Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Geheime van Swapo

Ma., 29 Julie 2002 10:53

Net vir ou Gloudina wat tog so soek na regverdiging vir haar ondersteuning
van die vryheidstryd onder vanuit die 'Kanada-bed' waar hulle gaan wegkruip
het ......[ook vir haar Johansie-vriendjie] die volgende:
Daar is so pas 'n boek gepubliseer in Engeland met die naam: "A Journey
to Exile" deur Keshii Nathanael.
Wie's hy, sal julle vra? Net maar 'n stigterslid van die Swapo Youth
League en sy eerste president. Verder is hy ook die jonger broer van
oorle' Swapo agterbanker-aktivis, Nathaniel Maxuilili. Sekerlik het hy die
kwalifikasies om sy bek vol te hê oor Swapo, sou julle nie dink nie? Baie
interessant is dat hy skrywe van hoe hy en sy jong kamerade begin twyfel het
oor die doel van die 'stryd' en as hulle enigsins dit by die senior manne
dit bevraagteken het, dan is hulle aangehou.
4 Mei 1978 is 'n baie belangrike dag in die geskiedenis van ons land.
Dis Cassinga Dag. 'n Dag waarop Swapo reken 'n klomp siviele mense is
onnodig deur die SA Weermag doodgeskiet omdat Cassinga kamp nie 'n militêre
kamp was nie. Nooit, sê die SA weermag. Ons het skriftelike waarskuwings
aan Swapo gestuur 14 dae voor die tyd dat hulle vir Cassinga gaan looi.
Daar is dokumentêre bewyse dat ou Genl Dimo Hamaambo wel die waarskuwing
ontvang het en toe eenvoudig met sy offisiere betyds gewaai het voor die
aanval daar was.
Praat mens met van die SA soldate wat in Cassinga was, dan vertel hulle
jou dat 95% van die dooies in uniform was. Die twee weergawes strook mos
net nie? Wel, nou kom hierdie boek en die skrywer reken dat die mense wat
daar in Cassinga doodgeskiet was, is Swapo aangehoudenes wat vir die doel in
uniform geplaas is en na Cassinga verplaas is.
Haai foei, dan vier Swapo heldedag op 4 Mei en is ou Genl Hamaambo die
hoof van die leër! G'n wonder ons 'army' is so effe aan die maer kant
nie........

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Stormpie

Ma., 29 Julie 2002 05:50

Laasnag was daar 'n storm hier in die Kaap - sterk winde en selfs
donderweer.
Ek het nog nie buite gekyk om te sien of nog meer bome in die straat
omgewaai het nie, maar blykbaar het 'n hele paar informele voorstede
deurgeloop onder die wind.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Prestasie

Ma., 29 Julie 2002 05:46

Robbie Hunter is die eerste Suid-Afrikaner wat nog ooit die Tour de France
kon voltooi.
Hy was in die 99ste plek.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog nuus 29/7

Ma., 29 Julie 2002 05:42

Statebondspele in Manchester.
Frantz Kruger wen in die diskus
Veronica Abrahamse derde in die gewigstoot ( shot put)
Ons het ook darem brons en silwer medaljes gekry met die skyfskiet.

10 Atlete het van die spele onttrek weens siekte en beserings.
Ons hokkiespanne wen nie eintlik nie.
Die netbalspan ook nie.
Die boksers doen goed in die begin gevegte

Wat vir my soort van ontstellend is, is dat ons geen jong atlete, behalwe
vir die 800m atleet, het wat deelneem of presteer nie.
Dis nie net ons nie - Engeland sukkel ook met jong talent - hulle het mense
in hul laat 30ger en vroeë 40's wat aan die veldnommers deelneem

Annette

Nuus | 2 kommentare

Nuus 29/7

Ma., 29 Julie 2002 05:33

Die CNA ( die plek wat koerante, tydskrifte, boeke en ander goed verkoop) is
onder voorlopige likwidasie.
3600 mense kan hul werk verloor.
Van vandag af sal hulle nie meer koerante en tydskrifte verkoop nie.

Ek wag nou vir die sluitingsuitverkopings, sodat ek van daardie duur
legkaarte goedkoper in die hande kan kry.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Dis 'n trol

So., 28 Julie 2002 17:43

Relax, Max. Dit is so duidelik 'n sg troll.

"ELKFIVE" skryf in boodskap news:20020728093941.04727.00001308@mb-mf.aol.com...
> WHITE ARE THE MOST RACISM IN THE WORLD ,WHITE PEOPLE DISLIKE THE AFRIKANERS ,
> THE JEW , THE ASIAN,THE NATIVE . WHITE PEOPLE AS A LOW BRAIN .THE IQ OF WHITE
> ARE VERY TROUBLED,THEY CAN,T SPELL HOUSE

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: WHITE PEOPLE , ANTI JEWS ,ANTI ASIAN ,ANTI BLACK ,ANTI NATIVE

So., 28 Julie 2002 17:02

En wat, liewe vedwaalde kind, het dit met die prys van kulturele eiers te
doen?
Annette

"ELKFIVE" skryf in boodskap news:20020728093941.04727.00001308@mb-mf.aol.com...
> WHITE ARE THE MOST RACISM IN THE WORLD ,WHITE PEOPLE DISLIKE THE AFRIKANERS ,
> THE JEW , THE ASIAN,THE NATIVE . WHITE PEOPLE AS A LOW BRAIN .THE IQ OF WHITE
> ARE VERY TROUBLED,THEY CAN,T SPELL HOUSE

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nog nuus 27/7

Sa., 27 Julie 2002 07:19

Gister het Oom Nelson Mandela die ou stadion in die ou Pietersburg herdoop
tot die Peter Mokaba Stadion.
( Peter Mokaba van Kill the Boer, Kill the Settler faam)

Daar is glo heelwat mense, nie slegs blankes nie, wat blykbaar ongelukkig is
met die nuwe naam van die stadion.

Annette

Nuus | 0 kommentare

Nuus 27/7

Sa., 27 Julie 2002 07:15

David Potse, 23, is lewenslank gevonnis vir die verkragting van baba
Tsepang, 8 maande, verlede jaar. Hy is ook 'n verdere 18 jaar opgelê vir
onsedelike aanranding.
Die regter het die getuienis van Potse se vriendin en die uitslag van die
DNA toetse aanvaar.
Potse het geen emosie getoon ten tye van die oplegging van die vonnis nie,
en ook nie enige berou getoon tydens die verhoor nie.
Duidelik 'n psigopaat.
Genadiglik het die verdediging nie dit gebruik as pleidooi nie.

Annette

Nuus | 1 kommentaar

Resep aangebied

Vr., 26 Julie 2002 17:39

Google hou argiewe van als wat hier gepos word - tot ver terug. Ek kuier so
bietjie in die argiewe rond en kom af op 'n iemand wat gevra het vir die
resep vir "Cape Seed Loaf", maar blykbaar het niemand die resep gepos nie.
Ek het drie variasies op die resep opgespoor, as iemand dalk daarin belang
stel. Laat weet net. Sal dit net eers in Afrikaans moet vertaal as ek dit
hier moet pos.

Kos & resepte | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    714  715  716  717  718  719  720  721  722  723  724  725  726  727  728  729    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 20 18:46:31 UTC 2026