweiser skree : "In the States, we brew the finest
beers of the world, and I make the king of them all - gimme a Bud."
Hans is volgende: "In Germany ve invented das beer. Give me un Helles, ze
REAL King of beers."
Jan, grootkop van Grolsch openbaar sy bewondering vir hierdie meesterstuk en
vra vir 'n lang koue een met so twee vingers skuim bo-op.
Kerneels, grootkop van SAB, tree na vore.: "Barman, give me a diet coke
with ice and lemon. Please". Die ander staar geskok na hom met totale
ongeloof op hul gesigte. Uiteindelik vra Bruce: "Are you not going to have a
Castle , Norm ?"
Kerneels se "Well, if you pansies aren't drinking, then neither am I".
Na 'n lang afwesigheid (twee, drie jaar?), hier ingeloer. Bly om jou nog hier
te sien (soos ook Ferdi en Swart Simon), en blyer dat jy nog die gespreksgrense
met oorgawe patrolleer en bevraagteken. Ek het so 'n paar weke waarin ek hier
kan rondkuier, en beloof 'n nuusgroep-stuiwer of twee.