In my lewe het ek nog nie so 'n patetiese spulletjie gesien soos gister se
Hoof-fees tov van Vrouedag nie.
Dit was toe mos Die Geleentheid van Sarah Se Laaste Rusplek, en die koerante
het kolom op kolom geskryf van hoe gelukkig en bly en absoluut te vrede die
misplaaste ou dooie prossie nou is.
Die 5 minute wat ek gekyk het was genoeg om my 'n leeftyd by te bly. Op 'n
piepklein verhogie was 'n Boesman/Griekwa - koor van om en by 40 ingeprop
soos sardiens in 'n blikkie - die manne in swart pakke, wit hemde en dasse -
die dames almal in wit rokke en snaakse wit piepiepothoedjies, wit skoene,
en handsakke oor die skouer - en daar sing hulle toe mooi maar met 'n swaar
Afrikaanse aksent 'n Engelse Treurige Lied.
Ek kon 3 deftiges op die stuk kaal grond aan die kant van die verhoog sien
staan - moes seker hul ereplek op die verhoog prysgee vir die koor vir die
tydjie, en wat ek van die gehoor kon sien - die kameraman was nie baie
simpatiek nie- was 4 gewilllige lede van die publiek - 3 in rolstoele.
Ek weet wat gemaak het dat ek nie na hierdie pot nonsens wou kyk nie is dat
die oggend op Vrouerubriek, was daar 'n onderhoud gevoer met 'n baie
intelligente, bedrewe boesmandame wat een van die omroepers is van Radio Koi
( of wat die stasie genoem word) - en wat sy vertel het in die 10 minute van
die onderhoud was boeke en boeke meer as die bollie wat die afgelope tyd oor
Sarah in ons keel afgedruk is deur die media - weet iemand of daar al 'n
artikel in Huisgenoot oor Sarah verskyn het?
Sy het ook vertel van die afbrekende apartheid wat nog steeds heers tussen
die Boesman-groepe, waar ondertrouery nie toegelaat word deur die ouer mense
van die gemeenskappe nie. Hulle praat ook nie mekaar se Boemantaal nie, en
as hulle met mekaar praat, is dit in Afrikaans.
Nietemin - tov my opskrif - net 'n politikus kan 'n prioriteit regverdig
waar daar twee jaar en teen groot onkoste gewerk word om die oorblyfsels van
'n dooie hier te begrawe, terwyl 'n hele Boesman-gemeenskap al twaalf jaar
lank in tente moet bly omdat daar kwansuis nie geld is om aan hulle beter
huisvesting te verskaf nie.
Annette - jy sien dis my probleem met egskeidings. Wanneer daar geen kinders
betrokke is nie, is dit eintlik relatief eenvoudig. Maar wanneer daar
kinders is word die kinders nie op dieselfde vlak as die ouers in ag geneem
nie. Daar is berading ens. vir ouers maar niks vir die kinders nie? En dis
eintlik die kinders wat die hulp en berading nodig het.
Onlangs is vriende van my geskei, en het die opgeskote dogter van so 16-jaar
opgemerk hoe maklik haar ouers rasionaliseer oor die redes vir die
egskeiding. Die pa het o.a. sy kinderjare as rede voorgehou waarom hy nou 'n
ander vrou se lyf soek.
"Annette" skryf in boodskap news:aite7s$1711c7$1@ID-92016.news.dfncis.de...
> Dit is 'n goeie idee - en verkieslik moet daar 'n twee jaar periode wees
> voordat enige drastiese besluite geneem word - want blykbaar is die
> skokwaarde van so 'n ondervinding gelykstaande aan 'n skielike dood.
> Die egskeidingsregsgeleerdes sal nie hiermee saamstem nie.
> Annette
>
>
> "Sakkie" wrote in message
> news:3d5232f9$0$18846@hades.is.co.za...
>> "Skoon" egskeidings gebeur as gevolg van "onbelangstelling". Die partye
>> gaan eenvoudig uit mekaar. Niemand skryf of praat daaroor nie want dis
> nie
>> opspraakwekkend nie.
>>
>> Die "lelikes" gebeur wanneer iemand verby vergewe seer gemaak word in 'n
>> huwelik. Dis dan wanneer jy afsku en selfs rou haat sien tydens
> egskeidings
>> met die nagevolge wat daarmee saamgaan.
>>
>> Ek dink dat albei partye wat betrokke is by 'n egskeiding behoort 'n
> verslag
>> van 'n sielkundige in te dien wat sertifiseer dat die persone stabiel
> genoeg
>> is om realistiese besluite te neem.
