Met vandag se gewoelery kom ek af op 'n boekie met handtekeninge van nie so
lank gelede nie, van spelers wat seker net met vreeslike geluk weer vir die
Springbokke sal speel, indien ooit.
Van Straaten
Boone
Gaffie du Toit
Rob Fleck
André Vos
Krynauw Otto
Ons speel ons tweede oefenwedstryd vandag - en Sono en sy 28 adviseurs het
nou glo amper die regte span vir die toernooi uitgewerk.
Matthew Booth - die langste en witste speler in die span is uit - het glo sy
knie so beseer tydens 'n oefening dat hy nou glad nie sal kan speel nie.
Die Sunday Times het Toni Yengeni en sy Mercedes 4x4 storie oopgekrap. Hy
het is as hoofsweep afgedank, en tans is hy op verminderde salaris
langverlof agv van die hofsaak wat voorlê.
Net nadat die storie gebreek het, het Yengeni in 4 Sunday Times uitgawes
volblad, volkleur advertensies laat plaas om sy onskuld uit te basuin ( dis
was nou nog voor hy as hoofsweep afgedank is).
Tot nou toe het hy nog nie vir daardie advertensies betaal nie.
Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
"lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?
Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?
Desmond Tutu is aangespreek deur die regering omdat hy dit durf waag het om
hulle te beskuldig dat hulle die besluite van die TRC ondermyn het toe hulle
aan moordenaars amnestie verleen het wat regstreeks ingedruis het met die
TRC besluit.
Die ondersoek van die meeluisteraparaat in die Kaapse wetgewingkantore is
aan die gang. Blykbaar is toerusting aangeskaf wat meeluisteraparaat sou
opspoor, wat toe eintlik meeluisteraparaat op sigself was.