Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Diskriminasie in die VSA

Do., 20 Junie 2002 10:54

Vandag hier oor die Nuus - in die VSA gaan oorgewig mense meer vir hul
vliegtuigkaartjie betaal.
Wonder nou net waar gaan hulle die streep trek, en of lengte, tipe
beenstruktuur en ouderdom ook 'n rol sal speel in die bepaling van die
maksimum gratis gewig.
Ek kan nog verstaan as iemand so gewigtig is dat hy/sy nie op een sitplek
inpas nie - mens betaal mos per sitplek.

Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe Super Hond

Do., 20 Junie 2002 06:33

Die Russe het nou 'n nuwe ras hond geteel - bestaande uit 25% jakkals en 75% Husky.
Hierdie hond het glo 'n besondere reuksin, is klein, en kan glo oral inkruip
om onwettige goed uit te ruik.
Hulle kan tot prostaatkanker uitruik deur aan urine te ruik.

Nou weet ons hoekom honde altyd so onbeskof aan ons ruik: - suiwer
navorsing)))
Annette

Troeteldiere | 1 kommentaar

Harksen se getuienis

Wo., 19 Junie 2002 13:10

Die persoon wat skaars twee weke gelede onder eed sekere beweringe voor
regter Desai gemaak het, is glo vandag, na kruisondervraging, gedwing om sy
verklaring terug te trek, en hy kon ook nie vandag en gister dinge tot in
dieselfde fyn detail onthou soos 'n paar weke gelede nie.
Ons sal maar moet wag en hoor wat hy met al daardie geld, wat nie syne was
in die eerste plek nie, gemaak het.
Ander name word nou ook genoem wat glo geld sou ontvang het.
Ze Plot Thickens.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ongesellige mense

Wo., 19 Junie 2002 12:05

Die mense daar in Gauteng maak nie mooi nie.
Ek hoor nou net dat 5 Zimbabwiërs aangekeer is tydens 'n rooftog.
Die polisie het gereageer op 'n wenk.
Ons mense dink seker hulle het nie die reg om hier te kom roof nie - SA se
goed vir SA se rowers.:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

OosKaapse Hospitaalkrisis

Wo., 19 Junie 2002 10:32

Die hoog-geagte dokter/administrateur wat toe na die media toe gehardloop
het omdat hy geen reaksie van die politici kry ivm die verslegtende
toestande in die hospitale nie, is toe mos afgedank.
Nou het nog 'n paar dokters ook maar van die media gebruik gemaak om te
vertel hoe dit daar gaan- laat ons nou maar sien hoeveel broodnodige medici
nog afgedank gaan word.
Elk geval - die segsman wat nie die korrespondensie of telefoonoproepe
beantwoord nie, het darem toe dmv die media verklaar dat die probleem van
die haglike toestande wat tans ondervind word kom vanaf die vorige
apartheidsregering.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nuwe Kroeks

Wo., 19 Junie 2002 09:06

Groot nuus vanoggend - By die Grootvleigevangenis? in Bloemfontein is
Vier!! gevangenis met videokameras bewapen - of is dit nou bemagtig? - om
die onheilige goed wat die bewaarders in die tronk aanvang af te neem.
Stoute bewaarders!

Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Koi vs San op Smitsdrif

Wo., 19 Junie 2002 08:46

Maandagaand op die nuus 'n paar onderhoude met twee groepe wat op Smitsdrif
"kamp". Die nuusleser noem hulle die Koi en die San????

Blykbaar is 'n vrou van die een groep oor die naweek verkrag en vermoor en
die vergelding is natuurlik dat 'n vrou van die ander groep vermoor is deur
haar dood te skop. Nie juis uitsonderlike nuus nie. Afrika issie vir
sissies nie. Hier is ons rof en te hel met die wet.

'n Paar van die opmerkings(in Afrikaans nogal uit altwee groepe):
"Hulle moet wegbly hier, ons gaan hulle koppe met 'n klip platslaan!"
"Hou hulle weg hier, ons gaan hulle uitmoor!"
en die beste een.
"Ons moet apart bly!!!"

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Haai kyk wat kry ek! (in engels)

Wo., 19 Junie 2002 03:32

The cheat sheet for posting on Usenet

Never forget that the person on the other side is human.
Don't assume that a person is speaking for their organization.
Be careful what you say about others.
Be brief.
Write well.
Use descriptive subject lines.
Think about your audience.
Be careful with humor and sarcasm.
Only post a message once.
Use mail instead of posting a follow-up.
Summarize what you are following up.
Cite appropriate references.
Mark answers or spoilers.
Limit line length and avoid control characters.
Please do not use Usenet as an advertising medium.
Avoid posting to multiple newsgroups.

En nou weet ons dat ons almal hierdie reëls van netetiket oortree.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

skrywery

Di., 18 Junie 2002 20:32

Hi almal

Ek is 'n 'aspirant skrywer'. Weet enigiemand van 'n goeie afrikaanse website
waar ek goeie raad kan kry oor hoe om prosa (veral kortverhale) te skryf ?

Thanx
Jacques

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Grappie oor bestuurders in engels

Di., 18 Junie 2002 11:36

so as engels jou gat krap maak sommer nou die post toe.

A man in a hot air balloon realized he was lost. He reduced altitude
and spotted a woman below. He descended a bit more and shouted,
"Excuse me,can you help me? I promised a friend I would meet him an
hour ago, but I don't know where I am." The woman below replied,
"You are in a hot air balloon hovering approximately 30 feet above the
ground. You are between 40 and 41 degrees north latitude and between
59 and 60 degrees west longitude."

"You must be an Systems Architect," said the balloonist. "I am,"
replied the woman, How did you know?" "Well," answered the balloonist,
"everything you told me is, technically Correct, but I have no idea
what to make of your Information, and the fact is I am still lost.
Frankly, you've not been much help so far."

The woman below responded, "You must be in Management." "I am,"
replied the balloonist, "but how did you know?" "Well," said the
woman, "you don't know where you are or where you are going. You have
risen to where you are due to a large quantity of hot air. You made a
promise which you have no idea how to keep, and you expect people
beneath you to solve your problems. The fact is you are in exactly
the same position you were in before we met, but now, somehow, it's
my fault"

Threeships Mcduck
www.mothership.co.za

Humor & grappe | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    729  730  731  732  733  734  735  736  737  738  739  740  741  742  743  744    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 12:54:07 UTC 2026