>>
>>
>> "Annette" wrote in message
>> news:aiqfes$1655h9$2@ID-92016.news.dfncis.de...
>>> 'n Mens hoor net altyd van die arme mense wat die slegste afgekom het
na
>> 'n
>>> egskeiding.
>>> As dit nie die arme man is, wat deur 'n vrou wat daarop uit is om hom
>>> finansieel vir die res van sy lewe te ruineer nie, dan is dit die arme
>> vrou
>>> wat nie onderhoud kry nie en dae by die hof moet omsit.
>>>
>>> Wat noop mense om so absoluut vergeldend op te tree teenoor 'n persoon
> wat
>>> hulle sou liefgehad het?
>>>
>>> Hoekom gun sommige mense nie 'n eks 'n ander lewe nie?
>>>
>>> Iemand het nogal 'n interessante stelling gemaak - Die teenoorgestelde
> van
>>> liefde is onbelangstelling, nie haat nie.
>>> Haat is 'n verwronge vorm van liefde.
>>> Dis nou in die geval van eks-getroudes.
>>>
>>> Annette
>>>
>>
>
Die vrou het ontaard in 'n ANC gatkruiper. Breytenbach noem haar soort
werfbobbejane.
Daar is niks walgliker as afrikaanssprekende wat hul mense, taal, kultuur
en herkoms
verraai nie.
Die nuwe Magnum roomys advertensie-veldtog wek opspraak omdat die geure na
die 7 verskillende aard-sondes (of wat ookal) vernoem gaan word. Die
boodskap daaragter is dat Magnum net so lekker soos daardie sondes is.
Petisielyste floreer.
Nou vra ek myself af: Wat gaan hier aan? Want sien, daar word groot gewag
gemaak van Loer Broer 2, kondome en geheime kamers word oral versteek.
Verder het een van die maatjies, Ilse-Mari, in die nuutste Huisgenoot
verklaar dat sy "warm en gewillig" is. Ook verklaar sy dat sy 'n
Christin-Arikaner is en ernstig oor haar geloofsoortuiging voel. Die volk
sit en wag vir die eerste "live sex show" op LoerBroer 2. Geen petisielyste
waarvan ek weet word opgetrek teen hierdie ding nie.
Dankie dat Ilse-Mari nie familie van my is nie (of waarvan ek weet nie) EN
DANKIE DAT EK NIE M-NET/ DSTV HET NIE.
Ek moet hom tegelyk gee, hierdie Pollux kolomskrywer in die Rapport kan
nogal skerp wees as hy wil:
Hy reken mos dat navorsing getoon het dat die Japanners minder hartaanvalle
as die Amerikaners en die Britte kry. Verder vergelyk hy die wynsuipende
Franse ook met die Amerikaners en Britte en bevind dat die Franse inderdaad
ook minder hartaanvalle het. Sy gevolgtrekking is dat om Engels te praat jou
kan dood maak.
Die Rapport het ook berig oor die oudste beroep wat hulle vere regskud vir
die goeie tye wat gaan kom saam met die "world summit" in Sandton. Pollux
reken daar gaan 'n klomp geld in die SA ekonomie ingepomp word.
Ek lees nou net in News24 dat Natalie du Toit eenparig deur 'n paneel
gekies is as die mees-uitstaande atleet van die afgelote
statebondspele. Sy het twee rekords vir gestremde swemmers verbeter en
is die eerste gestremde swemmer wat nog ooit vir die finaal in 'n item
vir nie-gestremdes gekwalifiseer het.
Kan dit net 'n 19-jarige mond wees wat hierdie goue woorde geuiter het?
"Die grootste tragedie in die lewe is nie om nie die doelwitte te bereik wat
jy vir jouself gestel het nie.......dis om geen doelwitte te hê om na te
streef nie." Wonderlik! Mag veel meer sukses as waarop sy ooit gehoop
het, haar toekom want sulke positiwiteit moet eenvoudig net beloon word.
Gisteraand se toekenning by die Commonwealth Spele aan hierdie dapper kind
het nie net Suid-Afrikaners beroerd gehad nie......ons Suidwesters véél vir
haar!
Nou net hier iemand op RSG wat die voordele van borsvoeding besing - en een
van die redes glo is dat die kind dan later nie so vol fiemies oor kos is
nie - want die kind kry glo deur die moedersmelk elke dag 'n ander smaak -
afhangende van wat moeder geëet het.
Ek weet darem nie - want skoonsus het albei kinders geborsvoed en hul
kosvoorkeure verskil hemelsbreed.
Een seen is dat albei van alle groente en vrugte hou