Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Prestasie

Ma., 29 Julie 2002 05:46

Robbie Hunter is die eerste Suid-Afrikaner wat nog ooit die Tour de France
kon voltooi.
Hy was in die 99ste plek.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog nuus 29/7

Ma., 29 Julie 2002 05:42

Statebondspele in Manchester.
Frantz Kruger wen in die diskus
Veronica Abrahamse derde in die gewigstoot ( shot put)
Ons het ook darem brons en silwer medaljes gekry met die skyfskiet.

10 Atlete het van die spele onttrek weens siekte en beserings.
Ons hokkiespanne wen nie eintlik nie.
Die netbalspan ook nie.
Die boksers doen goed in die begin gevegte

Wat vir my soort van ontstellend is, is dat ons geen jong atlete, behalwe
vir die 800m atleet, het wat deelneem of presteer nie.
Dis nie net ons nie - Engeland sukkel ook met jong talent - hulle het mense
in hul laat 30ger en vroeë 40's wat aan die veldnommers deelneem

Annette

Nuus | 2 kommentare

Nuus 29/7

Ma., 29 Julie 2002 05:33

Die CNA ( die plek wat koerante, tydskrifte, boeke en ander goed verkoop) is
onder voorlopige likwidasie.
3600 mense kan hul werk verloor.
Van vandag af sal hulle nie meer koerante en tydskrifte verkoop nie.

Ek wag nou vir die sluitingsuitverkopings, sodat ek van daardie duur
legkaarte goedkoper in die hande kan kry.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Dis 'n trol

So., 28 Julie 2002 17:43

Relax, Max. Dit is so duidelik 'n sg troll.

"ELKFIVE" skryf in boodskap news:20020728093941.04727.00001308@mb-mf.aol.com...
> WHITE ARE THE MOST RACISM IN THE WORLD ,WHITE PEOPLE DISLIKE THE AFRIKANERS ,
> THE JEW , THE ASIAN,THE NATIVE . WHITE PEOPLE AS A LOW BRAIN .THE IQ OF WHITE
> ARE VERY TROUBLED,THEY CAN,T SPELL HOUSE

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: WHITE PEOPLE , ANTI JEWS ,ANTI ASIAN ,ANTI BLACK ,ANTI NATIVE

So., 28 Julie 2002 17:02

En wat, liewe vedwaalde kind, het dit met die prys van kulturele eiers te
doen?
Annette

"ELKFIVE" skryf in boodskap news:20020728093941.04727.00001308@mb-mf.aol.com...
> WHITE ARE THE MOST RACISM IN THE WORLD ,WHITE PEOPLE DISLIKE THE AFRIKANERS ,
> THE JEW , THE ASIAN,THE NATIVE . WHITE PEOPLE AS A LOW BRAIN .THE IQ OF WHITE
> ARE VERY TROUBLED,THEY CAN,T SPELL HOUSE

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nog nuus 27/7

Sa., 27 Julie 2002 07:19

Gister het Oom Nelson Mandela die ou stadion in die ou Pietersburg herdoop
tot die Peter Mokaba Stadion.
( Peter Mokaba van Kill the Boer, Kill the Settler faam)

Daar is glo heelwat mense, nie slegs blankes nie, wat blykbaar ongelukkig is
met die nuwe naam van die stadion.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Nuus 27/7

Sa., 27 Julie 2002 07:15

David Potse, 23, is lewenslank gevonnis vir die verkragting van baba
Tsepang, 8 maande, verlede jaar. Hy is ook 'n verdere 18 jaar opgelê vir
onsedelike aanranding.
Die regter het die getuienis van Potse se vriendin en die uitslag van die
DNA toetse aanvaar.
Potse het geen emosie getoon ten tye van die oplegging van die vonnis nie,
en ook nie enige berou getoon tydens die verhoor nie.
Duidelik 'n psigopaat.
Genadiglik het die verdediging nie dit gebruik as pleidooi nie.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Resep aangebied

Vr., 26 Julie 2002 17:39

Google hou argiewe van als wat hier gepos word - tot ver terug. Ek kuier so
bietjie in die argiewe rond en kom af op 'n iemand wat gevra het vir die
resep vir "Cape Seed Loaf", maar blykbaar het niemand die resep gepos nie.
Ek het drie variasies op die resep opgespoor, as iemand dalk daarin belang
stel. Laat weet net. Sal dit net eers in Afrikaans moet vertaal as ek dit
hier moet pos.

Kos & resepte | 2 kommentare

Indiese Spreeu

Vr., 26 Julie 2002 12:51

Oftewel die geliefde Maynah - blykbaar, as daar nie gou iets gedoen word om
hulle uit te roei nie, sal Stephen King se The Birds nie meer fiksie wees
nie.
'n Inbeller van Newcastle was heel slim - wou weet wat hul natuurlike vyand
in Indië is - want blykbaar het hul geen natuurlike vyand hier nie.
Al wat ek op die ingewing van die oomblik kon dink as natuurlike vyand was
tekort aan kos en die honger mense van Indië:)))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Ek gaan ook

Vr., 26 Julie 2002 09:10

Blykbaar is daar iemand in die VSA wat MacDonalds en Burger King dagvaar
omdat hulle aan hom kosse verkoop wat hom vet maak.

Ek gaan sommer ook ook al die vis en tjips winkels by my eis insluit;))
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    714  715  716  717  718  719  720  721  722  723  724  725  726  727  728  729    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 01 15:36:39 UTC 2026