Ek het geld in 'n bankrekening in Suid-Afrika wat ek wil laat oorplaas na my
bank in die VSA. My SA bankbestuurder sê ek moet 'n
belastingklarinsertifikaat hê vooor hulle dit kan doen. Ek het nie 'n idee
wat dit behels nie, of hoe ek een kry nie. Die bank stel voor ek stel 'n
belastingkonsultant, of 'n prokureur, aan om die sertifikaat te kry.
Ek is al so lank uit SA dat ek nie 'n benul het van wie om te nader hiervoor
nie. Kan iemand dalk die volgende twee vrae vir my beantwoord - verkieslik
na my e-pos by eks...@excite.com? baie dankie solank.
Vrae:
1. Wat behels die sertifikaat, en wat is die implikasies daarvan?
2. Hoe kry ek iemand om my te verteenwoordig, en wat gaan dit kos?
Almal wat graag potjiekos maak het seker darem nou al hulle potte,
maar ek wil net aan diegene wat be-oog om binnekort 'n ysterpot
(platboom of driepoot) aan te skaf 'n wenk gee en dit is, as jy 'n
potjoe koop, maak absoluut seker dat die deksel so dig as moontlik op
die pot pas. As dit nie die geval is nie moet jy gedurig vloeistof
bygooi en dis net werk en maak mens onrustig dat die goed kan
aanbrand.
So rukkie terug moes ek vir iemand 'n potjie maak. Hulle pot se deksel
het aan die een kant omtrent 2 mm gegaap en, ai, was dit nou moeite.
Die stoom borrel daar uit en mens moet die ding oppas soos wat nog.
Altwee my potte (plat en driepoot) sluit so dig dat ek hulle maklik
vir 1½ tot 2 ure stadig kan laat prut sonder dat bykomende vloeistof
nodig is.
die polisie is te treurig om jou te beskerm, die minister van
gesondheid te dik om te weet wat gesondheid is en die army te siek om
die land te beskerm. wat moet `n mens dan nou doen wonder ek? die
staat het die vermetelheid om my belastinggeld te mors om `n man wat
`n dief geskiet het te vervolg. hoe siek is dit? hulle reken seker
omdat ek nie gaan betaal om die stuk gemors aan die lewe te hou in `n
tronk nie sal ek maar vir iets ander moet opdok.
Hijackers shot dead by dad
Witbank - A Witbank resident faced a murder charge after shooting dead
one of three would-be hijackers, Mpumalanga police said.
Inspector Jacky Nkoane said the man was driving between Rustenburg and
Witbank about 18:00 on Saturday and gave a lift to three men who drew
guns and told him to drive to Ogies in Mpumalanga.
When the driver tried to argue the three began hitting him and in the
ensuing struggle the car crashed into a road sign.
No one was injured in the crash and the driver produced his own
firearm and killed one of the attackers, said Nkoane.
The other two men ran away and were still at large.
Nkoane said a murder docket was opened and the Witbank man would
appear in court.
Die eerste laerskool waarna ek is- Sonskyn Laerskool in Witbank- , het 'n
jaar nadat ek daar weg is ophou bestaan.
Die eerste plek waar ek gewerk het - The Friend in Bloemfontein - bestaan
nie meer nie.
Die eerste plesierboot waarop ek gery het, het drie maande na die rit
vergaan.
Nou is die eerste skuins kleibaan waarop ek tennis gespeel het - in
Elliot - blykbaar ook daarmee heen.
Weens die erge sneeu daar verlede week - en blykbaar nog wat kom hierdie
week, het die meeste geboue - veral van besighede, se dakke ingeval weens
die sneeu. Verskeie van die gewone groot besighede is nie meer daar nie, en
nou na hierdie ramp - die ergste sneeu in meer as 40 jaar - en 'n 65-jarige
boer verklaar hy het nog nooit so iets gesien nie, lyk dit of Elliot een van
daardie klein amper-spookdorpies gaan word.
