Vlaanderen: goed nuus & sleg nuus vir die Nederduitse taalgroep
Do., 23 Mei 2002 20:55
In Vlaanderen is daar vandag goed nuus en sleg nuus gekom vir die
Nederduitse taalgroep.
Goed nuus: al die vreemdelinge en immigrante wat nog nie
nederlandssprekendes is nie sal verplig word om dit aan te leer.
Sleg nuus: op die universiteit en hoëskole sal 20% van die leerstof
in Engels mag gegee word. Daarvoor sal wel gefundeerde redes moet
opgegee word en die eksamens daaroor kan in Nederlands plaasvind.
Tog vind ek dit bedenklik. Ek vind ons maak 'n stap agteruit!
'n Mededeling vanweë
Norbert (uit Vlaanderen)
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Net werk en geen speeltyd?
Do., 23 Mei 2002 13:38
"South Africans look for work more than sex
South Africans are more interested in work than sex, according to search
portal Ananzi's latest search figures."
Word internet tyd op sekswerwe dalk as werk aangegee?
Statistieke kan altyd bevraagteken word. Hoe meet hulle?
:-)
TJ
www.artslink.co.za
--
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA
The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1
Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Vuurwapenwetgewing
Do., 23 Mei 2002 13:37
Wat is die nut om as wetsgehoorsame burger 'n vuurwapen te hê?
Hoe gaan jy die oortreder aanhou nadat hy jou geroof het?
Ek glo dat die wetgewing nuwe morele stukrag aan die kriminele gaan gee -
asof hulle enige verdere aanmoediging nodig het...
Arme polisiemanne
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Onlangse Verlede
Do., 23 Mei 2002 12:53
Met vandag se gewoelery kom ek af op 'n boekie met handtekeninge van nie so
lank gelede nie, van spelers wat seker net met vreeslike geluk weer vir die
Springbokke sal speel, indien ooit.
Van Straaten
Boone
Gaffie du Toit
Rob Fleck
André Vos
Krynauw Otto
Ag ja, so draf die lewe aan.
Annette
Sport & ontspanning |
2 kommentare
Sokker
Do., 23 Mei 2002 07:11
Ons speel ons tweede oefenwedstryd vandag - en Sono en sy 28 adviseurs het
nou glo amper die regte span vir die toernooi uitgewerk.
Matthew Booth - die langste en witste speler in die span is uit - het glo sy
knie so beseer tydens 'n oefening dat hy nou glad nie sal kan speel nie.
Annette
Sport & ontspanning |
0 kommentare
Yengeni se Wraak
Do., 23 Mei 2002 06:31
Die Sunday Times het Toni Yengeni en sy Mercedes 4x4 storie oopgekrap. Hy
het is as hoofsweep afgedank, en tans is hy op verminderde salaris
langverlof agv van die hofsaak wat voorlê.
Net nadat die storie gebreek het, het Yengeni in 4 Sunday Times uitgawes
volblad, volkleur advertensies laat plaas om sy onskuld uit te basuin ( dis
was nou nog voor hy as hoofsweep afgedank is).
Tot nou toe het hy nog nie vir daardie advertensies betaal nie.
Annette
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Wie is hier?
Do., 23 Mei 2002 06:31
Is daar van die getroue bydraers tot hierdie nuusgroep wat 'n idee het
hoeveel mense nog deelneem aan besprekings, of dan minstens ook skelmpies
"lurk" om so nou en dan 'n klip in die bos te gooi? Is dit net 'n klein,
getroue groepie, is dit twintig, vyftig, honderd of wat?
Ook, hoeveel is Nederlanders, Australiërs, Kanadese ensovoort?
Geen bybedoelings nie, net nuuskierig.
Koot
Koot
Koeitjies & kalfies |
52 kommentare
Nuus 24/5
Do., 23 Mei 2002 05:08
Desmond Tutu is aangespreek deur die regering omdat hy dit durf waag het om
hulle te beskuldig dat hulle die besluite van die TRC ondermyn het toe hulle
aan moordenaars amnestie verleen het wat regstreeks ingedruis het met die
TRC besluit.
Die ondersoek van die meeluisteraparaat in die Kaapse wetgewingkantore is
aan die gang. Blykbaar is toerusting aangeskaf wat meeluisteraparaat sou
opspoor, wat toe eintlik meeluisteraparaat op sigself was.
Annette
Nuus |
0 kommentare