Na 'n lang aand van heerlike karfoefel rol die javel oor op sy sy en haal sy
sigarette uit die gatsak. Hy vra vir die minnares 'n aansteker en sy sê
lui-lui daar is vuurhoutjies in die boonste laai.
Lus maak fluks en die hy staan toe op om die vuurhoutjies in die hande te
kry in die laai. Daar sien hy toe in die laai 'n foto van 'n ander man -
"Is dit jou man hierdie?" vra hy.
"Nee" sê sy, "Dis ek voor my operasie."
Alhoewel die woord gereeld in blokkiesraaisels voorkom, is dit glo net 4
keer die afgelope 5 jaar in koerante van die Naspers gebruik.
Blykbaar neem dit 80 jaar vir 'n woord om in onbruik te raak.
Waar sou die ongewilde etmaal in die eerste plek vandaan kom en wie hier
het die ooit gereeld in die algemene spreektaak gebruik?
Annette
Waar kom die woord "nugter" vandaan?
En dit het nogal vele betekenisse ook
Nugter weet - niemand weet
Hy is nugter - hy is nie besope nie
Nugter denke - oopkop.
Annette
Weet iemand miskien waar ek `n betroubare gratis pop e-posadres kan
oopmaak wat met Outlook werk.
Sal goed wees indien dit onbeperkte spasie is wat ek kan gebruik vir
die stuur en aflaai van programme.
Wie weet?
Is geneties regstellende kos ongesond vir inname - of is die probleem nie
bloot beperk tot die verplanting daarvan nie?
Daar is 'n oorgevoede (vet) vrou in Sandton, en op my TV wat die onheil van
die GM-voedsel as ongesond beskou vir die hongerlydende bevolking van
Afrika. (Wat so honger is dat hulle boomblare en gras eet.)
Toe ek die dame met al haar selfvertroue, wat op geen feitlikhede gebaseer
is, waarneem, herinner dit my aan die ou pienk libbies en lefties wat op
kampus allewig die antwoord op alle politieke vraagstukke gehad het. Hulle
het die groot probleme met minagting hanteer, maar hul eie persoonlike
bestaan was gewoonlik 'n gemors.
As ek die Sandtongangers gadeslaan wonder ek of party nie bloot die
"oorlogsverhale" van hulle hippie-ouers glo en hulle, die ouers, probeer
na-aap nie? Bedorwe rykmankinders wat bloot honger ly agv 'n chemiese
afhanklikheid, maar nie vanweë 'n gebrek aan fondse nie.
Of, is ek te sinies.
ons bly nie meer op sanien nie, my antie. ma' antie moet nou nie bly
word oor antie dalk dink my pa wil kannadaar toe nie. nee antie dis
ergerliker as dit want oom oujei ons burggemeester vannie aas-en-see
het ons dorp se naam loop staan veranner antie. ons bly nou op maak
shôpie antie.
antie sal sekerlik weet lat maak shôpie 'n gerekende aktievis vannie
aas-en-see was innie straggel antie. toe willie aas-en-see hom vereer.
toe sê hille gapanie hospietaal annerkant dywelskloof moet maak shôpie
word ma' die mense van gapanie sê oor hille dooije liggame. toe sê
hille oukei dan noem hille die skool by mamietwa maak shôpie ma' die
mense van mamietwa sê ok nie oor hille liggame wat gedooi het nie.
toe kry oom oujei 'n bruinwyf antie en hy sê biedêm die konsulterende
gesprekke wat hy lat hou het om aan te beveel lat sanien sanien bly hy
ry met 'n stoomroller oor ons en toe is ons maak shôpie. wat is nou
fout met 'n mooi boere naam soos sanien antie.
my pa is natierlik nie 'n biekie bemoerd nie antie en die jele dorp
saam mit hom. hy sê hille gat hof toe met oom oujei ma' ek het nie
hoop nie antie want antie weet hoe lat 'n hof maak as jou naam oujei
is. ma' een geluk is lat die baas van die oom van die koerant se
koerant ok van sanien af kom. hy skryf stink stories oor oom oujei so
miskien assie hof sien lat oom oujei skillig is aan iets erger as
moort sal ons oom oujei kan aanpaas vir oom robber moegapie lat hy
simbabwie se naam kan loop veranner.
koebaai antie
hennerietjie (antie moet beswaar maak by antie se pelle by die
ambassade oor die naamgatmakery)
Feite, flaters en fiksie - Dr Anton Prinsloo- met pitkos en inligting oor
Afrikaans. R 89.95 - kan by 0800220224 bestel word.
In die opskrif kom die volgende idiome voor:
Te veel ape aan jou stert hê
Vir elke gat 'n spyker hê
Dis dadels met jou
Van ewigheid tot amen
Grys wees waar die hoender hom gebyt het
Jy gee my die olel
Van Wyntjie en Tryntjie hou
Met 'n handvol vlieë sit
Weet julle waar die woord " kentering" vandaan kom?
Soos in - daar het 'n hele kentering in haar plaasgevind.
Annette
Hierdie woord mag voortaan nie meer in die Isuzu advertensie op TV, radio of
in die pers gebesig of gedruk word nie.
6 Mense ( 2 mans, 4 vroue, almal van Gauteng) het gekla.
Hulle het almal erken dat hulle self die woord gebruik, maar hulle wil dit
nie hoor of sien as die advertensiewese dit gebruik nie.
Daar is aan hulle versoek gehoor gegee.
Annette