Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hulp Asseblief

So., 04 April 2004 05:15

Ek het hierdie navraag gekry:

Is die Liedboek van die NG kerk op CD beskikbaar? Indien wel waar? Ek het
'n email probeer stuur na lied...@mailer.luxverbi-bm.co.za waar dit het
onafgelewerd terug gekom.

Kan iemand help asseblief?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Rondloop

Sa., 03 April 2004 11:45

Uiteindelik 'n buitelewe en reistydskrif in Afrikaans!!

Gaan kyk hier: http://www.wegbreek.co.za/
--
Annette

Reis & vakansie | 1 kommentaar

Toets

Sa., 03 April 2004 02:15

aai aai die witborskraai

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

" Die oue wilg " deur TOTIUS

Vr., 02 April 2004 20:55

Totius (J.D. du Toit)

Die oue wilg

Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.

Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.

Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.

Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
'n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.

'n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;

maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.

o Wilgerboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!

Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk'nis van
'n stil geloof
en immer-hopend wag.

Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft'nis van
herlewe weer kom breng.

En as die wind
jou rust'loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
"Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak!"

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Re: Baie goeie idee

Vr., 02 April 2004 17:49

On Fri, 2 Apr 2004 21:45:07 +1000, "Rhino"
wrote:

> Ask your Building Society, Credit Union or Bank for a DEBIT VISA CARD and
> use card for internet transactions. Can be used at all places where VISA is
> accepted. It is not a credit card and you must put money in first before you
> can draw or use for payment on internet. Then you got full control of how
> much in and how much other person can draw from your card.
> 1030...@inforeply.com
>
>

Fok weg met jou spamming arnoster.
Ek verkoop 'n charger wat oornag jou kredietkaart charge
maar spam nie op die groep nie. (Ek dink te min van hulle)
Sò, kry jou ry!

DD

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

TJ Weet jy iets hiervan?

Vr., 02 April 2004 12:12

Van Toronto: Ek sien een van die dae gaan hulle Wagner se The "Ring" opvoer
hier. Dit klink nogals na iets om te sien en te hoor. Ek dink dit is 18 ure,
en word opgedeel oor drie aande. Weet jy iets van dit?

--
Annette

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Water in die see

Vr., 02 April 2004 08:11

Vanoggend, met Shabir Shaik se verskyning, is besluit om die saak tot
volgende jaar uit te stel. Lekker lang tyd om sake reg te konkel en te
plooi, veral wat Zuma se politieke toekoms aan betref.
Wat is die kans dat Shaik nog sal leef wanneer die saak volgende jaar
voorkom?
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Verkiesingsfoefie of 1 April grap?

Vr., 02 April 2004 07:49

Vanoggend op ons nuus sê hulle dat SA tussen nou en vyf jaar gratis
vigsmedisyne aan almal gaan gee. Sê die een met die dik lippe: "Ons het
genoeg medisyne op voorraad..."

Max____________________________

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Versigtig Manne!

Vr., 02 April 2004 06:42

'n Dame se vonnis is van lewenslank na 6 jaar verminder, en omdat sy al 3
jaar uitgedien het, kon sy vry wegstap van die Appèlhof. Sy het haar minnaar
vermoor wat haar jare lank mishandel het.
--
Annette

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

" Psalm 23 " deur TOTIUS

Do., 01 April 2004 16:24

Totius

Psalm 23

Net soos 'n herder uittrek met sy skape
en hul laat neerlê in die veld van milde groen,
met sagte hand hul lei langs stille waters -
so is die Heer, so het Hy ook aan my gedoen:
Hy laaf my siel en lei my swakke skrede
in vaste spoor van sy geregtighede.

En is ek soos 'n skaap in doodsgevare,
wat in die velde as 'n prooi van wolwe gaan,
en moet ek in die doodsdal, diep en donker,
van alle hulp ontbloot, in my alleenheid staan -
dan nog ken ek geen doodsvrees of verskrikking,
omdat u staf my troos is en verkwikking.

U bring vir my die tafel in gereedheid,
my hoof druip olie en my beker vloei van wyn,
'n bron van goedheid stroom vir my gedurig;
dit is my gees 'n vreugd', my vyande 'n pyn;
dit kroon my lewe met u welbehae;
en in u huis, daar bly ek al my dae.

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    427  428  429  430  431  432  433  434  435  436  437  438  439  440  441  442    »]
Tyd nou: Vr. Jan. 16 02:44:15 UTC 2026