Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: WHITE RACIST CRIME AGAINST BLACK

Vr., 26 Julie 2002 07:28

> WHITE PEOPLE ARE LIKELY COMMIT CRIME AGANST BLACK PEOPLE, WHITE ARE ALL RACIST
> . THE TRUTH ABOUT SALVERY WHITE STOLE BLACK FROM BLACK , WHITE PEOPLE ARE THE
> MOST RACIST PEOPLE ON THE EARTH .AS LONG BLACK PEOPLE KEEP HELPING WHITE
> PEOPLE BLACK WILL BECOME THE VICTIM OF HATE CRIME.

First of all, stop shouting... We can hear you. Secondly, who the f**k do
you think you are to come into an Afrikaans newsgroup, spouting racist sh*t
from your anus? Now f**k off and go play with your own mates. We dont want
you here.

Vic

NS.

Mense, skuus, maar mense soos die pis my af.

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Afrikaners in Oostenryk ?

Do., 25 Julie 2002 09:40

Hallo..

Ons trek dalk oor so n paar maande Oostenryk toe en ek het gewonder of julle
nie weet van ander Afrikaanse mense daar waarmee ons sal kan inskakel nie,
of miskien bly julle self daar...?

Hmm..

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Geluk Kwarantyn

Do., 25 Julie 2002 08:47

Kwarantyn verjaar vandag - hy is al horingoud - maar ek is seker hy kan nog
steeds koek en tee geniet;)))
Baie geluk - mag daar nog baie gelukkige dae vir jou voorlê.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Liegstoriekompetisie.

Do., 25 Julie 2002 07:27

Dit mag nie langer as 300 woorde wees nie, en in Afrikaans.
Die wat belangstel - ek sal aan julle die e-pos adres verskaf.

Hulle soek nuwe oorspronklike stories - die urban legends van die tier in
die tenk en ander wil hulle nie meer van hoor nie.

Annette

Koeitjies & kalfies | 86 kommentare

Sade Vir Vrede

Do., 25 Julie 2002 06:12

Het nounet gelees van 'n nie-winsgewende organisasie wat in Amerika in 1993
ontstaan het waar kinders van Israel, Palestina, Egipte en ander nasies
byeenkom vir kampe om mekaar beter te leer ken.
Wat 'n wonderlike gedagte - ten minste word daar nou 'n kern van jongmense
gevorm wat nie misvorm is deur die idologiese/godsdienstige verwarrings van
die huidige leiers nie.
Soos een 18-jarige verklaar het - ons het besef dat ons almal basies
dieselfde is - met dieselfde ideale en voorkeure - en ek het besef dat die
haat wat ek moes voel waarmee ek grootgemaak is, alles 'n leuen was.

Annette

--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a State of Mind

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Katolieke Hoge se bedanking

Wo., 24 Julie 2002 08:51

Biskop? Cawcutt ( verskoon tog, en is nie goed met titels nie) het toe
bedank na druk agv sy betrokkenheid by die gay-webwerf van katolieke
priesters.( Fallen Angels?)

Nou word daar vertel dat hulle nie seker is of hy sy eie CV op daardie werf
geplaas het nie - maar as ek op 'n webwerf iets lees oor my wat ek
veronderstel was om self te plaas, en ek het nie, dan sal ek mos heftig
daarteen beswaar aanteken, of hoe?
Hy was blykbaar heel gelukkig met sy bekendstelling daar.

Ek het glad nie 'n probleem met hom, sy geloof en sy seksuele voorkeure nie,
hy is ook maar net mens met 'n pens. Maar dan moet hy nie lieg of valshede
suggereer net om sy posisie in die kerk of die samelewing te kan behou nie.

Sjeim - dat dit nou hy moes wees wat die media se aandag geniet, terwyl die
ander priesters om daardie webwerf vrolik voortgaan om hul godsdiens
ongestoord te kan bedryf.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Liegstorie

Wo., 24 Julie 2002 08:05

Blykbaar het die Huisgenoot ( ek kry dit mos nie meer nie) 'n
liegstoriekonpetisie uitgeskryf.
Ek ken ten minste twee baie goeies.
Kan iemand vir my hier die datum van die uitgawe waarin die kompetisie
aangekondig is gee, of
die adres waarna ek my inskrywing kan stuur of
'n telefoonnommer waarheen ek kan bel vir inligting?

Het net van dit gister op RSG gehoor en weet dat die storie nie meer as 300
woorde moet bevat nie.

Die storie wat hulle gister vertel het van hoe mens 4 visse op 'n slag met 1
hoek en een lyn vang was baie snaaks.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waarskuwing vir Sneeubewaardes

Wo., 24 Julie 2002 08:01

Dit was gister weer koud en winderig in die Kaap ( vandag weer mooiweer) so
ek dink daar gaan 'n hervertoning van verlede week se sneeuopvoering wees.:)
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hulp of raad

Di., 23 Julie 2002 12:41

Ek het geld in 'n bankrekening in Suid-Afrika wat ek wil laat oorplaas na my
bank in die VSA. My SA bankbestuurder sê ek moet 'n
belastingklarinsertifikaat hê vooor hulle dit kan doen. Ek het nie 'n idee
wat dit behels nie, of hoe ek een kry nie. Die bank stel voor ek stel 'n
belastingkonsultant, of 'n prokureur, aan om die sertifikaat te kry.

Ek is al so lank uit SA dat ek nie 'n benul het van wie om te nader hiervoor
nie. Kan iemand dalk die volgende twee vrae vir my beantwoord - verkieslik
na my e-pos by eks...@excite.com? baie dankie solank.

Vrae:
1. Wat behels die sertifikaat, en wat is die implikasies daarvan?
2. Hoe kry ek iemand om my te verteenwoordig, en wat gaan dit kos?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Potte

Ma., 22 Julie 2002 18:44

Almal wat graag potjiekos maak het seker darem nou al hulle potte,
maar ek wil net aan diegene wat be-oog om binnekort 'n ysterpot
(platboom of driepoot) aan te skaf 'n wenk gee en dit is, as jy 'n
potjoe koop, maak absoluut seker dat die deksel so dig as moontlik op
die pot pas. As dit nie die geval is nie moet jy gedurig vloeistof
bygooi en dis net werk en maak mens onrustig dat die goed kan
aanbrand.

So rukkie terug moes ek vir iemand 'n potjie maak. Hulle pot se deksel
het aan die een kant omtrent 2 mm gegaap en, ai, was dit nou moeite.
Die stoom borrel daar uit en mens moet die ding oppas soos wat nog.
Altwee my potte (plat en driepoot) sluit so dig dat ek hulle maklik
vir 1½ tot 2 ure stadig kan laat prut sonder dat bykomende vloeistof
nodig is.

Drom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    715  716  717  718  719  720  721  722  723  724  725  726  727  728  729  730    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 13:57:17 UTC 2026