Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Rugbynuus

Di., 21 Mei 2002 16:30

8 nuwe spelers is aangewys in die oefengroep van 23, waarvan 5 in die
agterlyn.
Ons speel op 8 Junie teen die Walliesers.
Die kaptein sal eers aangekondig word nadat op die Springbokspan besluit
is - tatta Bobby?

AJ Venter is in, so ook James Dalton.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

project Zuid-Afrika . Volgende vraag!

Di., 21 Mei 2002 15:18

Hallo Allemaal,

Jullie hebben het maar druk met mijn vragen! Nu weer het volgende:
Ik zoek een eenvoudig spelletje (bijvoorbeeld een tikspelletje) wat ik met
de kinderen kan spelen, waarvan jullie zeggen dat hettypisch Zuid-Afrikaans
is.
Wie weet er zo iets en zou mij willen uitleggen hoe het gespeeld moet
worden?

ALvast weer bedankt!

André van Boordt

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Springbok-proewe

Di., 21 Mei 2002 03:58

Daar was nou genoeg tyd om na al die kenners te luister - maar wat sê julle?

Wat is verkeerd met ons rugby, en wat is die regte medisyne?

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

What does Volksraad Mean?

Ma., 20 Mei 2002 22:16

We have a horse stallion here in New Zealand called Volksraad is there
another Afrikaans name to replace it with

Regards Bob Vance

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 22 kommentare

vertaling succes! Dank juliie allemaal!!! Volgende vraag: afstand Johannesburg-Kalahari Gemsbok

Ma., 20 Mei 2002 20:34

Hallo Allemaal,

Hartelijk bedankt voor jullie hulp bij de vertaling van de tekst voor het
project op mijn school. Het was een groot succes. De kinderen uit de andere
klassen stonden met open mond! Dat een land zo ver hier vandaan zoveel op
nederlands kan lijken.

Ik heb nog een vraag:
Kan iemand mij vertellen wat de afstand is van Johannesburg naar het
National Park Kalahari Gemsbok?
Hoelang zou dat rijden zijn met een auto?

Alvast bedankt weer,

André van Boordt

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuwe rekord?

Ma., 20 Mei 2002 20:29

Ben Harmse, `n wildbewaarder, het moontlik `n nuwe wêreldrekord opgestel toe
hy 250 erdwurms verorber het. Dit het begin as `n uitdaging tydens die
jaarlikse landbou en toerisme uitstalling in die Limpopo-provinsie. Hy was
die enigste deelnemer en het bier (seker genoeg daarvan) gebruik om die
slukproses aan te help. Hy het gesê hy sal dit enige dag weer doen en het
almal uitgedaag om sy rekord te breek. Sy enigste vrees is dat meisies hom
dalk nie gou weer sal wil soen nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tolpaaie

Ma., 20 Mei 2002 19:49

Die twee hoofroetes tussen Pretoria en Johannesburg (N1 Ben Schoeman en R21
Jan Smuts) gaan oor die volgende twee jaar tolpaaie word. Tenders het
vandag oopgemaak. `n Bedrag van R25-00 word gemeld en daar gaan nie vir
enige alternatiewe roetes voorsiening gemaak word nie. Dit beteken `n
daaglikse R50 ekstra vir al die pendelaars, asof die petrolprys nie erg
genoeg is nie. Ek wonder of die ouens wat so besluit het, al ooit in
spitstyd op hierdie twee paaie gery het? Dit is nou sonder hulle verkeers
begeleiding wat jou dwing om vir hulle pad te gee. Ons gaan ook nou van `n
regtige "Stau" kan begin praat. Wel aan die ander kant het een van hulle
seker tog al daar gery en gesien hier lê nog `n nuwe goudmyn vir die
soustrein.

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

Amnestie

Ma., 20 Mei 2002 19:43

Die departement van Justisie het vandag aangekondig dat hulle glad nie
"blanket amnesty" sal verleen nie. Al wie vrygelaat sal word is die 33
"anti-apartheid" misdadigers wie se name vandag bekend gemaak is.
Woordvoerder Paul Setsetse het verder gesê die 33 is lede van die ANC en
PAC. Volgens hom sal amnestie aan Clive en Janus nooit oorweeg word nie.
Nou wonder ek darem - altyd geweet daar is iets soos `n Tsetsevlieg, maar
nooit dat dit die vlieg in die salf is nie. Of is dit nou dalk een van
daardie lastige klein vliegies in die long-drop.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bruma reeksmoordenaars

Ma., 20 Mei 2002 19:30

Die twee is toe skuldig bevind en het saam meer as 600 jaar tronkstraf gekry
en is 15 keer lewenslank gevonnis. Wonder nou net wanneer gaan hulle
amnestie kry.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

ek soek werk!!

Ma., 20 Mei 2002 18:59

Is daar enige iemand van julle wat dalk weet van 'n pos
in die informasie tegnologie(IT) veld.

Ek is baie desperaat.

Byvoorbaat dankie
Marlo
ma...@websurfer.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    745  746  747  748  749  750  751  752  753  754  755  756  757  758  759  760    »]
Tyd nou: Do. Apr. 23 07:06:02 UTC 2026