Haai sjeim - blykbaar het die monsoonseisoen vandag begin - 10 dae te vroeg.
Arme Pole en Portugal speel met watervlerkies aan - en nie een van die twee
is bekend as olimpiese kampioene in die swembad nie;)))
GROOT NAME BY KUNSTEKAAP VIR ATKV SE LIEDJIETALENT
BEKENDE Afrikaanse sangers en verhoogkunstenaars gaan liedjieskrywers in die
fynere kunsies van ligteliedjies oplei by die ATKV-Ligteliedjieslypskool wat
einde van die maand by die Kunstekaap Teatersentrum aangebied word.
Benewens die kursusanker, Mynie Grové, gaan kunstenaars soos Nataniël,
Coenie de Villiers en Anna Davel hulle kennis en ondervinding met opkomende
liedjieskrywers deel. Enige persoon wat reeds 'n liedjie geskryf het, kan
vir die kursus inskryf wat van Vrydagoggend 28 Junie tot Sondagoggend 30
Junie 2002 by Kunstekaap plaasvind.
Dit is die eerste keer in die sewentienjarige bestaan van die ATKV se
Ligteliedjieslypskool dat dit in Kaapstad aangebied word. Dié landwye
slypskool is voorheen by ATKV-Klein-Kariba in die Noordelike Provinsie
gehou.
"Kunstekaap wil die baken van uitmuntendheid in skeppende kunste wees. Dit
was dus logies om as medevennoot betrokke te raak. Deur ons geriewe en
dienste teen billike pryse beskikbaar te stel, help ons om die kursusfooi
meer bekostigbaar te maak," sê Michael Maas, bestuurshoof van Kunstekaap.
"Ons het voorts, deur ons Gemeenskapshulpsentrum, beurse aan twee opkomende
liedjieskrywers vanaf die Kaapse Vlakte, Charles Louw van Manenberg en André
Petersen van Greenhaven gegee, om vir die slypskool in te skryf."
Volgens die ATKV-projekorganiseerder, Ilse Schürmann, sal net 20 persone tot
die slypskool toegelaat word. Die sluitingsdatum vir aansoeke is Woensdag,
19 Junie.
"Mense wat belangstel moet vinnig spring. Daar is nog enkele plekke
beskikbaar," sê Schürmann. "Die R950 kursusfooi dek alle kursusmateriaal en
etes. Ons gaan in die bestek van drie dae 'n wye reeks toepaslike onderwerpe
dek. Dit sal wissel van musiek- en komposisietegnieke tot die aanwending van
rekenaartegnologie, bemagtiging en kopiereg.
"Ons wil die slypskool so toeganklik as moontlik maak en daarom kan
voornemende kursugangers die kursusfooi oor 'n tydperk van ses maande
afbetaal. 'n Bedrag van R50 is betaalbaar met die goekeuring van die aansoek
en die res kan van begin Julie af oor 'n tydperk van ses maande betaal
word," sê Schürmann.
Inskryfvorms kan verkry word deur Ilse Schürmann te skakel by telefoon 012
886 4888. Meer inligting en die inskryfvorm kan ook by die ATKV-webwerf. by
www.atkv.org.za verky word.
Kapenaars wat nie toegang tot 'n rekenaar het nie, kan die internetgeriewe
by die Gemeenskapshulpsentrum van Kunstekaap gebruik. Die nodige reëlings
vir toegang kan met Sally Sch�nenwolf van Kunstekaap getref word by telefoon
021 410 9986 of sel: 083 529 9795.
Mark Shuttleworth en sy twee mede ruimtereidwalers gaan vandag om 1:00 nm in
'n oopdekbus deur Kaapstad ry.
Hulle praat van 'n tickertapeparade, maar ons sal maar hulle moet gooi met
gewone rekenaarpapier;)))
Annette
Blykbaar is Christiana en Stelle se hospitale sonder dokters.
Die geld is glo daar om vir die salarisse te betaal, maar die dokters wil
nie daar bly nie.
Vir wat nie?
Sover ek kan onthou was Christiana en Stella lekker plekke.
Annette
Is daar manne hier wat dit het? Ek het net gehoor dit is baie rof, en nou
nie juis iets wat ek sal geniet om na te luister nie.
Maar blykbaar is daar mense wat verby die vloekery en die lasterlike
uitlatings luister en dan die "liedjies", woorde geskryf op bekende wysies,
geniet.
Die vraag is net, vir wat skaf hulle die CD aan as hulle verby wil luister?
Dan kan hulle mos net so lekker na die oorspronklike liedjies luister?
Of is dit maar net om te weet hulle kan die CD kry - soos toentertyd wat
mens spesiaal was as jy 'n Biltong en Potroast tape in die hande kon kry?
Dit sal darem lekker wees om weer 'n program soos Biltong en Potroast te kan
kry - hulle aanbieders leef nog - of is Mel toe al dood van al die rokery?
Na die naweek se koukusdinge het die DA verklaar dat hulle nog steeds wag
vir die forensiese uitslag van die ondersoek om uit te vind hoeveel geld
Morkel van Harksen gekry het.
Morkel en Markovitz is egter goed geroskam omdat hulle sulke dik pelle met
Harksen was.
Nou, ek weet ek raak oud, maar ek kan half goed onthou toe die storie die
eerste keer gebreek het, het Morkel onomwonde verklaar dat hy Harksen glad
nie ken nie, en slegs miskien een of twee keer by gesellighede raakgeloop
het.
Vanoggend op RSG het hy niks te sê oor die roskammery nie, net dat hy nie
geld gekry het van Harksen nie.
Ek sluk ook maar dik aan Harksen se stories wat hy onder eed as die waarheid
aan Regter Desai verkoop het.
Mens moet wragtag dik pelle met iemand wees om die telefoon op te tel en vir
die persoon te vra om R20 000 te gee om 'n huis te kan huur.
Aan die ander kant "dink" politici mos anders as regte mense.
Ons hoor nou al van gister af van die 30-jarige akteur wat in Generations
gespeel het wat van verkragting aangekla is en wat vandag in die hof gaan
verskyn. Geen naam word genoem nie.
In Leon van Nierop se geval was sy naam die wêreld vol uitbasuin nog voordat
hy aangekla was - slegs op gronde dat hy verdink word dat hy hom
kinderpornografie vermaak.
Annette
Johan B
Ek vemoed dat solank as jy agter jou skuilnaam wegkruip jy
sal aanhou snert kwytraak sonder enige vrees vir jou stellinge.
Wouter
Daardie deuntjie gaan jou niks in die sak bring nie, en ek kruip
vir niks weg nie. Ongeveer almal skryf hier onder skuilname,
daar is redes daarvoor wat ek nie aan jou hoef te verduidelik
nie. Ek staan in vir wat ek sê, die plaasvark het sy eie reputasie
hier. Bly 'n rukkie hier, dan sal jy dit verstaan. Of gee pad as
ons gevestigde manier jou nie aanstaan nie. Maar moenie vir ons
probeer voorskryf hoe ons ons dinge hier moet doen nie.
Jou naam beteken vir my niks en al wat jy hier het is 'n klomp
vermanings om te chill. Word tog groot. Of gaan speel elders.
Soos die boere sou gesê het, jou hele ou moer op 'n mikstok.