vloek oor...
Vr., 10 Mei 2002 08:46
Vloek oor 'n doodkis
Anthony Nolan Venter
Blinke skroewe, duursaam vatsels
ongepoetste buitekant.
Boepens deksel, loodreg kante
satynversierde binnewand.
Enkelvertrek okkupeerder,
onderaardse meubelstuk.
Jarelange doodsslaapkamer
vlees in lanfergeur gewik.
Onheilsskepping, hartebreker-
ongenaakte kinderdief.
Bewaarder van verkalkte beend're,
oorsaak van sielsongerief.
Ek haat, ek pes en ek vervloek jou
uit heel die diepte van my hart.
Aan jou gekoppel is die oorsprong
van my lyding, pyn en smart.
Koeitjies & kalfies |
10 kommentare
BMW Stelery
Do., 09 Mei 2002 06:54
Blykbaar is die nuwe BMW, waar alles elektronies is, en mens nie eers 'n
sleutel nodig het nie, die maklikste ( en gewildste) voertuig om te steel.
Nadat die deur oopgemaak is, en die alarm skaars twee beeps gegee het, word
die swart kontroleboksie glo met 'n helse slag geslaan, dan is alles bedem
en kan die diewe vrolik wegry.
Annette.
Wiele |
4 kommentare
Nuus 9/5
Do., 09 Mei 2002 05:19
Noupoort is deesdae groot nuus - ek het amper gedog die plek bestaan nie
meer nie - ons het altyd daar oorgeslaap in die hotel op pad Kaap toe -
hulle het die lekkerste skaapvleis daar -
elkgeval - Noupoort wil nou beroemd wees.
Voorverlede week was daar moleste omdat die kleurlingmense daar ongelukkig
is omdat daar niks aangaan nie, en hulle dus nie werk het nie.
Hierdie week praat hulle van die magistraatshof in Noupoort? van mense wat
alweer by daardie sentrum wat die dwelmverslaafdes regruk amok gemaak het.
Een van die opsigters is aangekla omdat hy twee betalende pasiënte gemartel
het.
Hulle is nou nie dood soos die kind verlede jaar nie, maar dit was glo
amper-amper.
Annette
Nuus |
6 kommentare
My foto's op die web - Skagit Valley
Wo., 08 Mei 2002 23:01
Een van my foto albums op die web is nou gekies as 'n "Featured Album" op
Webshots. Gaan na http://community.webshots.com/ en kyk in die linkerkanste
kolum en kliek op "Skagit Valley".
Skagit Valley is een van die mooiste plekke in die lente wat ek al op aarde
gesien het. Daar
word met tulpe en daffodils geboer en wanneer dit begin blom dan kan jy
letterlik van horison tot horison net blomme sien. Dit is 'n bedryf wat
deur Hollandse immigrante begin is. Die plaas Roozengaarde is veral populêr
want daar is tuine aangeplant met 'n hengse groot verskeidenheid van blomme.
Daar het ek vir die eerste keer swart tulpe gesien. Die vallei is so uur se
ry noord van Seattle.
Lekker kyk en hoekom pos julle nie ook foto's op Webshots nie? Dis baie
maklik.
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Dankie vir lirieke!
Wo., 08 Mei 2002 06:31
Ek is regtig vreeslik bly oor al die Koos Doep-lirieke wat julle hier pos.
Ek sal dit vir die vrou in Vancouver aanstuur, met 'n effense vertaling
daarby.
Ek voel ook dis vir 'n goeie saak want die vrou laat weet dat hy (Koos) die
taal baie mooi laat klink. Sulke woorde is genoeg om my aan te spoor om al
die lirieke te probeer kry.
Groetes
Koot (jpie...@petech.ac.za)
Musiek & liriek |
60 kommentare
Herfstyd Innie Kaap
Wo., 08 Mei 2002 05:43
Boerneef:
Niks hang so rooi soos wingerdblaar by Hexrivier
niks staan so geel soos herfspamplier by Dwarsrivier op Ceres
slaan rem aan hou jul asem in en kyk en kyk
lank en eerbiedig soos 'n mens na so 'n herfs moet kyk
laat dit inbrand in jou vir later tyd
die warm geel en rooi vir latenstyd
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare