Op mijn basisschool gaan wij een project over landen doen. Aangezien ik al
drie keer op vakantie in Zuid-Afrika ben geweest, heb ik natuurlijk voor dit
prachtige land gekozen.
Nu heb ik het volgende probleem:
Vrijdag openen wij het project met een kleine presentatie voor de andere
klassen.
Ik had bedacht om één paar van mijn leerlingen een korte tekst in het
Afrikaans voor te laten lezen.
Mijn vraag is dan ook of er iemand zo vriendelijk zou willen zijn om de
volgende tekst vandaag te vertalen voor mij.
Je zou mij er enorm mee helpen.
De tekst staat hieronder. Daar ik niet de hele tijd instaat ben om in te
loggen op de nieuwsgroepen, zou ik je willen verzoeken om de tekst
rechtstreeks naar mijn e-mail adres te zenden.
Alvast heel vriendelijk dank,
André van Boordt
Houten ( Utrecht) Nederland.
Dit is de tekst:
Hallo Allemaal,
De groep van André gaat de komende weken een project doen over het
mooie Zuid- Afrika. Wij gaan veel leren over het land, de mensen en de
dieren.
Zoals jullie kunnen horen lijken het Afrikaans en het Nederlands heel
erg op elkaar. Op 20 juni kunnen jullie komen kijken naar wat wij allemaal
gedaan hebben.
Wij wensen jullie ook veel plezier met jullie land.
Daag.
nou dat ek almal se aandag het....veral die wynvlieë onder julle ;)) Watter
wynplaas sou julle vir iemand aanbeveel om te gaan besoek, as hulle in die
Kaap is?
die nuwe wet is dat alle grafte 300x 300x 2m moet wees..
die houtkoppe moet kop ondertoe begrawe word.
navorsing het getoon dat daar dan meer grond in hul gatte gekry kan word.
Soos ek dit al verstaan het bestaan in Suid-Afrika ook soiets as
Moedersdag...
Ek het vir me moeder 'n doos Belgiese pralientjies gekoop en sy was
daarmee baie tevrede.
Ek sou nou wou geweet het van DD, Plaasvark, Tobie, Jonas, Johanls,
Sakkie, Thys, Arthur, Frikkie, en ook van al die andere manlike
deelnemers van hierdie nuusgroep wat hulle gedoen het laaste sondag
vir hulle moeder of vir hulle vrou.
Kom nou, moenie so verleë wees nie! Praat maar eens honderdvoudig oor
wat julle gedoen het om vir die vrouens wat vir julle sorg en kommer
het julle respek, agting en dankbaarheid te betuig.
Die Grootbaas van Transnet is geskors met volle betaling, na 'n Mail &
Guardian storie met prentjies wat toon dat hy 'n huis van Transnet gekoop
het teen die helfte van die waardasiewaarde, en toe nog daarna oor die R300
000 se verbeterings aangebring het met Transnet se fondse en werkers,
voordat hy 'n verband aangegaan het om die gelde aan Transnet te betaal.
Dat so 'n stoute seun so gou vasgetrek is!! Ai tog , wat is dit net die
soustreiners dat hulle dinge so slap deesdae doen:))))
Annette
Sterkte met die stemmery more - vragie - as oorle Pim se party wen, wie gaan
dan die eerste minister wees?
Julle moet maar laat weet of ons vir julle hier onder moet plek regmaak,
sodat julle nie deur die aantie as rassistiese apartsheidsvarke uitgekryt
word nie:)))
Annette
Ek is 'n pamfletopgaarder - sodoende kry mens baie inligting wat mens rustig
by die huis kan nagaan.
Moedersdag toe ry ons uit na Stellenbosch se kant toe, net om die
herfskleure te geniet - die wingerde lyk deesdae soos 'n veelkleurige mat -
en die berge wat altyd so blou en mooi daar staan - mens raak mos maar net
mooi nooit moeg om na berge te kyk nie.
Ons draai toe by Polkadraai af - nee, die aarbeie is nog nie reg nie - om
die plaasstal daar te besoek - om vir ma ietsie ekstra vir moedersdag te
gee - en daar sien ek toe die ideale kersgeskenk -
elk geval, ek dwaal af.
Tel twee pamflette daar op - die eerste een is die valke by Spier -
ongelukkig is die hele pamflet in Engels, word genoem Eagle Encounters, maar
dit lyk of dit nogal 'n plek kan wees wat mens kan bybring -
Falconry Display - die valke vlieg glo om jou en na jou toe - moet die
Springbokspan daar kry sodat hulle kan leer hoe om te koes en te swenk:))
Speel met Gizmo - 'n baba-uiltjie - Spotted Eagle Owl - die dingetjie op die
kiekie lyk effe verskrik:))
En dan kan mens ook Wally The Black Eagle vashou en troetel:)) Dis nogal wat
ek altyd wou doen - 'n arend streel.
Die ander pamflet is van die Wynroete van Stellenbosch - nee Sakkie -
Diemersdal is nie daar by nie - 42 landgoede - alhoewel ek seker is daar is
meer - maar wat ek wel interessant vind is, is dat
1) 11 van hulle bied ook huisvesting aan
2) 24 moet mens bespreek as mens op 'n keldertoer daar wil gaan
3) 13 bied etes aan sonder bespreking, 5 moet mens bespreek as jy daar wil
eet.
4) 5 gee pieknieketes
5) Omtrent almal het geskenke
6) 15 het rolstoelgeriewe.
7) 14 is Sondae oop vir wynverkope.
Spier en Zevenwacht is die twee landgoede wat al die bg aanbied.
Annette, waar is Diemersfontien wynlandgoed. Ek het laasweek in
Johannesburg op 'n heerlike Merlot van hulle afgekom.
Johannesburg was verdomp koud in die oggend. Winter in Durban vat die koek.
Sondag in groot opskrifte - Terror Lakota wat in 'n toespraak erken dat Onse
Prez se beleid van Stille Diplomasie ivm Zimbabwe klaaglik misluk het.
Vanoggend oor die nuus - Lakota wat wil duidelik maak dat die siening net sy
persoonlike mening is, nie die van die regering nie.
Onse Prez het nou nog net 'n hardebol swart hoedjie nodig, en hy moet net
leer om meer sy wysvinger in die lug te hou en sy lippe meer af te lek, dan
het ons ons eie mini-PW :))))
Alweer!! Rubicon Revisited:))
Annette