Ek is 'n pamfletopgaarder - sodoende kry mens baie inligting wat mens rustig
by die huis kan nagaan.
Moedersdag toe ry ons uit na Stellenbosch se kant toe, net om die
herfskleure te geniet - die wingerde lyk deesdae soos 'n veelkleurige mat -
en die berge wat altyd so blou en mooi daar staan - mens raak mos maar net
mooi nooit moeg om na berge te kyk nie.
Ons draai toe by Polkadraai af - nee, die aarbeie is nog nie reg nie - om
die plaasstal daar te besoek - om vir ma ietsie ekstra vir moedersdag te
gee - en daar sien ek toe die ideale kersgeskenk -
elk geval, ek dwaal af.
Tel twee pamflette daar op - die eerste een is die valke by Spier -
ongelukkig is die hele pamflet in Engels, word genoem Eagle Encounters, maar
dit lyk of dit nogal 'n plek kan wees wat mens kan bybring -
Falconry Display - die valke vlieg glo om jou en na jou toe - moet die
Springbokspan daar kry sodat hulle kan leer hoe om te koes en te swenk:))
Speel met Gizmo - 'n baba-uiltjie - Spotted Eagle Owl - die dingetjie op die
kiekie lyk effe verskrik:))
En dan kan mens ook Wally The Black Eagle vashou en troetel:)) Dis nogal wat
ek altyd wou doen - 'n arend streel.
Die ander pamflet is van die Wynroete van Stellenbosch - nee Sakkie -
Diemersdal is nie daar by nie - 42 landgoede - alhoewel ek seker is daar is
meer - maar wat ek wel interessant vind is, is dat
1) 11 van hulle bied ook huisvesting aan
2) 24 moet mens bespreek as mens op 'n keldertoer daar wil gaan
3) 13 bied etes aan sonder bespreking, 5 moet mens bespreek as jy daar wil
eet.
4) 5 gee pieknieketes
5) Omtrent almal het geskenke
6) 15 het rolstoelgeriewe.
7) 14 is Sondae oop vir wynverkope.
Spier en Zevenwacht is die twee landgoede wat al die bg aanbied.
Annette, waar is Diemersfontien wynlandgoed. Ek het laasweek in
Johannesburg op 'n heerlike Merlot van hulle afgekom.
Johannesburg was verdomp koud in die oggend. Winter in Durban vat die koek.
Sondag in groot opskrifte - Terror Lakota wat in 'n toespraak erken dat Onse
Prez se beleid van Stille Diplomasie ivm Zimbabwe klaaglik misluk het.
Vanoggend oor die nuus - Lakota wat wil duidelik maak dat die siening net sy
persoonlike mening is, nie die van die regering nie.
Onse Prez het nou nog net 'n hardebol swart hoedjie nodig, en hy moet net
leer om meer sy wysvinger in die lug te hou en sy lippe meer af te lek, dan
het ons ons eie mini-PW :))))
Alweer!! Rubicon Revisited:))
Annette
Die Gourmetfees is weer hier in die Kaap - www.gourmetsa.com -
Dit sal swaar gaan om beter wees as verlede jaar se fees - ek moes drie keer
gaan, en het nie eers by die wyne uitgekom nie!
Annette
Ek moet eerlik wees, ek het Koos du Plessis se "Gebed" vir die eerstemaal so
twee maande terug gehoor.
Dit is op 'n CD van Mathys Roets - en ek kan my nie voorstel dat iemand dit
beter sal kan doen nie. (Ek is ook oortuig dat Mnr Du Plessis aan my gedink
het toe hy dit geskryf het.)
Dankie Annette, dis baie baie goed geskryf, ek het dit nou vreeslik geniet!
Baie waar ook!!!
HK
"Annette" >
> Rules for flying an aircraft
>>
>> 1. Every takeoff is optional. Every landing is mandatory.
>>
>> 2. If you push the stick forward, the houses get bigger.
>> If you pull the stick back, they get smaller. That is,
>> unless you keep pulling the stick all the way back, then
>> they get bigger again.