So 'n paar weke gelede het 'n hele paar mense 'n klomp van Koos du
Plessis se werke hier gepos. Ek het almal gesave en uitgedruk maar kry
nie hierdie een onder hulle nie. Skynbaar het Koos dit oorspronklik
uitgegee as "Somerkersfees", maar Jaanie du Toit het 'n derde strofe
bygesit en dit verskyn nou as "Welkom, o stille nag van vrede" in die
nuwe Liedboek van die Kerk (Lied 358).
(As iemand dit wel alreeds geplaas het, lees dit weer.)
Welkom, o stille nag van vrede (Koos du Plessis en Jannie du
Toit)
Welkom , o stille nag van vrede,
onder die suiderkruis,
wyl stemme uit die ou verlede
oor sterrevelde ruis
Kersfees kom, Kersfees kom-
gee aan God die eer.
Skenk 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer
Hoor hoe sag die klokke beier
in eeue-oue taal.
Kyk, selfs die nagtelike swye
vertel die ou verhaal.
Kersfees kom, Kersfees kom-
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land, o Heer
Voel jy ook nou sy warm liefde
as ons die dag gedenk,
toe hy sy Seun aan ons gegee het-
ons grootste Kersgeskenk.
Christus kom, Christus kom-
gee aan God die eer.
Skenk ons 'n helder Somerkersfees
in hierdie land. o Heer
Ek hoor daar was darem ten spyte van die ongure somerweer al so 800 mense
Saterdag daar?
Glo minder kunstenaars as verlede jaar - en glad nie verteenwoordigend van
die Afrikaanssprekende gemeenskap nie.
En, behalwe vir die wors en pap stalletjies, was daar toe ook 'n stalletjie
vir die VryheidsFront.
Die politici steek ook hul neuse oral in - een van die dae sal ons seker ook
moet sit deur ellelange politieke toesprake voor elke rugby- en
krieketwedstryd.
Annette
Na wie toe kan ek my eis stuur vir my pynlike blaasprobleem?
Ek moes van vanmiddag 3.30nm tot 9.00nm sit en duimvashou vir Ernie, anders
het hy dit nie gemaak nie.
Annette
Lyk my die tante tas in die duister rond en dink in die chaos steeds
dat ek iemand anders is.
Wel ek gaan nie so stupid wees om my hele CV hier te gee nie, maar
hier is so paar dinge oor myself.
My pa is wit en my ma was bruin totdat die vorige regime haar
geherklassifiseer het as wit en hulle kon trou. Ek het groot geword
net buite Kaapstad in `n bruingemeenskap omdat die wittes my ouers nie
wou aanvaar nie. In die tagtigerjare het ek gematrikuleer en ek is
universiteit toe met `n buitelandse studiebeurs. Ek was die eerste
(dalk nog die enigste - ek weet nie) bruinvrou wat gekwalifiseer het
as Chemiese Ingenieur. Sedert 1997 is ek `n aflos-dosent in Chemie,
Calculus en Wiskundige Statistiek. Huidiglik werk ek deeltyds as die
enigste vrou op `n paneel van 18 wetenskaplik raadgewers vir die
departement van minerale en energiesake. Ons is besig met navorsing
vir `n nuwe kernaanleg in die Weste van die land.
Nou aangesien hier so baie joernaliste skryf, sal dit vir almal van
hulle baie maklik wees om my met `n bietjie speurwerk op te spoor.
Indien een van julle my vind hou dit maar vir jouself ek wil nie soos
vorige ouens met my permanente werkgewer gedreig word nie.
"Mister Taxi" schreef...
> "Arthur" wrote...
>> Aantal gezakte eindexamenkandidaten gehalveerd.
>>
> I couldn't have put it better, Arthur
> Have a nice penis today!
Dankie, maar dis 'n bietjie oorbodig, daardie toewensing :)