Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Goeie more aan Suid Afrika

Di., 28 Mei 2002 10:43

--
EDITOR
NewsHoundMedia
www.newshoundmedia.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oos-Kaap verval

Di., 28 Mei 2002 06:03

SATV berig vanoggend dat drie hospitale in die Oos-Kaap, o.a. die Livingston
Hospitaal in PE, in wanorde verval het en dat die bestuur nou deur
buite-instansies oorgeneem gaan word. (Wat is die Afrikaans vir
"outsourcing"?)

Volgens 'n ander berig (nie die SATV nie) gaan Mandela vir Bantu Holomiza
nader om terug te keer na ANC-geledere om die regeringsleisels in die
Oos-Kaap oor te neem aangesien die administrasie van die provinsie basies in
chaos verval het.

Maak u eie afleidings - maar hou dit positief.

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Seksie Huwelik

Ma., 27 Mei 2002 14:11

Hoor vanmiddag van 'n paartjie wat 18 jaar getroud was, en die bruid van toe
was nog steeds 'n maagd.
Hulle is toe na 'n seksoloog omdat sy toe 38 is, en hulle het besluit hulle
wil kindertjies hê.
Mens kan ook nie alles by die bib en op internet leer nie;)))))
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Ooskaapse Stormskade

Ma., 27 Mei 2002 09:25

Ek hoor vanoggend dat daar by Wildernis groot stormskade was Vrydag - pad
glo toegemaak vir 'n ruk om die strand van die pad af te kry.
Hoekom vertel die Ooskapenaars ons niks nie- of is hulle weggespoel?
Annette

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Stakings en Optogte

Ma., 27 Mei 2002 09:00

Help dit om 'n saak te besleg?
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Poslose Dag

Ma., 27 Mei 2002 08:06

Die poskantoorwerkers staak vandag. Hoop nie een van julle wil dringend iets
afstuur nie.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuus 26/5

So., 26 Mei 2002 17:29

Stormweer des Kaaps:
1) Betty van Bettysbaai se huis is aan flenters geslaan en gewaai.
2) Pensioenaris van Langebaan - toe sy huis gebou is was dit 150m van die
strand - wag om te kyk of sy huis die verwagte storm Dinsdag sal kan
weerstaan.
3) Die seereddingsboot in Bantrybaai moes per helikopter gered word nadat
die NSRI se boothuis aan flarde geslaan is deur 9m hoë branders.
4) Huisvrou in Llandadno gebruik die waarskuwing van sandluise wat die huis
instroom, en verwyder betyds die nodigste uit die huis se grondverdieping.
Verlede jaar het haar huis R200 000 se skade opgedoen met 'n storm. Hierdie
jaar se skade is meer.
5) Die Blou Restaurant in Strand is die eerste keer in 40 jaar oorstroom.
6) Nuwe eiendomsontwikkeling in Hermanus loop onder die skade van die storm
gister deur.
7) Bote in die hawe wat uitvaar tot 8km die see in waar dit kalmer is.

Ons het Vrydagaand gou na Seepunt gery. Dit was werklik vreeslik mooi in sy
verskriklikheid om die stormweer so te sien. Hoge grys deinings en brekende
branders, skuim wat
die wêreld vol lê, mense wat gou moed opgee om op die promenade te wil loop
of draf, die putt-putt bane wat se plankies lekker deurmekaar lê en die
doolhof wat ook lelik windverwaaid lyk.

Annette

Nuus | 2 kommentare

Zimbabwe-virus

So., 26 Mei 2002 06:27

Sopas die volgende ontvang rakende die Zimbabwe-virus:

" Dearest Receiver,

You have just received the first Zimbabwean virus.

Since we are not so technologically advanced in Zimbabwe, it is therefore a
MANUAL virus.

Please delete all the files on your hard disk yourself and then send this
mail to everyone you know. Thank you very much for helping me.

Yours in gratitude, Philemon "The Hacker" Sithole. '

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sakkie se Diemersfontein

So., 26 Mei 2002 02:18

By die Gourmetfees is ek Diemersfontein Pinotage ( 2000) aangebied om te
proe. Dis die eerste keer in 'n baie lang tyd dat ek na die eerste slukkie
die glas in 'n houer moes leegmaak en my gemoed moes sus met 'n glasie
Jerepigo.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Desai Kommissie en meeluisterapparaat

Sa., 25 Mei 2002 05:03

Die Nasionale Intelligensiediens "ontdek" sg. meeluisterapparaat, hulle
"lek" die inligting aan die pers, en 'n kommissie word aangestel om die saak
te ondersoek...

Twee dinge pla my mbt die aangeleentheid:

1. Waarom het die intelligensiediens nie self die saak ondersoek nie - dis
tog seker deel van hulle verantwoordelikhede.

2. Wie by die intelligensiediens lek hulle inligting aan die pers - is hulle
nie veronderstel om in die "geheim" te funksioneer nie?

Die hele aangeleentheid, soos in die media beskryf, het 'n skerp politieke
kleur. Ek hoop dat die ANC ook hulle eie bedrog- en diefstal-sake op
dieselfde sorgvuldige wyse sal hanteer.

Kan iemand my miskien sê wie die Desai ou is - 'n voormalige regter ? Help ?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Bladsye (1835): [ «    741  742  743  744  745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 12:14:23 UTC 2026