Oftewel die geliefde Maynah - blykbaar, as daar nie gou iets gedoen word om
hulle uit te roei nie, sal Stephen King se The Birds nie meer fiksie wees
nie.
'n Inbeller van Newcastle was heel slim - wou weet wat hul natuurlike vyand
in Indië is - want blykbaar het hul geen natuurlike vyand hier nie.
Al wat ek op die ingewing van die oomblik kon dink as natuurlike vyand was
tekort aan kos en die honger mense van Indië:)))
> WHITE PEOPLE ARE LIKELY COMMIT CRIME AGANST BLACK PEOPLE, WHITE ARE ALL RACIST
> . THE TRUTH ABOUT SALVERY WHITE STOLE BLACK FROM BLACK , WHITE PEOPLE ARE THE
> MOST RACIST PEOPLE ON THE EARTH .AS LONG BLACK PEOPLE KEEP HELPING WHITE
> PEOPLE BLACK WILL BECOME THE VICTIM OF HATE CRIME.
First of all, stop shouting... We can hear you. Secondly, who the f**k do
you think you are to come into an Afrikaans newsgroup, spouting racist sh*t
from your anus? Now f**k off and go play with your own mates. We dont want
you here.
Ons trek dalk oor so n paar maande Oostenryk toe en ek het gewonder of julle
nie weet van ander Afrikaanse mense daar waarmee ons sal kan inskakel nie,
of miskien bly julle self daar...?
Kwarantyn verjaar vandag - hy is al horingoud - maar ek is seker hy kan nog
steeds koek en tee geniet;)))
Baie geluk - mag daar nog baie gelukkige dae vir jou voorlê.
Annette
Het nounet gelees van 'n nie-winsgewende organisasie wat in Amerika in 1993
ontstaan het waar kinders van Israel, Palestina, Egipte en ander nasies
byeenkom vir kampe om mekaar beter te leer ken.
Wat 'n wonderlike gedagte - ten minste word daar nou 'n kern van jongmense
gevorm wat nie misvorm is deur die idologiese/godsdienstige verwarrings van
die huidige leiers nie.
Soos een 18-jarige verklaar het - ons het besef dat ons almal basies
dieselfde is - met dieselfde ideale en voorkeure - en ek het besef dat die
haat wat ek moes voel waarmee ek grootgemaak is, alles 'n leuen was.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind
Biskop? Cawcutt ( verskoon tog, en is nie goed met titels nie) het toe
bedank na druk agv sy betrokkenheid by die gay-webwerf van katolieke
priesters.( Fallen Angels?)
Nou word daar vertel dat hulle nie seker is of hy sy eie CV op daardie werf
geplaas het nie - maar as ek op 'n webwerf iets lees oor my wat ek
veronderstel was om self te plaas, en ek het nie, dan sal ek mos heftig
daarteen beswaar aanteken, of hoe?
Hy was blykbaar heel gelukkig met sy bekendstelling daar.
Ek het glad nie 'n probleem met hom, sy geloof en sy seksuele voorkeure nie,
hy is ook maar net mens met 'n pens. Maar dan moet hy nie lieg of valshede
suggereer net om sy posisie in die kerk of die samelewing te kan behou nie.
Sjeim - dat dit nou hy moes wees wat die media se aandag geniet, terwyl die
ander priesters om daardie webwerf vrolik voortgaan om hul godsdiens
ongestoord te kan bedryf.
Blykbaar het die Huisgenoot ( ek kry dit mos nie meer nie) 'n
liegstoriekonpetisie uitgeskryf.
Ek ken ten minste twee baie goeies.
Kan iemand vir my hier die datum van die uitgawe waarin die kompetisie
aangekondig is gee, of
die adres waarna ek my inskrywing kan stuur of
'n telefoonnommer waarheen ek kan bel vir inligting?
Het net van dit gister op RSG gehoor en weet dat die storie nie meer as 300
woorde moet bevat nie.
Die storie wat hulle gister vertel het van hoe mens 4 visse op 'n slag met 1
hoek en een lyn vang was baie snaaks.
Annette
Dit was gister weer koud en winderig in die Kaap ( vandag weer mooiweer) so
ek dink daar gaan 'n hervertoning van verlede week se sneeuopvoering wees.:)
Annette