Gisteraand kon ons toe die idole weer hoor sing.
Selle liedjies, maar die keer was van hulle verwag om die verhoog vol te
hardloop.
Heinz se energievlak was bietjie laag - hy het net sing-sing tot na vore
beweeg en toe een goedgeoefende heupswaai gemaak:))
Annette
Sedert Donderdagaand, na die aankondiging van die kaartjies vir die
krieketwêreldbeker, het mense glo by Wanderers begin toustaan winternagdeur
vir kaartjies ( daar is glo slegs 22 000 kaartjies beskikbaar vir die wat
nie wil pakette koop nie)
Nietemin Baas Ali kondig toe Vrydag af dat die kaartjies eers van Maandag
( vandag) vir verkope gereed sal wees.
Geen persoon sal op enige vlug toegelaat word sonder die toon van hul ID
dokumente nie.
Mense wat op buitelandse vlugte vertrek moet nou 3 ure voor die tyd aanmeld,
en die op binnelandse vlugte 1 uur.
Dit het glo iets te doen met die wêreldberaad in Sandton volgende maand.
Hoor vanoggend dat die NGK in die Noorde nou 'n Konvent gaan hou om te
besluit oor samewerking.
Hoekom hulle nie net sommer 'n beraad kan hou nie, sal ek nie weet nie.
Annette
Broeder Leier met sy vloot van 50 motors en 2 helikopters het elke plek op
hol waardeur hulle beweeg.
Baie gepas vir die persoon wat hom beywer om die eerste President van Afrika
te wees.
Annette
Volgens vandag se Argus:
Die helfte van die 76 000 weermaglede is te vet om aan enige operasies deel
te neem.
Opleiding bestaan omtrent nie meer nie
Topswaar: Ons het 204 hoogs besoldigde generaals ( 110 by HK) - die ratio is
293 manskappe per generaal. Die VSA het 2000 manskappe per generaal.
52% van die begroting word op salarisse gespandeer en .05% op nuwe
toerusting ( dis nou seker voordat die wapendebakel in werking gestel gaan
word)
Soldate word nie vir vigs getoets tensy hulle ontplooi word nie, maar 6 uit
elke 10 soldate wat in die hospitaal toets positief.
( dit skakel seker die vettes tot 'n groot mate uit)
Die lugmag het net brandstof tot September en slegs 2400 vliegure kan gedoen
word, ipv van die vereiste 7200
Annette
Ek gesels annerdag met 'n ervare IDB-speurder oor diamantsmokkelary.
Meeste mense het mos maar die idee dat diamantesmokkel baie keer meer 'n
geleentheid eerder as 'n misdaad is. Baie sal jou vertel dat as hy net die
kans kry, sal hy net vir EEN keer die kans vat om die nodige skop te kry tot
finansiële utopia, maar dan kry almal mos nie die kans nie, hm?
Die ou vertel toe vir my dat die mense wat so gesels, pomp net warm lug
want hulle het nie 'n idee waaroor dit gaan nie. Hy sê daar kom 'n dag in
elkeen se lewe waar jy 'n krisis-karakterbesluit moet neem: Laat jou
gewete jou toe tot kriminele optrede of nie? Vat jy daai paadjie, dan is
jy 'n misdadiger, 'schluss' en klaar. Daar bestaan nie die storie van net
een keer smokkel nie. As jy een keer die vrug van maklike inkomste gesmaak
het, die volgende keer as jy 'n krisis het, dan doen jy dit weer.
My pappie-goed het altyd gesê dat g'n mens kan vir seker sê hy's nie 'n
dief voor hy nie ordentlik voor 'n versoeking geplaas is nie. Dit is so
dat seker maklik 95% van mense op kantoor 'n pen of uitveër sal kan vaslê en
nie 'n oog daaroor knip nie, maar sê jy kom op 'n ongeluk af waar 'n ou dood
langs die pad lê met g'n mens in sig nie en in die kar vind jy 'n tas met 'n
miljoen in kontant in? Sal jy vat, of los?
Dit bring my by Mugabe en ander Afrikaleiers. Een en elke Afrikaland
ondervind 'n misdaadgolf na onafhanklikheid en binne die regerings self, is
bedrog aan die orde van die dag. Hoekom? Is dit nie dalk omdat die
sogenaamde vryheidsvegters buite die wet moes gaan om hulle sin te kry nie?
Nou, na die stryd gewonne is, ondervind hulle probleme met hierdie
skeidingslyn tussen reg en verkeerd. Weet hulle enigsins nog waar daardie
lyn getrek is?
Ek dink dit gaan Afrika nog 'n verdere 30 - 50 jaar vat voor die
bevolking sal stabiliseer. Die groot vraag is natuurlik net hoeveel gaan
oor wees na Mugabe, Nujoma en hul agterryers hulleself blinkvet geoes het?